Dogtertjie sterf nadat sy petrol drink

petrolʼn Driejarige dogtertjie van Krugersdorp is dood nadat sy petrol gedrink het.

“Volgens die kind se ma het sy in die erf gespeel terwyl haar oom aan ʼn voertuig gewerk het,” het ao Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Die voorval het Saterdag in Kagiso plaasgevind.

Die petrol was glo in ʼn bottel langs die motor en die kind het vermoedelik gedink dit is koeldrank. “Die kind is na die hospitaal gehaas, maar sy het later gesterf,” het Sibiya bygevoeg.

Sibiya het gesê gemene spel word nie vermoed nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leana ·

“Hou buite bereik van kinders” hoort in hierdie ouers se koppe ingedreun te word !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.