‘Dokter’ in hof nadat hy pasiënte glo uit miljoen bedrieg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat hom glo as ʼn dokter voorgedoen en pasiënte uit miljoene rande bedrieg het, het Woensdag in die Goodwood-streekshof verskyn.

Abri Gert Kruger (35) staan tereg op ses aanklagte van bedrog wat glo tussen 2010 en 2014 gepleeg is. Landdros Constance Nziweni het die saak op versoek van die staatsaanklaer, Thersia du Toit-Smit, tot 25 Januarie uitgestel.

Die hof het gehoor Ronel de Jager, ʼn senior aanklaer in die Bellville-streekshof, was een van Kruger se beweerde slagoffers. Du Toit-Smit het aan die hof gesê die ondersoek gaan voort en dat daar ses dossiere is ten bedrae van R1,8 miljoen se bedrog wat glo gepleeg is.

Die dossiere hou verband met beweerde voorvalle in die Paarl, Goodwood, Durbanville en Bellville. Die staat voer aan dat Kruger mense mislei het om aan hom groot bedrae geld te voorsien. Dit was terwyl hy op onverwante bedrogaanklagte op borgtog van R10 000 was.

Kruger het glo aan sy slagoffers gesê hy is ʼn mediese praktisyn van die Verenigde Koninkryk. Hy het sy slagoffers glo verseker dat die lenings terugbetaal sal word sodra hy ʼn groot bedrag geld van die HSBC-bank ontvang.

Kruger is in Maart vanjaar borgtog in die Goodwood-distrikshof geweier. Hy het in die Wes-Kaapse hooggeregshof appèl aangeteken en is op borgtog van R40 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

sterretjie ·

Nog n krimineel in die samelewing vrygelaat…………….

Martin ·

Hoe na-ief wil mense wees? ‘n Mens gee mos nou nie groot bedrae aan ander mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.