Abri Gert Kruger (35) staan tereg op ses aanklagte van bedrog wat glo tussen 2010 en 2014 gepleeg is. Landdros Constance Nziweni het die saak op versoek van die staatsaanklaer, Thersia du Toit-Smit, tot 25 Januarie uitgestel.
Die hof het gehoor Ronel de Jager, ʼn senior aanklaer in die Bellville-streekshof, was een van Kruger se beweerde slagoffers. Du Toit-Smit het aan die hof gesê die ondersoek gaan voort en dat daar ses dossiere is ten bedrae van R1,8 miljoen se bedrog wat glo gepleeg is.
Die dossiere hou verband met beweerde voorvalle in die Paarl, Goodwood, Durbanville en Bellville. Die staat voer aan dat Kruger mense mislei het om aan hom groot bedrae geld te voorsien. Dit was terwyl hy op onverwante bedrogaanklagte op borgtog van R10 000 was.
Kruger het glo aan sy slagoffers gesê hy is ʼn mediese praktisyn van die Verenigde Koninkryk. Hy het sy slagoffers glo verseker dat die lenings terugbetaal sal word sodra hy ʼn groot bedrag geld van die HSBC-bank ontvang.
Kruger is in Maart vanjaar borgtog in die Goodwood-distrikshof geweier. Hy het in die Wes-Kaapse hooggeregshof appèl aangeteken en is op borgtog van R40 000 vrygelaat.
Nog n krimineel in die samelewing vrygelaat…………….
Hoe na-ief wil mense wees? ‘n Mens gee mos nou nie groot bedrae aan ander mense nie.
Hy moes n gladebek gehad het.