Dokter eis na aanval by oord

Argieffoto

Argieffoto

‘n Dokter van Johannesburg dagvaar Ezemvelo KZN Wildlife vir meer as R11 miljoen nadat hy en sy gesin by ‘n vakansieoord in Kosibaai aangeval is, berig die Sunday Times.

Volgens ‘n doktersverslag ly Moosa Peer (63) aan posttraumatiese geheueverlies weens die aanval by die Kosi Bay Lodges-vakansieoord. Volgens die berig kan Peer nie meer sy praktyk bedryf nie weens die aanval.

Peer beweer Ezemvelo KZN Wildlife het versuim om hom te waarsku oor vorige aanvalle by Kosi Bay Lodges-vakansieoord. Peer en sy gesin is in Desember 2008 deur gewapende mans aangeval. Die rowers het onder meer R3 500 en verskeie ander items gesteel.

Die rowers het Peer in die gesin se motor ingedwing en met hom weggery. Hulle het sowat ‘n uur later teruggekeer en die gesin in ‘n kamer toegesluit.

Peer is verskeie kere met ‘n vuurwapen oor die kop geslaan. Die rowers het ook die vuurwapen teen sy kop gedruk en gedreig om sy tweelingseuns te vermoor. Veiligheidswagte by die vakansieoord het eers sowat drie ure later die gesin se noodkrete gehoor.

Peer eis in die hooggeregshof in Pietermaritzburg vir die verlies aan inkomste sowel as toekomstige verliese, mediese uitgawes en skadevergoeding vir “pyn, lyding en permanente ongeskiktheid”.

Ezemvelo ontken egter enige verantwoordelikheid. Ezemvelo voer in hofstukke aan dat Peer en sy gesin bewus was daarvan dat hulle die verblyf op eie risiko gehuur het en dat hulle herhaaldelik daaraan herinner is met hulle aankoms.

Ezemvelo sê daar is ‘n vrywaringsbord by die ingang wat verklaar dat die vakansieoord geen verantwoordelikheid aanvaar vir dood, besering of siekte wat deur besoekers opgedoen word nie of vir die verlies, skade of diefstal van eiendom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

Hoogtyd die regering word ook gedagvaar vir al die aanvalle op Boere en in die algemeen, waar ons veilig behoort te wees in ons huise, paaie en winkelsentra.

Louis le Roux ·

Die oord behoort op al hulle dokumentasie te meld dat dit onveilig is. ‘n Kennisgewing by die oord help net mooi (F)NIKS. Indien besoekersgetalle dan daal is dit dan daarnatoe. Enige vakansieoord behoort sy besoekers se veiligheid te kan verseker indien daar reeds sulke gevalle voorgekom het.

EMK ·

Ek sien nie hoe ENIGE vakansieoord, winkelsentrum, sportkompleks of watter openbare plek ookal enigiemand se veligheid kan VERSEKER nie – nie in SA nie! Dis onmoontlik. Net soos mens nie jou veiligheid, ten spyte van 100e veleigheidsmaatreels, by jou eie huis kan VERSEKER nie. Dis mos nou belaglik. Niemand kan enigeen se veiligheid verseker nie, dis onmoontlik! Tensy elke gas heeltyd saam met ‘n swaar gewapende wag rondstap/slaap/beweeg en selfs dan gebeur dit (Pres Kennedy en andere!) Die bedrag waarvoor die ou eis is OOK belaglik. Genade tog, klink asof hy wil vinnig geldmaak.

ronel ·

Ek ly aan posttraumatiese stres as ek net elke dag koerant lees… Kan ek eis?

Petrus Swanepoel ·

Die regering aan bewind is verantwoordelik vir die land se wet en orde, die oord het die verantwoordelikheid om redelik voorsorg te tref vir sy gaste se veiligheid. Gewapende misdadigers is gevaarlik en kan alleenlik deur gewapende magte beveg word. Geen vakansie oord kan dit aan jou bied teen gewone tariewe. Jammer vir die gesin se slagte ervaring, maar ek dink die regering moet pa staan vir dit!

Shannon ·

“Veiligheidswagte by die vakansieoord het eers sowat drie ure later die gesin se noodkrete gehoor”
Ja. Hoe dan anders ?

EMK ·

3 ure later klink na ‘n storie. Hoekom het GEEN ander persoon/vakansieganger/skoonmakers die sg noodkrete gehoor nie? Het hulle eers drie ure later begin gil?? Maak glad nie sin dat niemand niks gehoor het nie. Dis ook SY woord teen vakansieoord werkers dat hul eers 3 ure later gille gehoor het! Hier is nou weer baie goed wat glad nie sin maak nie. Een plus een maak twee, maar as daar nie een plus een WAS nie dan KAN dit nie 2 maak nie!! Raak soos die Amerikaners, wil almal net “sue”.

Shannon ·

Nee ek reken dit maak sin.
As die ‘personeel’ by die oord (dis nou die verpligte % swart werknemers getaak met sekerheid) nie die angs krete wil hoor nie, dan sal hulle nie. Die hoof rower in hierdie geval is familie van die hek wag.

EMK ·

Waar kom die presiese bedrag van R3500 wat hul dan nou sou gesteel het ook in.Hier is baie dinge wat nie sin maak nie. AS, ek sê, AS hul soveel geld gesteel het, hoekom loop enigiemand met soveel kontant rond? En wie het net PRESIES so ‘n bedrag by hom?? Se voet man, as hy nou gesê het hulle het R3522.35 gesteel klink dit beslis klaar meer geloofbaar. En ja, as hul by ontvangs gewaarsku is (ek glo dit gebeur, ons was ook al by oorde waar daar by aankoms gesê is moenie kanse vat, moenie alleen stap, sorg dat mense weet waar jy is ens ens, dis SUID AFRIKA hierdie, hello-o-o-ooo!)en daar is ‘n bordjie by die ingang wat die oord vrywaar, wat mee rkon die oord doen behalwe, soos ek reeds gesê het gewapende wagte te alle tye saam met elke lid van die gesin sou hê, as hulle eet, bad, stap, swem ens – absoluut belaglik. Selfs dit sou hul nie keer sou hul nou regtig wou die gesin aanval.ABSOLUUT belaglik.

pop ·

Goed, ons het diefwering en alarms en kameras en nog steeds is ons in ons huis met afgesaagde haelgeweer aangehou. Ek dink is baie goeie plan om die regering te dagvaar. Ons is ons lewe nie seker nie, nie vir n minuut van die dag nie.

EMK ·

@Pop – Presies! Om die OORD te wil blameer is belaglik, hier bewys jy dit nou weer met jou skrywe. Maar wetteloosheid en misdaad is aan die orde van die dag omdat niks gedoen word nou wil die dr die oord blameer en probeer eis van hulle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.