Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van moord nadat ’n dokter van Tulbagh Maandag met ’n skerp voorwerp buite die dorp doodgesteek is.
Die dokter is intussen geïdentifiseer as die 59-jarige dr. Roelof Botha. Botha het ’n praktyk in Van der Stelstraat in die dorp bedryf.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Botha se liggaam is Maandag omstreeks 18:45 met verskeie steekwonde in Schalkenboschweg aangetref.
Omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium duidelik nie.
Volgens Van Wyk het die polisie wel reeds ’n persoon (34) van belang ondervra.
Die polisie doen ’n beroep op mense om enige inligting rakende die moord by speursers. Marlon Cupido by 023 230 8100 of Stop Misdaad by 08600 10111 aan te meld.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Kom Cele lewer kommentaar. Misdaad is mos min
familie moet cele dagvaar
Sterkte vir die naasbestaandes en die Dr se pasiënte ook. So onnodig.
My heart goes out to the family.
See mad hatter. This is your fault. People are getting killed on the streets and you’re running around like a sick puppy after people who smoke.
You are pathetically useless.
Gaan sy dood sertifkaat ook nou aandui dis Covid 19?