Dogtertjie sterf ook ná fratsgolf

Rudy saam met McKayla. Foto: Facebook

Rudy saam met McKayla. Foto: Facebook

Die tweejarige dogtertjie wat Vrydag saam met haar gesin, oorspronklik van Johannesburg, tydens ʼn vakansie in Newquay, in Cornwall, Engeland, deur ʼn fratsgolf van rotse meegesleur is, is ook oorlede.

Volgens die BBC is McKayla Bruynius Dinsdagaand in die Bristol Royal-kinderhospitaal oorlede. Lisinda Bruynius, McKayla se ma, het gesê: “Ek is in ’n staat van ongeloof oor wat gebeur het.” Sy en haar man, Rudy, se twee seuns het die voorval oorleef. Rudy is kort ná die voorval in die hospitaal oorlede en McKayla is in ʼn kritieke toestand opgeneem.

Maroela Media het vroeër berig Rudy en Lisinda, wat in Pietermaritzburg matriek behaal het en tans in Surrey woon, het Vrydag saam met hul kinders op ʼn rots gestaan en visvang toe hulle omstreeks 17:20 deur die groot golwe meegesleur is.

Rudy en McKayla is met ʼn lewensreddingsboot uit die water gehaal. Hulle is met helikopters na die hospitaal geneem. Lisinda is met ʼn waterponie na die kusgebied gebring. Die ander twee kinders kon self teen die rotse uitklim. Lisinda en die twee seuns het slegs geringe beserings opgedoen.

Die Bruynius-gesin. Foto: Facebook

Die Bruynius-gesin. Foto: Facebook

Suid-Afrikaners en plaaslike inwoners in Cornwall het dadelik reageer op ʼn versoek om finansiële hulp. Madelein Jansen van Noordwyk, ʼn vriendin van Lisinda, het ʼn skarefinansieringsblad begin. “Lisinda en haar twee seuns is in Cornwall sonder enige finansiële bystand, met geen noodmaatreëls nie. Kan ons hulle asseblief help en vir hulle bid?” het sy geskryf. Daar is reeds meer as £40 000 ingesamel om Lisinda en die twee seuns te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Arsène Lupin ·

Dit is werklik baie hartseer. Troos julle daarin om te weet dat pappa en sy blondekop engeltjie saam is, en dat die hele gesin weer eendag bymekaar vir altyd sal wees.

Marianne ·

Wat maak ‘n kind van daardie ouderdom op die rotse??? As ma moes daardie “baba” dogtertjie Na my mening stuff vasgehou gewees het!
Dis so verskriklike hartseer! Arme familie.

Denise ·

N visvang dag wat veronderstel is om pret te wees wat so tragies eindig dit is baie hartseer ai my hart gan uit na die vroutjie en haar twee seuns sterkte!!!!!! So baie hartseer in die wereld soms raak dit vir my te veel !!!!

Louise ·

Ja ne so sal julle nooit jullle kinders in gevaar stel nie.
Besef tog net dat geen MA wat die woord MA werd is sal haar kinders in gevaar bring nie.
Hierdie was n fratsongeluk en dis baie erg!
Baie sterkte aan hierdie mamma wat se lewe binne n oogwink verander het.
R.I.V kleine mensie saam jou papa.
Soveel goed gebeur in die lewe en daar is soveel vra moet dit nie moeiliker maak as wat dit klaar is nie.
Bid eerder vir daardie gesin

erica ·

dit is baie hartseer maar al gaan vang n mens vis doen jy dit nie op rotse met kinders nie,dis net te gevaarlik.en ek het baie simpatie met die mamma.

M A ·

Ek dink die mense het gedink die see kan nie bykom nie. Daar is baie gevalle van mense wat op ‘n veilige plek op die rotse was en wat toe afgeslaan is deur ‘n buitengewone golf. Dis ‘n tragedie maar ek dink nie iemand kon dit voorsien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.