‘Dokter’ by lisensietoetssentrum vasgetrek

Tshwane Metropolisie. (Argieffoto)

ʼn Man wat hom as ʼn dokter voorgedoen en glo mediese sertifikate by die Waltloo-lisensietoetssentrum in Pretoria uitgereik het, is in hegtenis geneem.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane Metropolisie (TMPD), sê metropolisiebeamptes het inligting ontvang dat ʼn persoon by die toetssentrum hom as ʼn dokter voordoen en mediese sertifikate uitreik aan persone wat aansoek om hul openbare bestuurderspermitte doen of dié permitte wil laat hernu.

“Die wenk is ontvang deur ʼn TMPD-beampte wat by die Waltloo-lisensiëringsdepartement gestasioneer is,” sê Mahamba. “Die beampte het die man genader en hy het aan hom bevestig dat hy inderdaad mediese sertifikate uitreik en dat hy ʼn gekwalifiseerde mediese dokter is.”

Volgens Mahamba het beamptes die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika gekontak om vas te stel of die man se bewerings waar is. “Dié raad het die metrobeampte in kennis gestel dat die dokter onwettig praktiseer aangesien sy mediese lisensie opgeskort is.”

Die 50-jarige man is in hegtenis geneem en sal binnekort op aanklag van bedrog in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Miskien moes die “Dokter” eerder die “toestand” van die Watloo Stasie aangespreek het met n oorplanting of twee!

Sputnik ·

Stem saam met Gert van Wierdapark – dit gaan egter ‘n intensiewe, lang operasie wees! Daar’s BAIE ruimte vir verbetering. Dat mens ná jy aansoek gedoen het vir die hernuwing van ‘n bestuurderslisensie weer in ‘n nuwe, ellelange ry moet gaan val om te betaal, terwyl kassiergetalle een oomblik iets soos 6 kan wees, net om die volgende oomblik 1 te wees – vermoedelik teetyd. Hulle kan gaan leer by Binnelandse Sake, Centurion waar ‘n nommerstelsel bestaan. Steeds tydsaam, maar ordes beter!

Marietjie ·

En net om weer jou lisensie te gaan haal is net so ‘n laaaaaaaaaaaaang proses. Jy val weer in ‘n ry van hier tot in die Kaap en dan wag jy geduldig. My meer as 2 ure gevat om net die lisensie te gaan haal.

janneman ·

Van mens by die Waltloo toetsentrum aankom word jy oorweldig deur sogenaamde “helpers” wat jou van die wal af in die sloot help, tensy jy bereid is om so R300 plus uit te haal, dan gebeur alles vinnig. En sou jy enige iets kort, kan dit gereel word vir nog n ekstra paar rand. Nee wat, daai plek lyk sommer soos n korrupte nes, om nie te praat van onveilig voel nie

Wilmarie ·

Verbaas my glad nie! In die land…. is enige iets moontlik!

Speedguard ·

Ek kan met ‘n oop gemoed getuig , dit gaan so op elke liewe lisensie kantoor. Glo my ek was laaank by so kantoor elders en het ek letterlik teen donderweer gep@ep met my klagtes, toe verloor ek my werk agv ondraaglike omstandigehede!

Elize ·

Hierdie “dokter” het seker siekbriewe uitgereik vir sy mede wesens sodat hulle volle salaris kan ontvang nadat hulle gaan inkopies doen het toe die nuwe lisensie uitgereik is. Onthou hulle kan nie lank staan nie want die agterstewe soek altyd ‘n plat klip

Stripes ·

Hahaha ek moet sê dat julle “toetssentrums” baie goed georganiseerd is. EN die mense in beheer van die sentrum kom dit nie self agter nie???? EN weereens ‘n plek wat onder metro-polisie se beheer is? Dit laat my beslis wonder …….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.