Dokter in sy spreekkamer vermoor

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) sê hy het geskok, hartseer en woedend oor die moord op dr. George Koboka (56) Vrydag by sy spreekkamer in Soweto.

“Dr. Koboka was sedert 1998 ʼn lid van Sama en was ʼn gerespekteerde en geliefde geneesheer in sy gemeenskap en in die Sama-familie,” sê dr. Vusumuzi Nhlapho, uitvoerende hoof van Sama.

Die organisasie het sy innige meegevoel betuig met Koboka se vriende, familie en kollegas.

Koboka is doodgeskiet toe vier gewapende mans die spreekkamer betree en pasiënte van hul selfone beroof het. Hy is vermoedelik ʼn week tevore deur dieselfde groep beroof.

“Die sinnelose moord plaas opnuut die fokus op misdaad in Suid-Afrika en die gewelddadige aard van sinnelose misdade wat tot die afsterwe van waardevolle lede van die gemeenskap lei, soos dr. Koboka. Sy afsterwe laat ʼn leemte in die verskaffing van gehalte- mediese dienste in Soweto en Suid-Afrika.”

Die organisasie sê dit is die plig van die regering en wetstoepassingsagentskappe om vinnig op te tree teen alle misdade en die veiligheid van pasiënte en gesondheidsorgwerkers landswyd te verseker. “Sonder hierdie ingryping sal al hoe meer dokters bedreig voel en angstig wees om in die land te praktiseer. Hulle sal eerder toevlug neem na ander lande terwyl hul vaardighede en kennis plaaslik ʼn groot behoefte is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bernard ·

Moenie “optree” teen misdaad nie; voorkom dit deur pro-aktiewe polisiëring.

christo ·

Selfs my dokter se spreekkamer het al deurgeloop. Dis veral traumaties vir die personeel. Ekstra sekuriteitsmaatreëls soos voltydse kamera monitering deur sekuriteit maatskappye is baie duur, wat beteken dat die dokters ‘n ekstra bybetaling op konsultasies moet vra.

Maritza ·

Jy is nie eens meer veilig in die kerk nie. Die regering staar hulle blind. Sal eerder R20M spandeer op nuwe motors as wat hulle belasting betalers sal beveilig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.