Dokter gesoek ná vrou se moord

dokter

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn dokter van Thohoyandou nadat die liggaam van ʼn 25-jarige vrou in sy huis op ʼn hospitaalperseel gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou se liggaam is omstreeks 19:00 Vrydag in die huis op die terrein van die Tshilidzini-hospitaal net buite Thohoyandou gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.

“Volgens ons voorlopige ondersoek was die dokter en die oorledene in ʼn romantiese verhouding. Die oorledene is ʼn student aan die Universiteit van Venda in Thohoyandou, maar afkomstig van Nkowankowa buite Tzaneen,” het Ngoepe gesê.

“Sy is Maandag laas lewend gesien. Die motief vir die moord is nie in die stadium bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgeskakel word nie.” Hy het gesê die dokter het sedertdien verdwyn en die polisie in die provinsie is op soek na hom.

Ngoepe het gesê die naam van die verdagte kan nie tans bekendgemaak word nie, maar mag moontlik later bekendgemaak word indien hy nie binnekort gevind word nie. Mense met inligting oor waar die verdagte homself bevind, word versoek om dit by die Thohoyandou-polisie by 082 451 7217 of die naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oom Walker ·

Die verdagte se naam is nie bekend nie – hoe sal enigiemand dan weet wie hy is of waar hy homself bevind?

Rapes ·

Dit wil my voorkom hy’s die Skim en wie ken hom. Dit is absoluut pateties om hulp te verwag en die persoon is onbekend.

Cherokee ·

Dit is absoluut pateties om voor te gee dat jou hulp gevra word terwyl dit bloot ‘n koerantberig is.

charlene ·

Ok so ons moet help en die polisie laat weet….. so na wie soek ons???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.