ʼn 60-jarige dokter is Sondagmiddag geskiet tydens ʼn gewapende rooftog by die Gift Acres-winkelsentrum in Pretoria.
Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man het omstreeks 12:30 uit die Woolworths gekom toe drie mans hom genader en waardevolle besittings geëis het. Volgens ooggetuies was daar ʼn woordewisseling en die mans wou die man vermoedelik in hulle motor in dwing.
Die man het hom teengesit en drie skote is gevuur. “Die man is twee keer in sy bene getref,” het Jones bygevoeg.
Die man is ʼn dokter by die nabygeleë Wilgers-hospitaal. “Hy is ná die skietery na die Wilgers-hospitaal geneem. Hy is in ʼn stabiele toestand.”
Die aanvallers het daarna met ʼn wit BMW gevlug.
Gerugte dat dit ʼn poging tot ʼn kaping was om die man se Porsche te steel, kan nie bevestig word nie.
Maroela Media wag vir terugvoer van die sentrum se bestuur.
- Die toneel by die Gift Acres-winkelsentrum (30 April 2017) (Foto verskaf aan Maroela Media)
- Die toneel by die Gift Acres-winkelsentrum (30 April 2017) (Foto verskaf aan Maroela Media)
- Die toneel by die Gift Acres-winkelsentrum (30 April 2017) (Foto verskaf aan Maroela Media)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Meer nog. Hoe het hulle geweet dat die man waardevolle besittings aan sy persoon het. Beslis n inside job die. Nee wat jong. Mense ons is nerens veilig nie. Om elke hoek en draai loer gevaar
Kameras? Sekuriteit.
Dis lae intensiteit oorlog tussen “have’s en on the way to have”. Platteland word boere op plase geteiken en ouer mense want dit is afgelee en tyd speel saam. Stedelike gebiede, as jy tentoonstel jy is welaf is jy n teiken. Dis dus professionele mense of politici. Daar is nie veiligheid in getalle soos by sentrums nie, punt. Transito rooftogte helder oordag in spits verkeer! Wakker word. Paraat wees. Moenie jou bates tentoonstel nie. Dis n tweesnydende swaard!
So vreeslik jammer. Ons is nêrens meer veilig nie! Kan hulle mense nie verdomp uitlos nie!! Ek wonder wie die Dr is?
Een vd dae sal mens nie kan waag om uit jou huis uit te beweeg nie! Ons ellende gaan ver erger met die finansiële toestand wat daagliks verswak.
Sommiges van ons werk hard om ñ beter lewe vir ons self en ons gesinne te verseker, die ander wil net hê, hê, hê!
Dan word jy dalk nog vermoor ook. Ek is siek en sat vir hierdie land?