Dokter bekommerd ná baba glo in hospitaal brand

Baba Juan Venter. Foto: Verskaf.

Baba Juan Venter. Foto: Verskaf.

Dokters is bekommerd oor die brandwonde wat die vier weke oue Juan Venter glo in die Bertha Goxwa-hospitaal in Germiston opgedoen het nadat een van dié wonde septies geraak het.

Juan se ma, Mariaan Pienaar (25), het Maandag aan Maroela Media gesê die dokter is veral bekommerd oor die wond aan Juan se linkerknie.

“Juan se wonde lyk al beter as wat dit was, maar die wond op sy linkerbeen is septies,” het Pienaar gesê.

Juan se wonde op 21 Julie.

Juan se wonde op 21 Julie.

Maroela Media het verlede week berig dat Pienaar op 18 Junie aan haar en haar verloofde, Riaan Venter, se eersteling geboorte geskenk het. Die paartjie bly in Boksburg.

Juan het brandwonde opgedoen nadat hy glo met ‘n elektriese kombers in die hospitaal gebrand het toe sy slegs twee dae oud was. Juan se wonde het na twee weke swart geword waarna hy en Pienaar na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto oorgeplaas is.

Dit is hoe Juan se wonde twee weke gelede gelyk het.

Dit is hoe Juan se wonde twee weke gelede gelyk het.

Sy het daarna ʼn privaatdokter genader wat onderneem het om Juan gratis te behandel. Pienaar en Juan is uiteindelik op 10 Julie uit die hospitaal ontslaan. Die dokter het versoek om anoniem te bly. Sy het aan die paartjie bevestig dat Juan wel brandwonde opgedoen het.

Die paartjie gaan regstappe teen die Gautengse departement van gesondheid doen. Hulle raadpleeg vandeesweek ʼn prokureur oor die pad vorentoe.

Intussen het Annerie du Plooy, die direkteur van die Hero Burn Foundation, aan Maroela Media gesê sy is met die ouers in verbinding en het onderneem om Juan te help met verdere behandeling.

Die organisasie gaan ook sorg dat Juan die beste produkte ontvang om sy brandwonde mee te behandel. “Dit is belangrik om so gou as moontlik die wonde genees te kry om te voorkom dat permanente skade aangerig word,” het Du Plooy gesê.

Hero Burn is ʼn nie-winsgewende organisasie wat ondersteuning bied aan en omsien na brandslagoffers.

Vir meer inligting oor die organisasie besoek hul Facebook-blad.

Lees ook:
Foto’s: Twee dae oue baba in hospitaal gebrand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Petru Pietersen ·

Mag die mamma en pappa vir alle kostes in hulle dagvaarding insluit van Fisio tot die kleinste dingetjies, dit is aaklig wat met Juan gebeur het. So pragtige seuntjie. Sterkte aan mamma en pappa en klein Juan. My gebede is elke dag met julle.

Trippie ·

Eerstens, baie dankie aan die dokter en Hero Burn Foundation – wys net, NIE ALLES draai om geld nie, daar is nog mense en ander entiteite wat vir die liefde van die saak hulp verleen.

Ek wat ‘n volwassene is, kan byna nie kyk na hierdie brandwonde nie, hoe moet die babatjie nie voel nie – ek hoop en bid dat hierdie ouers ook finansieel geholpe sal raak wat regstappe aanbetref.

Word gou gesond klein Juan.

bianca bekker ·

Ek sal hulle ry vir pyn en luiding vir daai arme klein siel. Sies kan hulle hulle nie skaam nie, maar dan pay hulle baie geld en wil net op hulle gatte sit. Sterkte aan die ouers.

Trippie ·

Gesien in die lig dat my kommentaar gemodereer word, slegs die volgende :

Klein Juan, sterkte met die genesingsproses.

***

Jou kommentaar word gemodereer.

Eerstens, baie dankie aan die dokter en Hero Burn Foundation – wys net, NIE ALLES draai om geld nie, daar is nog mense en ander entiteite wat vir die liefde van die saak hulp verleen.

Ek wat ‘n volwassene is, kan byna nie kyk na hierdie brandwonde nie, hoe moet die babatjie nie voel nie – ek hoop en bid dat hierdie ouers ook finansieel geholpe sal raak wat regstappe aanbetref.

Word gou gesond klein Juan.

Theresa ·

O julle sal hop pappa. Julle sal nie weet wat julle tref nie…………………..
Hartelose gemors werk op die verkeerde plekke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.