Dogtertjies sterf in huisbrand

Argieffoto (pixabay.com)

Argieffoto (pixabay.com)

Twee meisies, onderskeidelik vier en ses jaar oud, is Sondagoggend dood ná ʼn brand in hul plakkershuis in Senekal in die Vrystaat uitgebreek het.

“Die polisie is omstreeks 07:30 na die toneel by Thambo Square ontbied,” het kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee meisies was in die plakkershuis. Die sesjarige is op die toneel dood.”

Die vierjarige het ernstige brandwonde opgedoen en sy is na Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem geneem. “Sy is later in die hospitaal oorlede,” het Dhlamini bygevoeg.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. “Die polisie ondersoek ook ʼn saak van kinderverwaarlosing teen die 27-jarige ma wat die kinders glo by die huis gelos het toe sy dorp toe is om geld te gaan trek vir ʼn kerkreis na Bethlehem.” Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Traan traan ·

My trane rol vir jul 2 poppies, rus in vrede. Steriliseer asb die vrou wat hul in die lewe ingebring het, sy is nie n Ma se ou skoene werd nie!

charlotte ·

Kinderverwaarlosing ?????? Die vrou moet vir MOORD aangekla word.Hulle was nog babas.Rus in vrede jul 2 engeltjies jul is veilig en op n beter plek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.