Dokter in hof ná moord op eksvriendin se vriend

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

ʼn 32-jarige dokter van die Tintswalo-hospitaal in Mpumalanga bly in aanhouding ná hy Vrydag in die Acornhoek-landdroshof verskyn het in verband met ʼn moord wat by die woonkwartiere van dié hospitaal plaasgevind het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die moord het glo Sondag 13 Mei omstreeks 04:00 plaasgevind.

“Dr. Surprise Mokoena het glo na sy eksvriendin, ʼn dieetkundige, se huis gegaan en haar saam met ʼn 32-jarige man, die slagoffer, aangetref. Daar het ʼn woordewisseling ontstaan,” het Bhembe gesê.

Die verdagte het glo na sy motor gegaan, ʼn skerp voorwerp gaan haal, die twee uit die huis gejaag en die slagoffer in die bors gesteek.

“Die slagoffer kon daarin slaag om na sy huis te ry en is by sy aankoms na die hospitaal gehaas waar hy beswyk het.”

Volgens Bhembe kon die polisie aanvanklik nie die verdagte opspoor nie tot hy homself Woensdag aan die polisie oorgegee het.

Sy saak is tot 23 Mei uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan. H. ·

AAAg Sies man ,, Dis seker een van die 30%ters, Lyk my hulle moet ook maar gescan word om Emosioneel volwasse te wees Voor hulle met ander mense in aanraking kom,, Amper soos wat jy bekyk word as jy net in die rigting van n vuurwapen loer, om sodoende een te wil koop… Shame man,,,,,,

Gemaskerde Sopbeen ·

Maak nie saak die kwalifikasie nie………as jy ‘n messteker is kan niks dit verander nie.

CHRISTA ·

Ons mans moet ophou om te dink dat ‘n vrou hulle persoonlike besitting is en ‘n vrou moet die man goed deurkyk VOORDAT sy met hom betrokke raak!!

$ ·

Christa, hoe moes die eksvriendin hom nou goed deurkyk het vóór sy by hom betrokke geraak het? So dis nou haar skuld? Jou kommentaar is onvanpas – die man wat sy moes deurkyk het is immers ‘n dokter; gewoonlik red dokters lewens eerder as om dit doelbewus te neem. Hoe moes sy hom nou deurkyk om te kon bepaal dat hy haar nuwe vriend sou vermoor?

Sommige mense moet ook eerder twee keer dink VOORDAT hulle kommentaar lewer.

Helen ·

Omw maar die Afrikaners is al weer vroeg besig om mekaar hier aan te val? Of raak dit nou nie meer rasisties ni maar seksisties?

Cherokee ·

Helen, dit is omdat die sisteem hulle toelaat om na willekeur met gebruikersname rond te speel. Penny sou beter pas as dollar.

Wonder ·

Toe surprise, Surprise homself en beland in die tronk, net omdat hy vergeet het wat hy eintlik met ‘n mes moet doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.