Dokter in die hof oor vervalste doktersbriewe

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

ʼn 67-jarige dokter van Oos-Londen en haar 37-jarige assistent het Donderdag in die landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie in verband met vervalste doktersbriewe.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die twee persone is vroeër Donderdag in hegtenis geneem deur die Valke.

Dr. Siphokazi Sokupa en Cwaita Mngqibisa staan tereg op aanklag dat hulle vervalste doktersbriewe uitgereik het aan lede van die publiek. ʼn Ondersoek is vroeër vandeesmaand van stapel gestuur nadat owerhede in kennis gestel is van die praktyk.

“ʼn Geheime operasie is onderskeidelik op 10 Mei en 15 Mei uitgevoer en dr. Sokupa het op albei dae na bewering doktersbriewe uitgereik aan die beampte – met datums van sy keuse (vooruitgedateer en teruggedateer), sonder om hom hoegenaamd te ondersoek,” het Feni verduidelik.

Sokupa en Mngqibisa is vrygelaat op waarskuwing en hulle sal na verwagting op 19 Junie weer in dieselfde hof verskyn. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marous ·

En is daar eise teen mediese fondse uitgereik ? Druppel water in die see…

Oom Kalahari ·

Korrupsie slaan nou ook al toe op mediese vlak. Dit gaan te lekker in die land.

Johan ·

Ek vind dit al hoe meer gereeld by sommige van my werknemers. Altyd op Vrydae of Maandae. Ek hoop hierdie ondersoeke na sulke dokters word meer uitgebrei. Dis eenvoudig bedrog.

Nettie ·

Die Valke het die mannekrag en tyd om aan sulke (dubbel K, middel A) te spandeer, maar skitter in hul afwesigheid by die ondersoeke en aankeer van plaasmoorde en -moordenaars?

Bheki Cele is “nou bereid” om plaasmoord of -aanvalstatistieke vry te stel” – maar dit beteken in praktyk net mooi niks nie. In elk geval, statistieke is in openbare besit – die feit alleen dat die ANC-beheerde polisie nou ‘bereid’ is om dit beskikbaar te stel, is veronderstel om wát te sê? Die beskikbaarstekking van statistieke beteken nie daar gaan iets omtrent plaasmoorde gedóén word nie.

Soos gewoonlik is dit die ANC-regering se woorde wat saam met die wind weggewaai word. Daar word gepraat en beloftes gemaak, maar niks gedoen nie, veral nie waar dit blankes en verál blanke BOERE aangaan nie, want ons almal word mos oor dieselfde kam geskeer – of jy nou voor, gedurende of na Apartheid gebore is. As jy wit is tel jou lewe nie en is jy niks in hierdie land nie, al doen jy baie meer as wat die 1000’e onwettige immigrante doen.

nannie ·

Oom Kalahari op die mediese vlak is die siek notas lankal in omloop. Ek werk met die salaris van werkers en het al hoeveel keer die siek nota bevraagteken en nie die betaling van die siek dae gedoen nie, omdat die siek nota vervals was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.