Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die dokter is van moord aangekla, nadat hy homself Vrydagoggend aan die polisie in Thohoyandou oorgegee het. Hy saal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Refilwe Makoma Mapaana (25) se liggaam is omstreeks 19:00 verlede Vrydag in die huis op die terrein van die Tshilidzini-hospitaal net buite Thohoyandou gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.
“Volgens ons voorlopige ondersoek was die dokter en die oorledene in ʼn romantiese verhouding. Die oorledene is ʼn student aan die Universiteit van Venda in Thohoyandou, maar kom van Nkowankowa buite Tzaneen,” het Ngoepe gesê.
“Sy is Maandag laas lewend gesien. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgeskakel word nie.”