Dokter geskiet tydens rooftog by Pta-winkelsentrum

Die toneel by die Gift Acres-winkelsentrum (30 April 2017) (Foto verskaf aan Maroela Media)

ʼn 60-jarige dokter is Sondagmiddag geskiet tydens ʼn gewapende rooftog by die Gift Acres-winkelsentrum in Pretoria.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man het omstreeks 12:30 uit die Woolworths gekom toe drie mans hom genader en waardevolle besittings geëis het. Volgens ooggetuies was daar ʼn woordewisseling en die mans wou die man vermoedelik in hulle motor in dwing.

Die man het hom teengesit en drie skote is gevuur. “Die man is twee keer in sy bene getref,” het Jones bygevoeg.

Die man is ʼn dokter by die nabygeleë Wilgers-hospitaal. “Hy is ná die skietery na die Wilgers-hospitaal geneem. Hy is in ʼn stabiele toestand.”

Die aanvallers het daarna met ʼn wit BMW gevlug.

Gerugte dat dit ʼn poging tot ʼn kaping was om die man se Porsche te steel, kan nie bevestig word nie.

Maroela Media wag vir terugvoer van die sentrum se bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

24 Kommentare

Anne coetzer ·

Meer nog. Hoe het hulle geweet dat die man waardevolle besittings aan sy persoon het. Beslis n inside job die. Nee wat jong. Mense ons is nerens veilig nie. Om elke hoek en draai loer gevaar

Eish ·

Kameras? Sekuriteit.
Dis lae intensiteit oorlog tussen “have’s en on the way to have”. Platteland word boere op plase geteiken en ouer mense want dit is afgelee en tyd speel saam. Stedelike gebiede, as jy tentoonstel jy is welaf is jy n teiken. Dis dus professionele mense of politici. Daar is nie veiligheid in getalle soos by sentrums nie, punt. Transito rooftogte helder oordag in spits verkeer! Wakker word. Paraat wees. Moenie jou bates tentoonstel nie. Dis n tweesnydende swaard!

anton ·

Dus net omdat boewe kan maak en doen wat hulle wil in die land, mag die gewone burgers nie iets waardevol besit nie. En as jy wel iets waardevol het, moet jy dit liewers by die huis los en nie gebruik nie want die krimineel kan dit vat en jy mag niks doen nie.
Belaglik!!!

Aster ·

So vreeslik jammer. Ons is nêrens meer veilig nie! Kan hulle mense nie verdomp uitlos nie!! Ek wonder wie die Dr is?

Lindie ·

Een vd dae sal mens nie kan waag om uit jou huis uit te beweeg nie! Ons ellende gaan ver erger met die finansiële toestand wat daagliks verswak.

ElgeraineR ·

Sommiges van ons werk hard om ñ beter lewe vir ons self en ons gesinne te verseker, die ander wil net hê, hê, hê!
Dan word jy dalk nog vermoor ook. Ek is siek en sat vir hierdie land?

R. Louw ·

Goeie kommentaar @eish maar Minister Gigaba se adviseur Prof. Chris Malikane het Suid Afrikaners pas gewaarsku om gereed te maak vir die ergste (sien news24) en maak oorlogpraatjies en sê dat plase en privaat eiendom sonder vergoeding gevat gaan word. So binnekort het niemand in elk geval meer iets oor nie. Kan Maroela asseblief vir ons vasstel na watter privaat eiendom hy verwys bo en behalwe plase wat gevat gaan word. Is dit ons huise, voertuie, geld? Suid Afrika sit met ‘n verouderde bevolking, dit sal baie hartseer wees as bejaardes hul huise verloor. Wil graag meer inligting hê asseblief.

anton ·

Ek steur my nie veel aan die kamstige ”Prof” se uitlating nie. Wonder waar het hy sy toekenning gekry?
Dit is baie maklike om te sê privaat eiendom gaan sommer gevat word maar hulle moet dit eers probeer en kyk of dit regtig so maklik is. Dit is nie sommer net van vat nie en dit sal hulle vinnig agterkom!!!

Kietie-Kat ·

Nee ons is nie siek en sat vir de land nie ons is SIEK EN SAT vir die gemors waarmee ons moet saam leef. Wil net he ongeag die lewensverlies of beserings wat die slagoffers opdoen. Moet ook noem daar is swartmense wat netso deurloop en voel soos ons. Wag vir die minimum loon volgende jaar. Duisende huiswerkers gaan hul werk verloor en hierdie anargie wat alreeds hand uitgeruk het gaan vererger en voortduur. Ek het my voorgeneem my hand is toe ek voed nie die adder nie. My hand is oop virslegs

Marietjie Boshoff ·

Dis dieselfde parkeer area waar ons n ruk gelede gesien het hoe drie mans in n wit carolla in die parkering rondry , op drie plekke stop en elke keer die motor langsaan beroof.. Een vd mans het elke keer uitgeklim die motor langsaan oopgesluit goed uit die motor gehaal en in hulle carolla gelaai en aangery tot by die volgende motor. Ons het dadelik die karwagte daarop attend gemaak, daar was altesaam 8 wagte maar nie een het n vinger verroer om hulle te stop nie. Ons het ook een van die bestuurders van Woolworths gaan haal en syt self gesê die wagte werk heel moontlik saam.

anton ·

My vraag is? Wie bestuur die sentrum? want as dit algemeen kennis is dat die karwagte saam werk met die skelms, hoekom weet sentrum bestuur nie van dit nie?
Swak sentrum bestuur as jy my vra!!!

Graeme van Malsen ·

This is absolutely unacceptable! A good friend of mine is a doctor at Wilgers hospital and this could well have happened to her too. This case and all the farmers and their wives and children that are barbarically murdered and slaughtered by these criminals never even make it to the TV screens, but when a 12-year-old black child is murdered by two white people it becomes headline news on SABC TV for a week. There’s absolutely NOTHING democratic and fair with what goes on in South Africa. Absolutely disgusting and I’m sick of the criminals that get away with this unacceptable behaviour on a daily basis!!

Rina Vermeulen ·

Ai sommige het nie al die feite as hul kommentaar lewer nie. Greame they didn’t murder him he jump of the bakkie it was an accident .Is waar as witmense betrokke is en swartmense die slagoffer is hoe klein die voorval ook is. Maak die hoofstroom media groot ophef daarvan , maar andersom maak nie saak hoe wreed word niks gesê nie. Siek land baie onregverdighede dit gaan nie ophou nie. Wat om te doen ek weet nie maar alles het ñ einde. Jammer oor die dokter hoop hy herstel volkome.

Johan ·

Bewapen jouself, dra en leer jou wapen ken, ken jou regte en wees wakker. Dis ongelukkig al manier hoe jy vir jou eie en die van jou gesin se veiligheid sal kan sorg. Moet tog asb nie dink daar is n ander manier nie, en moenie wag of huil as dit te laat is nie. Want vir sommige is dit alreeds te laat om wakker te skrik!!!!!

Roger ·

This looks like the same white BMW 435 with reg FM27WZGP that robbed the Automania in Kyalami on 20 April !

John ·

Dr moet tog net nie nou ‘n ou bakkie gaan koop nie. Dis eens so erg.

Ina ·

‘n Baie geliefde en gewilde dr. Ken hom al 27jr. Hys ‘n mens mens wat tyd maak vir elke pasiënt. Sterkte en beterskap

Maureen ·

Ek stem saam van die karwagte en sekuriteits beamptea werk saam met die rowers,die sentrum behoort kamaras te he en behoort te weet water karwag of sekuriteits maatskappy werk vir die sentrum. Gewoontlik as so iets by ‘n sentrum gebeur kan jy maar kyk die wagte en sekuriteit is ook nie waar hulle moet wees nie,ons lewens is niks weird nie want die polisie doen ook niks nie. Sterkte aan die dokter en sy familie hoop hy herstel spoedig

Aster ·

Dr. Constantinides, jy verdien dit nie! Ek hoop jy word gou gesond en baie sterkte. Hy is net die beste dr ooit!

Ander Ekke ·

@Eish en ander persone op sodiale media.
Dit is vir my absoluut skokkend dat daar geinsinueer word en in sekere gevalle reguit gese word dat die Dr self verantwoordelik is vir die aanval agv die waardevolle items wat hy by hom gehad het.
Dit is belaglik… Ek weet eintlik nie hoe om myself uit te druk hieroor nie want ek kan nie my kop om hierdie kleinlike vorm van redenasie kry nie.
Dit is of was SY eiendom waarvoor hy SELF HARD gewerk het.
As ek dus met ‘n goue ketting om my nek loop en iemand ruk dit af of val my aan daarvoor is dit my skuld?
Help my verstaan asb?

Andries ·

Dit is ongelooflik tragies. Dr. Constantinides is n baie bekende Ginikeloog en n spesialis in sy spesifieke veld …medici oor die wereld gaan nou hoor hoe vrot is ons land van misdaad,roof en slagting… dalk ook goed so net jammer dat dit die manier is .Ek sal Dr.C nie blameer as hy nou gaan imigreer, nog n spesialis verlore vir SA. Hierdie kriminele (moordenaars..kon n slagaar getref het) het net geen waarde vir lewe. Die Dr.C is ook nie m eer jonk, hy is heeldag op sy voete, en nou is hy geskied in sy bene. Niemand is meer veilig..geen profesionele, bekende, ryk elite, boer, wit of swart…dis crazy. ..Ek lees Ruhan Janse van Rensburg (Lions rugby) is ook aangeval…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.