Dokter van Kathu vas vir taksbedrog

(Argieffoto: Jossué Trejo/pixabay)

’n Dokter van Kathu in die Noord-Kaap en haar man is vandeesweek in hegtenis geneem in verband met taksbedrog van honderdduisende rande.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in Pretoria het die egpaar Dinsdag by ’n private hospitaal in Kathu in hegtenis geneem waar die vrou as dokter praktiseer.

Daar word beweer dat die egpaar tussen 2013 en 2016 bedrieglike belastingfakture by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingedien het. Ongeveer R700 000 is gedurende dié tydperk in hul gesamentlike bankrekening oorgeplaas.

Die egpaar, onderskeidelik 53 en 62 jaar oud, staan nou tereg op aanklagte van bedrog, vervalsing en uitgifte, asook die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.

Mulamu sê die dokter en haar man het kort ná hul inhegtenisneming in die streekhof in Kathu verskyn waar hulle gewaarsku is om op 24 Januarie in die Pretoriase handelshof te verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peach ·

Frank John, moenie die wa voor die perde span nie….. ons konstitusie bepaal enige beskuldigde is onskuldig, tot die teen deel in ‘n openbare Hof bewys is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.