Dokter beroof glo vulstasie met speelgoedgeweer

Die verdagte. Foto: SAPD

Die verdagte. Foto: SAPD

ʼn Dokter van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vulstasie in Volksrust beroof en later die dag weer na die vulstasie teruggekeer het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Mmeli Khuzwayo (33), ʼn dokter by die plaaslike staatshospitaal, het Saterdag omstreeks 03:00 op die vulstasie toegeslaan en die werknemers met ʼn vuurwapen aangehou. Hy het met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.

Omstreeks 22:00 Saterdag het Khuzwayo na die vulstasie teruggekeer. Die werknemers het hom glo herken as die man wat hulle vroeër die dag beroof het. Volgens Hlathi is die polisie dadelik ontbied en Khuzwayo in hegtenis geneem.

“Die verdagte het ʼn vuurwapen in sy besit gehad, wat vermoedelik vroeër die dag gebruik is om die rooftog mee uit te voer. By nadere ondersoek het die polisie egter gevind dit is ʼn speelgoedgeweer,” het Hlathi gesê.

Hy het gesê Khuzwayo het glo onlangs by die hospitaal bedank. Khuzwayo het Maandag in die Volksrust-landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof. Die saak is tot volgende week uitgestel en hy bly vir eers in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jean ·

Haibo, word die dokters so sleg betaal dat hulle deesdae vulstasies moet beroof of is dit GULSIGHEID? Man van karakter daardie, ek hoop nie ek hoef ook my lewe in sy hande te plaas nie.

Nita ·

Eish! Check asseblief hierdie dokter se kwalifikasies voordat hy weer in n hospitaal tussen pasiente, losgelaat word.

Gerd Lourens ·

Ek vermoed dat hy een van die groep medici is wat hul grade Summa Cum Laude in Kuba verwerf het…

Connie ·

Lekker lag ek vir jou Gerd. Ja ek dink dit moet so iets wees.

Watse Dokter ·

Sekerlik nie n gekwalifiseerde mediese dokter nie.
Sekerlik sy graad gekoop

Skroplap ·

Daar is kriminele en slegte mense in elke beroep, ongeag velkleur. Sommige dokters beroof vulstasies, ander hul pasiente, padongelukfonds of mediese fondse. Wat is die verskil? Steel bly steel.

Lila ·

NE’ Dokter nogal?

Ek wonder waar hy gestudeer het…. Ek hoop nie hy is ‘n produk van die kwota setelsel studente nie.. van daardie wat nie agv goeiepunte die klas gehaal het nie.. want ‘n person wat ‘n passie vir mense het tree nie so op nie! Al verloor jy jou werk!

Dit is absoluut skokkend.. en verwaand om sowaar op dieselfde dag weer terug te keer na die vulstasie en te maak of niks gebeur het nie…. of wag – dalk het hy ‘n gesplete persoonlikheid!?

TM ·

Lyk vir my bitter jonk van agter om ‘n posisie soos ‘n dokter te beklee so twyfel hy het jare se mediese ondervinding. Niks fout met jong dokters nie maar hierdie een lyk nog of hy op skool moet wees. En dit is die tipe produk wat die land oplewer met die slaag persentasie wat so laag gemaak is.

Grant ·

Bedank as Dr. ??? of dalk afgedank??? Beroof ‘n besigheid met ‘n speelgoedgeweer en keer terug na die misdaadtoneel??? Kan nie baie verstand hê nie. Wonder hoe het hy sy graad gekry???

Piet Pompies ·

Teater versoek aan pasient, verwyder alle juwele, trek die operasie uniform aan, plaas beursie onder regter skouer vir veilige bewaring……. en om die sukses van jou operasie te bepaal

Sarel Strydom ·

Dokter???Wat van die dokters wat aangekla word van moord?

Dries ·

Dit is seker “DR DO-LITTLE” , te min gewerk en het nou geldjie nodig nadat hy die mediese fondse leeg gemelk het

Dries ·

Dit is seker “DR DO-LITTLE” , te min gewerk en het nou geldjie nodig nadat hy die mediese fondse leeg gemelk het.

Miemie ·

@Dries, wha-ha-haaaaaa lekker lag ek nou, DR DO-LITTLE, goeie een!!!!!!

C ·

Goeie genade, as hierdie verdagte ‘n dokter is is ek seker ‘n genekaloog. Dankie tog die man het by die hospital bedank. Dit sal nogal baie interesant wees as MM ‘n bietjie meer omtrent hierdie dokter kan uitvind en ons op hoogte hou, soos bv waar hy afstudeer het, en watter sort diens hy aan pasiente gelewer het. Hehehehe!!!! Ek vind hierdie berig nogal snaaks.

Dan ·

Wat van die landdros wie ook ‘n rooftog gepleeg het? In die dag verhoor hy kriminele en vonnis hulle, terwyl hyself ‘n rower is. Praat van wolf skaapwagter maak …

Sarie ·

Dis eintlik’n groot grap!!! “Stèèl om te lèèf, & lèèf om te stèèl!!!

EvW ·

Seker Dr graad gekry in vulstasie roof……. Wats volgende …Professer in ATM opblaas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.