Dokter vas in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke het ʼn 44-jarige mediese dokter in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, vervalsing en diefstal.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die polisie, het gesê die dokter is by die Rethabile-kliniek in Polokwane in hegtenis geneem, nadat die polisie ʼn wenk ontvang het dat hy al vir byna twee jaar glo voorskrifmedisyne onder ʼn vals naam aankoop.

Die dokter het na bewering sedert 2015 morfien aangekoop deur ʼn ander dokter se stempel, ʼn vervalste handtekening en die briefhoof van die departement van gesondheid te gebruik.

Die Valke het die dokter se huis in Polokwane deursoek en op 35 bottels antiretrovirale-middels, dokters se stempels en ander goedere beslag gelê.

Hy sal vandag in die Mankweng-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van bedrog, vervalsing, diefstal en die onwettige besit van antiretrovirale-middels. Die Valke se ondersoek duur voort

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kiepie ·

Ja nee, hulle (krimenele) kom op alle vlakke van die samelweing voor. Daar is geen verskil tussen jou en enige ander misdadiger nie, Dokter.

Joann ·

Sjoe en die Dr,s is so duur,maar hoe meer hul het hoe meer wil hul he. R380 tot R400 by n GP en dan kyk hul net 10minute na jou. Spesialiste baie meer.

Lida ·

Hoekom kan sy naam nie genoem word nie dan kan die mense mos oppas vir hom. Dit is belaglik om nie sy naam te noem nie.

Kiepie ·

Hy is reeds in hegtenis, Lida en sal nie toegelaat word om te praktiseer solank die ondersoek aan die gang is nie. Indien hy skuldig bevind word sal hy van die rol geskraap word. En in elk geval, hy het vervalste stempels gebruik so wat sal dit help om sy naam bekend te maak? Hy sal sekerlik nie dom genoeg wees om onder dieselfde naam voort te gaan nie.

Tong innie kies ·

Hier is BAIE van hulle in Limpopo.Dis lagwekkend hoe medikasie kort by Klinieke maar dan gaan jy daardie medikasie by die Dr se plek kry.Maak goed geld met medikasie wat onwettig verkoop word en wat duidelik op die verpakking aandui “Nie te koop nie.Slegs vir Staatsgebruik”

Kiepie ·

As dat dan so ooglopend en blatant is Tong-in-die-kies, doen iets daaraan. Gaan lê ‘n klag en oorhandig die bewyse waarvan jy blykbaar handevol het. Net omdat die persepsie bestaan beteken dit nie dit is die realiteit nie want partykeer sien ons ook maar wat ons wil sien. Ek sê geensins dat hierdie tipe korrupsie nie plaasvind nie, maar is die situasie regtig so sleg as wat ons dit voorhou. En is ons nie besig om met die verkondiging van ons persepsies en veralgemenings by te dra tot die algemene gevoel oormag en magteloosheid wat die volk tans ervaar nie. Het dit nie tyd geword dat ons ons hande uit ons sakke haal en daar waar werklik probleme is inspring en ‘n oplossing teweegbring eerder as om nog petrol op die vuur te gooi met onondersteunde veralgemenings nie?

CHRISTA ·

Dieselfde gedagte het by my opgekom, Asjas! Ek twyfel amper. Hoop Maroela sal ons op hoogte hou.

Theresa ·

Sou graag wou weet wie hy is, Kiepie. Die polisie het mos nou sy regte naam – hul neem nie ‘n persoon op vals ID in hegtenis nie. Kom, media, lig ons ordentlik in oor hierdie persoon, asb. Dis die samelewing se voorreg en reg om te weet. Jy het dalk al met hom skouers geskuur, min wetend wat hy dink en doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.