Dokter se ontbinde lyk in huis gekry

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

Die ontbindende lyk van ʼn 63-jarige mediese dokter is Dinsdag in haar luukse huis in Durban aangetref.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het bevestig die polisie is Dinsdagaand na die vrou se huis in Browns Driftweg in Umgenipark ontbied.

“By die polisie se aankoms op die toneel is die vermoorde vrou se liggaam op haar slaapkamer se vloer met hoofbeserings aangetref,” het hy gesê.

Die plaaslike gemeenskapskoerant, die Northglen News, berig daar was maskeerband om haar gesig gedraai.

Ao. Leon Audh, woordvoerder van die Greenwoodpark-polisiestasie, het aan die koerant gesê die vrou is Donderdag vir die laaste keer lewend gesien.

“ʼn Buurman het op haar liggaam afgekom nadat hy opgemerk het haar huis se agterdeur staan oop. Haar liggaam was reeds besig om te ontbind toe hy haar aangetref het,” het Audh aan die koerant gesê.

Die vrou was ʼn plaaslike dokter.

Zwane het gesê die motief vir die moord is nog onbekend en die Greenwoodpark-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

miv ·

Bring terug die doodstraf! Dis hoog tyd dat alle landsburgers saam staan en op die terugbring van die doodstraf aandring. Kan die politieke partye nie by elke dorp se munisipale kantore ‘n petisie vorm daarstel waar inwoners hul ondersteuning kan gaan neerpen, sodat die versoeke dan voor die parlement ter tafel gelê kan word nie?. Asseblief tog. Ons landsburgers is besig om mekaar uit te moor, dit is erger as oorlog.

Daniel ·

hulle weet mos meeste van hulle mense gaan dit kry nou is dit afgeskaf, slim ne?

Simon ·

miv, wees versigtig waaroor jy vra. Dit kan omdraai en jou byt.
Vra liewer dat daar n in alle opsigte n effektiewe beskermingsdiens gelewer word soos wat die Grondwet voorskryf en ons belowe dat die burgers van die land beskermingsdiens sal word.
Dit hou in dat die land n Regerings-amptenare benodig wat die begin self in woord EN IN DAAD sal onderskryf en nie net so n belofte/eed met lee woorde woordeliks sal afle by ampsaanvaarding nie.
Nie voor dat dit gebeur sal daar geen verbeter in in die land gesien word nie.

sdl ·

Sy wou seker nie n voorskrif gee nie. Hier mag jy mos moor vir die kleinste dingetjie.

Josey Chamberlain ·

Lyk vir my na die regte egte Afrikaanse nuusblad!

Elsabe ·

Ag né, weet nie wat die motief vir die moord is nie, go figure. ‘n Dokter + sukses = ?????? O jinne ja mag nie somme maak nie want dis polities korrek

E.K. ·

Het niemand haar vroeëer by die werk of so gemis nie? Verstaan nooit dat so min omgee…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.