Dokter aangekla oor hy glo aborsie afraai

Jacques de Vos (32).

Die ACDP het sy steun gegee aan ʼn dokter wat deur die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) aangekla word van onetiese gedrag omdat hy glo ʼn pasiënt afgeraai het om ʼn aborsie te ondergaan.

Die organisasie Doctors for Life het mense intussen ook gevra om ʼn petisie te onderteken om hulle steun aan dr. Jacques de Vos te gee.

Die RGB kla De Vos (32) van onetiese gedrag aan, nadat hy glo tydens sy internskap by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad ʼn pasiënt teen ʼn aborsie gewaarsku het. Hy pleit onskuldig.

Martus de Wet, De Vos se prokureur, het gesê die saak teen die dokter sloer al sedert 2017, toe hy aanvanklik aangekla is. Daar was intussen drie verskillende klagstate en De Vos kon sedertdien glad nie sy loopbaan voortsit nie.

In Augustus verlede jaar is De Vos ingelig dat die klagte teen hom van die rol verwyder is, maar nadat hy gevra het dat sy internskap-dokumente afgeteken en sy skorsing opgehef word sodat hy met sy gemeenskapsjaar kan voortgaan, is hy ingelig dat die klagte teen hom heringestel is.

De Wet sê die klagte teen De Vos is vaag en onduidelik en hoewel hulle geen probleem het dat die RGB De Vos aankla nie, moet hy ʼn billike kans kry om op die klagte teen hom te antwoord.

In die jongste klagstaat word De Vos daarvan beskuldig dat hy ʼn pasiënt afgeraai het om ʼn aborsie te ondergaan. De Wet het gesê hulle het al telkemale sonder welslae gevra vir besonderhede oor die beweerde voorval.

De Vos se verhoor sou vandeesweek begin, maar is uitgestel sodat die nodige dokumente nou eers aan sy regspan beskikbaar gestel kan word. Die paneel wat De Vos moet verhoor, het gelas dat dit voor môre gedoen word.

“Ons is van voorneme om deskundiges te betrek. Baie spesifiek is ons verweer dat dr. De Vos gedoen het wat ʼn goeie dokter sou doen. Hy het goeie, wetenskaplike inligting vir sy pasiënt gegee,” het De Wet gesê.

Hy het gesê die dokter wou in geen stadium ʼn spesifieke geloofsoortuiging op enigiemand afdwing nie, en het deurlopend eties opgetree. “Dit is nie dat hy téén aborsie is nie, dit is eerder dat hy vír lewe is,” het De Wet gesê.

De Wet het gesê die saak het De Vos, wat weens ʼn siektetoestand meestal ʼn rolstoel moet gebruik, fisiek, emosioneel en finansieel uitgemergel.

Die verhoor is nou geskeduleer vir 3 en 4 Oktober.

Marie Sukers, ʼn ACDP-LP, het intussen gesê die party staan bankvas agter De Vos. Die party het hom geloof omdat hy ʼn “dapper maar ongewilde standpunt ingeneem het deur te kies om ʼn stem te wees vir diegene wat nie self kan praat nie”.

Die party het ook gesê dit is skandelik dat 2 Militêre Hospitaal en die RGB De Vos nou al langer as twee jaar lank verhoed om pasiënte te behandel, terwyl sy vaardighede en kennis landwyd by hospitale in groot aanvraag is.

Die ACDP sê hy glo in die heiligheid van lewe en sien uit na ʼn tyd wanneer die lewe van ʼn ongebore baba die billike beskerming kry wat hy of sy verdien. Die ACDP meen te veel ma’s kies ʼn aborsie sonder dat hulle al die nodige inligting het om ʼn ingeligte besluit daaroor te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

105 Kommentare

Dr. Expat ·

Die beste opsie, kollega, is om te doen wat ek gedoen het. Emigreer.

sky ·

Nou word hy vervolg asof hy n misdadiger is wat MOORD gepleeg het…. Maar eintlik wou hy n lewe red en behoort n held te wees. Die wereld is onderstebo en het mal geword.

chris ·

Die ganse wereld is reeds vervuil met sielsieke pro aborsie oortuigings. Waarheen moet ons emigreer?

Louis ·

Emmigreer is dalk een antwoord….maar sal jy opstaan teen aborsie? Selfs daar in die sogenaamde eerste wereld. Waag dit en sien hoe vinnig pos hulle jou terug SA toe!

Andre Coetzee ·

Dit is juis die kinders wat kinders kry wat geen benul het van die waarde van ‘n lewe nie.Ek kan net raai wat regtig gebeur het.Ek steun die dokter.

pieter ·

Eerder op aaede aangekla te word as om eendag voir God se Wit Troon te staan

wonder ·

Meskien moet die mense net biekie weer begin hul BYBELS lees. Well done Dr De Vos!!!!

Magda ·

Ag nee genade word mens nou deesdae aangekla oor die waarheid? Wat is volgende?????

Chrisjan ·

Aborsies word onder sekere voorwaardes goedgekeur, maar volwassenes wat vra dat genadedood uitgeoefen word, word geweier. Ek is teen albei gekant, ek wonder maar net.
ACDP, julle is ysters. Die DA ondersteun aborsies.

Jan ·

Die ACDP is reg om aborsie te verwerp. Maar waar is die VF Plus . Ek hoor geen kommentaar van die party nie. Hulle is mos ‘n christelike party met Bybelse norme en waardes?

Oom Charles ·

Doen ‘n Google-soektog met hierdie sinnetjie:

Stop persecuting Dr. Jacques de Vos for his pro-life beliefs

Wielspore ·

As die Dr die aborsie weens mediese redes of persoonlike redes afgeraai het, het die pasient nog steeds die keuse gehad om self te besluit of sy (ek hoop dit is ‘n sy, anders is ek ook in die sop) die swangerskap wou staak.
Die keuse van die pasient is nie ontneem en die pasient het nie voete (hoop hy/sy het twee, anders is ek ook in die sop) om op te staan.
Vervolgingswaansin!

Erika ·

Dit is waar. Ek is aangeraai om met ‘n aborsie voort te gaan vir ‘n Downsindroom baba en het daarmee voortgegaan. Dit was egter my eie besluit en ek kon daarteen besluit het.

Sonja ·

Laaste dae se tekens, wat reg is sal verkeerd genoem word en wat verkeerd is sal reg genoem word. Jare terug was dit moord en sou so persoon wat so iets doen opgesluit geword het, maar vandag…… heers chaos.

Joubert ·

Stem 100% saam Sonja. Dink nie dis meer ver nie… Eintlik interessant om te sien hoe hierdie wêreld deur die satan mislei word.

TN ·

@Sonja ___ en so gaan die sg laaste dae al aan vir die afelope duisend jaar of meer ; iets waarmee die dommes oortuig word om groter bydraes te maak .

Jakoba ·

TN, die dag as jy jou oe finaal sluit is daar geen omdraai kans nie. Jy sal gou gou uitvind wie die domme was. Ek weet my God bestaan. Niemand weet waneer Jesus op die wolke weer kom nie, nie eens die engele in die hemel nie. Wees gereed en voorbery, dit kan vanaand wees of oor n duisend jaar.

TN ·

Jakoba ___ hy bestaan in jou kop ja en as dit vir jou genoeg is , is dit reg maar sommige van ons kan nie meer banggemaak word met storietjies nie . As jy KAN dink lees gerus die volgende , dit mag dalk selfs jou laat wonder maar seker ook maar nie __ dit vat reuse eerlikheid om te erken dat daar vir ons gelieg was vanaf ons geboorte .
“A 3.8 milion-year-old skull has been found in Africa. It changes our understanding of human history. ” Lees bietjie hierdie artikel indien jy geleentheid sou kry _ baie insiggewend !

melanie ·

As daar n petisie is, wil ek dit ook teken asb. Dis so maklik om oop bene te le sonder om verder te dink, dan moet n onskuldige lyfie gestraf word deur haar nalatenskap. hoe onmenslik… Dr De Vos. ek saluut jou en sal jou steun!!

Oom Charles ·

Jy sal dit vind as jy jou Google soekboksie hierdie sinnetjie voer:

Stop persecuting Dr. Jacques de Vos for his pro-life beliefs

LORRIE ·

TN – dis mense soos jy wat in onkunde leef omdat jy nie die bybel ken en n verhouding he met ons God nie. Ek kan jou verseker Hy bestaan beslis en nie in Jakoba se kop nie maar in haar hart, Hy is Gees en nie vlees nie. Dit is ook geen bang maak storie nie, en ja die mens verwag Sy koms al vir die laaste 2000 jaar, al. Ek weet Hy bestaan, want Hy het my been wat 5cm korter as die ander been was laat aangroei terwyl ek gesit en kyk het hoe dit gebeur. Vandag loop ek normaal rond. en ja Hy gaan weer terug kom, die bybel se soos n dief in die nag, mense gaan gaan agter dat Hy gekom het , wanneer dit te laat is vi hulle.

Kallie ·

Lorrie, jou neus het seker ook met ‘n paar sentimeters gegroei.

Bekommerd ·

Wat my bekommerd is dat ek ook in die mediese beroep is en vandat aborsies gewettig is sien jy daagliks dat veral jong meisies aborsies gebruik as gesinsbeplanning.

Oom Charles ·

Stop persecuting Dr. Jacques de Vos for his pro-life beliefs

Tik bogenoemde reeltjie in jou soekenjin

Johann ·

Die probleem is hys PRO LEWE. Pro respek, pro verandwoordelikheid…iets wat die Afrika kultuur in RSA presies die teenoorgestelde van is. Verwoes, vermoor, vergryp, verkrag…LEGACY van boosheid en totale gewetenloosheid.

Amanda le Roux ·

aikona, dit is pleinweg strooi…. enige dokter wat sy beroep werd is sal n pasient afraai om n aborsie te ondergaan tensy die pasient se lewe bedreig word deur die swangerskap…. hoekom word die dokter aangekla? almal in die mediese profesie het n keuse of hulle vir of teen n aborsie is…. ek was n verpleegster en het geweier om in n teater te werk as daar n aborsie gaan plaasvind…. dit was en is my mensereg om n keuse te maak wat vit my geskik is…. skraap die saak en laat die dokter aangaan met sy praktyk…. daar is genoeg dokters wat teen n bedrag aborsies uitvoer….

Mandy ·

Mens hoop maar net die pasgebore gaan nie ook ashoop toe nie. Dis mis ook deesdae mode. Gooi hom weg as jy hom nie soek nie.

Arak ·

Die Raad op Gesondheidsberoepe is ‘n moderne mafia en word gereeld gebruik om dokters te intimideer en af te pers. Al ooit gewonder hoekom jou dokter nie vir homself kan dink nie en alles wat die farmaseutiese maatskappye vir hulle vertel slaafs te glo, dit is die rede. Maar wat maak die instansie met die spul dokters uit Kuba wat hier aan gekom het en niks weet nie? Niks nie, want die raad is niks anders as ‘n politieke rolspeler wat almal wat afwyk van hulle evangelie sal aanhou vervolg tot by oom Daantjie in die kallerhok. Ek is van mening dat dit tyd is om die raad te ontbind, want hulle het lankal hulle mandaat by die deur uit gesmyt.

Melanie ·

Sky dit lyk asof die wêreld mal word, ja. Maar God se woord vertel ons dat dit EEN van die eindtyd tekens is, dat dit wat veronderstel is om reg te wees nou verkeerd is. Al lyk dit asof dinge besig is om uit te rafel, kom alles eintlik bymekaar. Christene, hou jou kop omhoog en bly by dit wat Die Woord jou leer, DIT IS DIE WAARHEID, kom wat wil.

R. Burger ·

Waar teken ek?
Solank satan in RSA heers, sál die goeie vervolg het. Ek bid dat jy finansiële ondersteuning kry. Soms word klein deure voor jou toegemaak, net sodat ons Vader vir jou n ander groter deur oopmaak! GLO EN VERTROU net op Hom!

Oom Charles ·

Voer hierdie lyntjie vir jou soekenjin:

Stop persecuting Dr. Jacques de Vos for his pro-life beliefs

marous ·

Hy raai haar af en hy word gedagvaar . As hy haar aangeraai het , was hy ook gedagvaar . As hy tjoepstil gesit het , en net voor hom gestaar het was hy ook gedagvaar . Dalk moes sy spieeltjie aan die wand gevra het .

$ ·

Ai, Marous, hoe lekker lag ek nou vir jou ????.
´n Lekker tikkie humor so midde-in hierdie hartseer saak is goed vir die siel.

Kom ons bid vir dokter De Vos; hy het die regte ding gedoen, en sal sy loon voor die Vader in die hemel ontvang eendag.

Mag ons God hom genade gee en red uit die hande van mense wat geen ontsag het vir lewe of vir God nie. Dis so jammer dat mense so hard daarvoor werk om tog net nie menseregte (oa die reg om te kies om ´n ongewensde baba te kan doodmaak) te misken nie, terwyl hulle God – die Gewer van lewe – misken. As hulle maar net besef watter prys hulle eendag in der ewigheid gaan betaal – maar nee, dis mos maar net maar ´n storie, ‘n fabel …

sons ·

Waar teken ek, hoera vir die Dr, dis mos so maklik om ‘n maklike uitweg te kies, die baba gaan my lewe verwoes, die baba is in die pad; nou ja dan laat doen ek ‘n aborsie, maar dink nooit verder nie.

Oom Charles ·

Soek op Google met hierdie sinnetjie:

Stop persecuting Dr. Jacques de Vos for his pro-life beliefs

bambi ·

Enige vrou het die REG om te besluit of sy n baba wil hou of laat aborteer. Glo my ek sou ook nie n nuwe kind in hierdie lewe inbring nie!

Zollie ·

Dan moet jy jou bene toe hou en nie oop hou soos n tuinhekkie nie.

Oop Oge ·

Daar is net EEN wat `n REG het oor die mens en dit is God alleen !
God het Lewe geskep en net Hy alleen kan lewe stop.
GEEN man, vrou of enige outoriteit het `n reg bo God nie.

As jy saad ontvang het dan moet dit voortbring – dis eenvoudig die natuur se wet – deur God geskape en Hy hou wag oor Sy Woord.

Om te aborteer, is om vir God te sê jy weet beter.
`n Glips wat lei tot swangerskap is nie die Here se probleem nie, maar jou eie risiko en verantwoordelikheid….

Ons is dus òf vir God, of teen Hom…daar is nie `n middeweg nie.

Baie mense het dus baie bloed op hulle hande …

W ·

bambi. … ek hoor wat jy sê… maar het jy al met ñ vrou gepraat wat 20 30 jaar terug ñ aborie gehad het…Glo my hulle dra onnodige bagasie saam met hulle.

Gaitsigubib ·

Babi onthou tog dat die dr het n persoon afgeraai nie afgepers nie. Die klag teen hom is verregaande!

@Oop Oge ·

Is dit nou dieselfde oop oge wat soveel empatie met die diere moordenaar gehad het?….. Gmphh

Kerneels ·

Zollie, ek glo jy maak darem jou huis se deur oop vir die ongewenste baba. ‘n Kind sal jou liefde baie waardeer en nie op straat eindig nie.

$ ·

Bambi, wat maak daai vrou se REG om te kies verhewe bo die REG van ´n baba om te mag lewe?

Dan het ´n moordenaar ook die REG om te kies wie hy wil doodmaak … een en dieselfde ding.

Ampie ·

Bambi wie is jy om die besluit te neem of daai fetus mag ontwikkel in n baba wat gebore word. Al wat jy kan besluit is om jou bene toe te hou

Suidkus ·

Ek sal met graagte hierdie petisie teken. Natuurlik het jy die reg om jou opinie te lewer! Gaan werk liewer in ‘n meer beskaafde land, waar jou mening regverdig beskou sal word!

Jacolene ·

Genadedood word as misdaad beskou en die dokter MAG nie ‘n pasiënt uit sy ellende help nie, dan word hy/sy aangekla vir moord al is daar hoeveel meriete. Nou word hierdie dokter vervolg omdat hy pro-lewe is en bloot die swanger vrou inlig waaroor aborsie gaan intussen is aborsie niks anders as moord nie. As volwassene mag jy nie kies om te sterf nie, as baba word sonder jou inset vir jou besluit jy moet sterf!!

Elizna ·

Hoekom wou sy n aborsie hê weet iemand? Wie is sý? Is sy jonk ,oud, dus maklik vir ons om klippe albeit kante te gooi..Ek sal waT wil gee vir n baba..my baba is 17..maar of ek weer die krag gaan hê om n kind in die land van ons te probeer groot maak dink ek nie ek het krag nie..my kind mag nie ‘n prefek word nie omdat daar n kota op wit kinders in haar skool is..hoe maak mens jou kinders onskuldig groot in so n gemors van siek keuses.

Juffie ·

Mooi gesê Jacolene!!! Ek stem saam. Dr de Vos, dankie dat jy opgestaan het vit dit waarin jy glo, jou beloning sal groot wees, die Here sien alles raak en hy sal jou daarvoor eer.

Ekke ·

Bambi ek stem 100% saam met jou. Niemand weet wat die gevolge is rondom ‘n aborsie nie. Dalk was dit verkragting. Dit hang af van mens tot mens.

Swanna ·

Hulle die RGB se name is opgekryf in die “|GROOT BOEK” Ons Hemelse Vader neem kennis. Dit sal nie agterwee gelaat word nie.

Engela de Klerk ·

Ek hoop sy het die kind vir aanneming gegee, want sy is obviously nie geskik om ‘n Ma te wees nie!

Jannie van Niekerk ·

Jy is reg Engela. Julle is gelukkig om daar in Kanada nie met sulke nonsens te sit nie

Aborsies ·

Die dr is reg en die Here seen hom dat hy nie die baba vermoor het nie aborsies is moord net God kan lewe gee en neem nie ons nie

Bernard ·

Dankie dr dat jy nie die baba vermoor het nie die Here seen jou aborsies is moord

Blommie ·

Wonder net wie die vrou is wat hom aangekla het. Seker weer n rasse geval om hom te verhoed om te kan werk. Tiepies SA
Hardloop alles vooruit as dit by WIT mense kom.
En ek staan ook bankvas agter die dokter

Veronica ·

Aborsie is moord!
Ons leef verseker in die laaste dae voor die wegraping!
Wat beteken dat ons wat die wil van GOD doen vervolg gaan word . . . nes JESUS vervolg was.

Keelvol ·

Ek hoop de Vos se regsspan dagvaar die wit waks uit die RGB vir alles moontlik….en gebruik daai geld om te emmigreer.

jack ·

Aborsie is n euwel wat nou skielik die norm geword het. Nes kranksinnigheid, want meer mense hoort in die groendakkies as op straat.

Elizna ·

Hoekom wou sy n aborsie hê weet iemand? Wie is sý? Is sy jonk ,oud, dus maklik vir ons om klippe albeit kante te gooi..Ek sal waT wil gee vir n baba..my baba is 17..maar of ek weer die krag gaan hê om n kind in die land van ons te probeer groot maak dink ek nie ek het krag nie..my kind mag nie ‘n prefek word nie omdat daar n kota op wit kinders in haar skool is..hoe maak mens jou kinders onskuldig groot in so n gemors van siek keuses.

Tameletjie ·

Ons weet nie regtig wat die omstandighede was nie. Daar was ‘n insetsel op Carte Blance oor vrouens wat by onwettige en smerige hole aborsies gaan laat doen omdat die instansies waar hulle wettig gehelp moet word traag is om dit te doen. Dié munt het twee kante – ons wil ook nie sien dat babas op ashope gegooi word soos vuilgoed nie of ‘n lewe van hel moet hê omdat hulle ongewens is. Ek nee ek steun nie aborsie blindelings nie.

Mic ·

JESAJA 5:20
“Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis” Daar is geen manier om aborsie goed te praat nie..
Welgedaan Dr De Vos

Jakes Jacobs ·

Mic, ek stem saam. Die woord van God sê vir ons, My volk gaan ten gronde a.g.v ‘n gebrek aan kennis. Genade dood is moord, maar aborsie ???????????????
Sterkte Dr de Vos, God seën jou.

Koos de Meyer. ·

Om die minste daarvan te sê, ons leef in ‘n siek land. Ten minste een dokter wat integriteit het. Sy kon mos besluit het om na ‘n ander een te gaan. Belaglik om die dokter aan te kla.

Die ander kant ·

Kyk ek is ook gekant teen aborsies waar dit vermy kon word, maar sit julle self in n meisie se skoene waar sy verkrag is. Sal enige van julle omdraai en ok wees om die babatjie elke dag te sien? En as dit nou iemand is wat nie na hulle self kan omsien nie, watse lewe sal so kleintjie lei en die bose sirkel begin vam voor af of ons lees weer in die nuus oor nalatige ouers of kinders wat mishandel word. Ja, daar is natuurlik ook aanneming, maar sien julle ook wat in daardie afdeling gebeur? Daar is baie kante van n verhaal en ek stem dat geen persoon die besluit namens jou kan of moet maak nie, maar dit is wel n besluit.

Antionette ·

Jy is doodreg, die anderkant, hierdie meisie of vrou kon verkrag gewees het, dokter raai aborsie af, baba word gebore en is HIV positief, vir al wat ons weet het daai baba toe net n paar dae gelewe. En daai moeder is weereens deur n helse trama…
As ons nie al die feite het nie kan ons nie bespiegel of daai petiesie onderteken. Dis maar hoe ek dit sien. Dalk kan maroela meer inligting kry voor julle almal daai moeder wil steenig en die dokter bystaan….

Israel ·

Watter mal idioot het dit besluit?Die dr moet die staat gas gee, maar dis ook soos water van n eend se rug af as ek na die staatskaping kyk

Dink weer ·

Ek is self teen aborsies gekant, maar wie is ek om te oordeel? Maar om weereens die land te blameer is bietjie verregaande. Wat aborsies betref gaan dit nie beter in eerste wêreld lande nie – lank voor ons gewettig. Ek sukkel om die sekulêre stelsels van lande waarheen almal emigreer te verwerk. Ek sukkel wel ook om al ons probleme in SA te verwerk!

Karlahari ·

Dokters onderteken die eed van Hippokrates om lewe te onderhou. Die dokter het die reg om n aborsie te weier. Net soos die persoon wat n lewe wil beeindig die reg het om n ander dokter te gaan sien.
As die swangerskap die persoon se lewe bedreig het sou hy dit heel moontlik uitgevoer het.

Oop Oge ·

Hou by God se Woord en al jou gesukkel is op n einde…. Die Volle Woord.
Die regverdiges word nie geafekteer deur wereldse normes en standaarde nie…

Tweetie ·

My Vader, komdome is oral vrylik beskikbaar…gebruik dit as jy nie jouself kan beheer nie!

Lea ·

Satan is lustig. Dalk moet hulle die pasient kry wat destyds die kind gekry het (of het sy toe abborteer?). Laat die hof daardie baba nou sien en hom aankla dat hy die baba wou laat leef. Die gereg is siek. En so ook mense wat hul tyd mors met sulke klagtes teen goeie mense. Dis die pasient se keuse om dokter se advies te neem of nie. Was dit ‘n lokval wat aan die dokter gestel is? Mense het net te veel regte. Jy kan ‘n reg hê vir als deesdae wat die kanse baie groot maak vir elkeen van ons om vervolg te word vir iets. Sterkte Dr Vos!! Jou soort is skaars.

Boet ·

Die ACDP moet nie die man loof en prys nie. Dit gaan sy saak verswak want hulle koppel geloof daaraan en iemand op daai paneel gaan notiesie neem van dit en van hom n voorbeeld probeer maak agv sy siening en moontlik sy geloof.
Hulle bedoel sekerlik goed maar partykeer moet jy terug staan.

Ampie ·

Dan is ek maar n bedreiging vir die mensdom. Daar wag n groot skok vir jou na jou afsterwe . Ek kan nie se ek sien jou “daar” want ek is oortuig ons gaan nie na dieselfde plek. My God is n God van liefde en van lewe . Daar is GEEN verskoning vir n aborsie

Prok ·

Staan sterk Dr Vos., en moet asb nie om verskoning vra vir jou standaarde nie. Al die Christene wereldwyd staan agter jou.

Janneman ·

Dit spreek boekdele van die vrotheid en selfsug binne die teenswoordige samelewing dat moord op onskuldige ongebore babas gesien word as nie alleen aanvaarbaar nie, maar nog boonop aangemoedig word en strafregtelike afgedwing word

Christa ·

EK stem saam met dr se besluite. As vrouens hulle kinders Wil vermoor, doen hulle dit sonder my. My God sê jy mag nie moord pleeg nie en aan Hom behoort die kindertjies. Die Woord sê ook jy Moet kuis lewe. Seks hoort in huweluk.

Christa ·

Ons lewe in die laaste van die laaste dae. Die Woord leer ons van die verdrukking wat reeds begin het, maar Hou Moed. Hy sê Hy Kom haal Sy kinders voor die Groot verdrukking. Nou Moet ons net vasklou aan Sy Woord tot Sy koms.

LHS ·

Hier verstaan ek nou geen woord van. Van wanneer af is aborsies om geen werklike rede nie wettig in S.A. ? Indien en as so moet genadedood uit vrye wil en keuse mos ook wettig wees. Van wanneer af kan n pasient die vertrouensverhouding met sy/haar dokter so misbruik om welke agteraf rede. Die dokter het net soveel reg om sy opinie te gee as enige ander persoon, dit is ten volle die pasient se keuse of hy wil luister daarna al dan nie. Nee wat doktertjie, kry vir jou n goeie advokaat en dagvaar die hele spul hierby betrokke vir alles wat kan, van finansieel tot pyn en leiding. Hierdie is n politieke of rasse ding wat eintlik grens aan n narrespul.

Renier ·

In groot maat die mediese professie se eie skuld. Jy kan nie aandring dat die staat jou professie teen die vrye mark beskerm en dan kla dat die staat sy ideologie op jou afdwing nie. Jy saai wat jy maai.

Tanya ·

In die wooord van God is daar geskrywe. Jy mag nie jou eie lewe nie. Jy mag nie n ander een se lewe neem nie sy bloed is in jou ander. Die een wat sy lewe neem of van ander sal nie ongestraf bly nie. In.my eie woorde is as jy jou self dood maak sal jy nie hemel toe gaan nie of jy nou iemand vermoord sal jy nie hemel toe gaan nie. Dr jy het die beste besluit gemaak daai kleine lewe mag jy nie neem nie .hoera vir die slim DR

Antionette ·

Jy is doodreg, die anderkant, hierdie meisie of vrou kon verkrag gewees het, dokter raai aborsie af, baba word gebore en is HIV positief, vir al wat ons weet het daai baba toe net n paar dae gelewe. En daai moeder is weereens deur n helse trama…
As ons nie al die feite het nie kan ons nie bespiegel of daai petiesie onderteken. Dis maar hoe ek dit sien. Dalk kan maroela meer inligting kry voor julle almal daai moeder wil steenig en die dokter bystaan….

Jaco ·

Antionette, jy slaan die sypker op sy kop. Meer inligting nodig. Daar is geen probleem as hy gekant is teen aborsie nie. As hy egter sy siening op die pasiënt afgedwing het en versuim het om haar te verwys na iemand wat wel vir haar die diens kan bied, dan is hy in die sop. Soos jy sê, meer inlgiting is nodig….

Pieter Botha ·

.

Slegs mense wat nie ge “ABORT” is nie, is vir aborsie.

Mense wat ge “abort” is, het nie die keuse gehad om teen dit te wees nie.

Mag God die Almagtige Skepper van die heelal en alles wat daarin is julle genadig wees vir julle dade.

Danie ·

Wat ek nie verstaan van sekere mense nie. Julle gooi bybelverse links en regs maar is self skuldig dat julle oordeel. Net soos van julle voel oor die saak is daar ander wat verskil. As julle dit nie insien nie het ons land groter probleme as wat julle dink

Willem Grobler ·

Liewe Hemel!? Waarin het ons ons begewe?? ‘n Dokter wat probeer om ‘n lewe te red word aangekla!! Hierdie sekulêre staat is ‘n dekselse gemors. Daar is soveel probleme in onder meer die gesondheidstelsel maar iemand het die tyd en geld om hierdie dokter te vervolg!!

GM ·

Antionette, jy is reg, mens moenie bespiegel nie, maar feit bly staan – die dokter het haar nie gedwing om nie vir ‘n aborsie te gaan nie, hy het haar afgeraai om dit te doen. Sy kon na ‘n ander een toe gegaan het. Net soos die vrou regte het, het die dokter die reg om teen aborsies te wees, en te weier om aborsies te doen.

Die ‘ma’ soek net geld.

Julie Jansen van Rensburg ·

Deesdae is dit mos heel “aanvaarbaar” dat jong kinders wat nog op die skoolbanke sit reeds swanger is – soos ek verstaan is daar gedurende die tweede wêreldoorlog glo iets (ek DINK ‘blouvitrioel’ in water gegooi om mans meer steriel te maak – kyk, ek praat onder korreksie, verstaan, maar dalk is iets soortgelyks deesdae die antwoord op al die blote kinders wat slef kinders verwag – glo met die doel om ‘welsyn-geld’ te bekom maar wat NIE vir daardie ongebore babas eendag te sorg nie… Feit is, oorbevolking in Afrika is ‘n voldonge feit maar die owerhede doen niks daaromtrent nie. Daar was glo ‘n tyd toe Sjina ‘n verbod op meer as een kind per gesin geplaas het – weet nie hoe dit vandag gesteld is nie – maar aborsie is NIE die antwoord nie – sterilisasie is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.