Dogtertjie sterf toe ma haar met motor stamp

Argieffoto: Pixabay

ʼn Tweejarige dogtertjie is Saterdag tragies oorlede toe haar ma haar per ongeluk met haar voertuig gestamp het. Die voorval het by hul huis in Mmametlake in Mpumalanga gebeur.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die 42-jarige ma het haar voertuig uit die motorhuis getrek toe sy haar dogtertjie in die proses gestamp het.

Hlathi sê nadat die ma ʼn harde stampgeluid gehoor het, het sy die voertuig gestop en uitgeklim om te kyk wat die geluid veroorsaak het. Sy het haar dogtertjie op die grond aangetref. Sy het nie meer asemgehaal nie.

Paramedici en die polisie is na die toneel ontbied. Die dogtertjie is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak en die saak word ondersoek.

Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale polisiekommissaris van Mpumalanga, het ná die voorval ʼn beroep op die publiek gedoen om meer waaksaam te wees met hul kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

koos10 ·

Dankie vir die taal les Cheetha. Wat het jou kommentaar gehelp?

Dis ‘n tragedie, wat enige ouer kan oorkom.
Sterkte aan die naas bestaandes.

JohanR ·

Soe tragies in alle opsigte. Kan motor vervaardiges nie ‘n manier vind om ‘n 360 grade kamera op alle motors te pas nie, self die goedkoopste. Dit meen as jy in jou kar klim kan jy alles rondom die kar sien, of dit nou ‘n voorwerp is, ‘n mens of ‘n kind. Dit is ‘n kamera….sekerlik nie soe moelik om in ‘n motor aan te bring nie, en dit kan baie lewens en hartseer voorkom.

Jsgroen ·

Meer en meer voertuie kom alreeds met wat genoem word “reverse sensors” . Indien jou voertuig nie het, dis redelik maklik om te laat insit. Eintlik beskou ek dit as verpligtend. Menige kind se lewe kan daardeur gered word. Alle simpatie aan die ouer.

Blomme ·

Hoe verwerk ń ouer so tragiese voorval? Sterkte aan die familie

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis sleg, baie sleg. Al is dit ‘n onskuldige ongeluk gaan die Ma ‘n lewenslange las saamdra. Sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.