Dokter in hof oor derde Covid-19-bedrogsaak

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

ʼn 67-jarige dokter het in die Oos-Londen-landdroshof verskyn nadat sy glo ʼn doktersbrief tydens ʼn klandestiene operasie aan ʼn polisiebeampte uitgereik het, sonder dat sy hom ondersoek het.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, het gesê dr. Sipokazi Sokupa het twee vorige sake wat nog hangend is. “In die streekhof van Oos-Londen staan sy tereg op twee aanklagte van bedrog dat sy doktersbriewe aan geheime polisiebeamptes uitgereik het. Sy het dit glo ook gedoen sonder om die beamptes te ondersoek.”

In die tweede saak is Sokupa in hegtenis geneem toe sy vervalste mediese sertifikate aan taxibestuurders uitgereik het sodat hulle passasiers tydens koronavirusvlak 4 en 5 kon vervoer. “Sy staan tereg op drie aanklagte van bedrog en oortreding van die afsonderingsriglyne.”

Sokupa se aanosek om borgtog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die Wolf ·

Maklik, verwyder haar as n misdadige dokter soos Mev Dudu.

Jack ·

Wel jy kan dit op die net koop. Waar sy dit ookal gekry het het sy geen integriteit saam gekry nie. Dit is egter baie normaal in afrika om so op te tree wn dit sal nooit verander nie. Sy sal nou nz se pos kry as vergoeding.

minnie muis ·

tipies van die kaders…. sy het vereker meer geraamtes in kas

Francois ·

Sy ssl niks oorkom. EFF sal weer sgter haar stasn en se sy doen net haar werk. Pateties

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.