Dokter geskors na beweerde verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Mediese dokter van Limpopo is voorlopig geskors omdat hy na bewering ʼn pasiënt verkrag het.

Derick Kganyago, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het gesê die dokter word daarvan beskuldig dat hy ʼn pasiënt in die Lebowakgomo-hospitaal naby Polokwane verkrag het.

“Die dokter is voorlopig geskors met volle betaling, hangende die ondersoek na die bewerings van verkragting.” Kganyago het gesê hoewel enige vorm van geweld teen vroue en kinders, insluitend verkragting, ten sterkste veroordeel word, glo die departement ʼn beskuldigde is onskuldig tot hy of sy deur ʼn hof skuldig bevind is.

Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in die provinsie, het die beweerde voorval ten sterkste veroordeel. “Sulke voorvalle skaad ons integriteit en goeie naam as ʼn organisasie en trek die veiligheid van ons pasiënte in twyfel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frederik ·

Die een is geskors met volle betaling. Ek wonder of Regter Jansen ook met volle betaling geskors is.

Tammy ·

As iemand aangekla word moet daar tog seker n mate van sekerheid wees oor die misdaad. So waarom nie vir ons sy gesig wys nie. Waar n rokie trek brand n vuurtjie?

Andrea van Vuren ·

Nee Tammy, dis ‘n “vermeende verkragting” en hy is “voorlopig” geskors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.