Dokter gee hom oor na moord op vrou

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

ʼn Mediese dokter van Limpopo het homself aan die polisie oorgegee ʼn week nadat sy vriendin vermoor is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die dokter is van moord aangekla, nadat hy homself Vrydagoggend aan die polisie in Thohoyandou oorgegee het. Hy saal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Refilwe Makoma Mapaana (25) se liggaam is omstreeks 19:00 verlede Vrydag in die huis op die terrein van die Tshilidzini-hospitaal net buite Thohoyandou gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.

“Volgens ons voorlopige ondersoek was die dokter en die oorledene in ʼn romantiese verhouding. Die oorledene is ʼn student aan die Universiteit van Venda in Thohoyandou, maar kom van Nkowankowa buite Tzaneen,” het Ngoepe gesê.

“Sy is Maandag laas lewend gesien. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgeskakel word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.