Dokter gestraf oor eise by POF

(Argieffoto)

’n Mediese dokter is vandeesweek 36 maande korrektiewe toesig en 576 uur gemeenskapdiens in die gespesialiseerde handelshof in Gqeberha (Port Elizabeth) opgelê. Dít nadat hy 14 jaar gelede bedrieglike eise namens tientalle pasiënte by die Padongelukkefonds (POF) ingedien en in die proses voordeel daaruit getrek het.

Dr. Tony Moodley (66) is in Desember verlede jaar op aanklag van bedrog ter waarde van meer as R2 miljoen skuldig bevind.

’n Ondersoek het vroeër onthul dat Moodley eise namens 83 van sy pasiënte in Junie 2007 by die POF ingedien het ten spyte daarvan dat sommige van dié pasiënte nie vir vergoeding gekwalifiseer het nie.

Dié pasiënte was destyds in ’n trompop botsing tussen twee busse in Walmer in Gqeberha betrokke.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê die eise is destyds by plaaslike prokureurs ingedien wat namens die passasiers van die POF geëis het. ’n Totaal van R2,25 miljoen is destyds vir al die eisers uitbetaal.

Moodley het egter ook ’n gedeelte van die kontant van die onverdienstelike eisers ontvang.

Die POF het egter later ’n paar teenstrydighede opgemerk toe hulle die volgorde van gebeure nagegaan het. Die fonds het die Valke genader om ondersoek in te stel en Moodley is in Julie 2015 in hegtenis geneem.

Hy is dieselfde dag nog op waarskuwing vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Belaglike tik oor die vingers vir daai bedrag geld magtag en uit op dieselfde dag. Stelsel is lagwekkend

Persheks Adri ·

Ek hoop so Cherokee regtig waar, want dis darem belaglik. Geen wonder amper almal is so korrup en weg met dit nie.

Anel ·

Nou wat maak hom so spesiaal dat hy nie tronk toe gaan vir bedrog nie? Daar is hoeveel mense wat in die tronk is vir baie minder! Ons regstelsel is regtigwaar ‘n grap!!

Alta Alleman ·

Anel begin by die begin en lees dat hy 36 maande tronk toe gestuur word…

Linx ·

Nee hy gaan nie tronk toe nie,Alta,korrektiewe toesig is nie tronkstraf nie,,,,en ja Anel die regsstelsel is regtig ñ grap

Persheks Adri ·

Alta, korrektiewe toesig en gemeenskapsdiens is baie ligte straf en net tik oor die vingers vir daai bedrag geld werklik. Volgens my moes hy gaan sit het…

Hennie ·

Die gevoel gekry dat dit dalk Dr Naidoo of Dr Moodly sou wees. Toe nie teleurgesteld nie…

Anoniem ·

Moodley het definitief nie sy dienste teen “cut throat price” aangebied nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.