Dokter naby hospitaal aangeval, byna verkrag

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

ʼn Dokter van die Mapulaneng- provinsiale hospitaal in Mpumalanga is Dinsdag van die hospitaal op pad huis toe aangeval en byna verkrag. Dié voorval volg op die moord van ʼn verpleegster van die Tembisa-hospitaal in Olifantsfontein wat vroeër die maand aangemeld is.

Volgens ʼn verklaring uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) was die dokter Dinsdagaand ná haar skof op pad na die dokters se woonkwartiere toe sy aangeval is.

“Die dokter is gekaap, met vuurwapens beroof en die oortreders het probeer om haar te verkrag,” lui die verklaring.

“Die dokter is uiters getraumatiseer ná hierdie ervaring.”

Volgens Sama is hy bekommerd dat dokters wat in staatshospitale werk in konstante vrees leef en werk en oor die algemeen onveilig binne hul werksomgewings voel.

“Sama het verskeie kere in die verlede sy kommer oor die kwessie van veiligheid by openbare hospitale uitgespreek.”

Die vereniging het voorgestel dat streng veiligheidsmaatreëls ingestel word vir die beskerming van gesondheidsorgwerkers en pasiënte.

“Ons neem die kwessie van veiligheid en sekuriteit ernstig op en doen ’n beroep op alle belanghebbendes om te erken dat daar ʼn probleem is en oplossings in die belang van almal in die land te vind.”

Maroela Media het vroeër berig die 30-jarige verpleegster van Tembisa was glo deur haar vriend – wat ook ʼn polisiebeampte is – buite in die hospitaal se parkeerterrein doodgeskiet. Hy het daarna die wapen op homself gerig. Hy is na ʼn ander hospitaal geneem en word van moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Hierdie is beslis nie gemik op “gesondheidwerkers” nie. ‘n Boosdoener kyk uit vir ‘n maklike prooi, of jy nou ‘n dokter, verpleegster, predikant, pastoor is, maak nie saak nie. Hul vra nie jou beroep voor hulle jou aanval nie.

Bernard

Geen meer SAPS-patrollies nie. Alles word net ‘gemonitor!’ Wag net op MM se sensors.

marius

Jou people paddapot .

domheks

ou padda en cele moet ‘n KOMMISSIE aanstel om te ondersek! Al wat padda kan doen!

Henri

Dis baie hartseer.

Die regering wil gesondheid nasionaliseer, maar kan nie eers veilig nasionale gesondheid verseker nie.