Dokter vas vir ‘seksuele aanranding’

Die dokter word in hegtenis geneem. Foto: ANA

Die dokter word in hegtenis geneem. Foto: ANA

ʼn Dokter van Port Elizabeth is Donderdag in hegtenis geneem omdat ʼn vrou (38) beweer hy het haar tydens ʼn ondersoek onsedelik betas.

Kapt. Sandra Janse van Resnburg, polisiewoordvoerder, het gesê die 62-jarige dokter is deur lede van die eenheid vir gesinsgeweld en seksuele oortredings by sy praktyk in Rowallanpark in hegtenis geneem.

Die vrou het glo reeds in Julie verlede jaar die saak by die polisie aangemeld omdat sy gevoel het die dokter het onbehoorlik aan haar gevat tydens die ondersoek.

Die man sal Vrydag in Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Arnel ·

Ek dink alles sake word deesdae so lank uitgerek. Nuwe regeering

Willie ·

Theresa wil jou nou SLAAPENDE honed wakker maak? HEHE.
Dis tragies as soos dit nie direkte aandag kry nie, verkose tyd gaan verby..

m ·

Weet nie aldag wat om te glo van mense nie, party mense voel gou ongemaklik. As jy nie gemaklik is met manlike dokter nie, besoek dan ma vroulike dokter. Ek vat niemand se kant hier nie, ma mense maak vining beweringe….. Wonder ma net!!

Griki ·

Wel, as ek dokter toe gaan omdat ek my enkel verswik het en hy vat aan my borste (of enige ander deel bokant my knie), kan ek dit vir seker vertolk as onbehoorlik. Maar omdat ek nie weet wat die feite is nie, wil ek nie spekuleer nie.

Nico K ·

Die groot probleem is hoe bewys jy so saak. Dit is haar woord teen sy woord.

sannie ·

Dokters moet in die toekoms een van die dames wat by hom werk, hom laat bystaan as hy sy vroulike pasient ondersoek. Dan kan daar geen beskuldigings wees nie.

Laurika ·

‘n Dokter in Vanderbijlpark wat ek besoek, was ook deur ‘n vrou aangekla van iets soortgelyks, maar darem onskuldig bevind. Van daar af ondersoek hy jou slegs met een van sy dames teenwoordig, wat vir my eintlik meer ongemaklik is. Hy is ‘n baie goeie dokter en ek het nog nooit in sy onskuld getwyfel nie.

Ontvangsdame ·

Moet nie te gou oordeel nie asb. ‘n Saak het altyd twee kante. Dr’s is baie bloodgestel omdat hulle fisiese kontak met Px’e het en nie vanaf ‘n afstand ‘n diagnose kan maak nie. Dr’s leer uit hierdie insident dat daar eerser ‘n Sister of Assistant teenwoordig met ondersoeke moet wees. Dr’s in SA moet liewers sorg dat Px’e ‘n ingeligde toestemmings vorm teken voordat ondersoeke, operasies ens. gedoen word.

SkarrelKind ·

Ek stem met wat die meeste van julle te sê het, maar ek het ‘n vriendin wat toe sy in haar vroeë twintigs was, wat wel deur ‘n doktor betas is – op so net-net manier dat sy nooit ‘n saak gemaak het nie. Maar sy is vandag nog altyd effe versigtig as sy ‘n doktor moet besoek. Mens sal regtig weet wat hier gebeur het nie. Doktos moet eenvoudig baie versigtig wees en daar moet ‘n vroulike assistent by wees. Dit verhoed dié tipe van bewerings.

Lynet ·

Ek stem saam as jy ongemaklik is met ‘n manlike dokter gaan dan na ‘n vroulike dokter toe. Ek was die week vir vroue dele ondersoek en all en all en my dokter het vir my gese as ek ongemaklik is met hom dan kan ek by een van sy kolegas wat vroulik is ‘n afspraak maak, maar ek het net gevoel hy is my dokter en wat hy al gesien het moet ek nog leer. Hy het ook voorgestel dat sy ontvangs dame by kan staan maar ek het ook net gevoel dit is heeltemal onnodig. Hy het alles baie profesioneel hanteer en ek het nie eers ongemaklik gevoel nie,
Dankie dokter jy is die beste.

Dee ·

Dokters se vrouens, waarom is júlle so stil? Julle kan gerus ook deelneem aan hierdie gesprek. Waarskynlik sal julle opinies heel uiteenlopend wees.

Hannes marais ·

Dai vrou(38)is in geldelike nood.nou probeer sy op n vieslike vals manier n doktor aankla wat haar kastig sou betas het…sy gaan duisende rande eis teen hom…gelukkig weet ek daars nie aparte hel of hemele vir mans of vrouens nie…ons buig almal die knie voor een God..dit maak my baie vies DAT vrouens nou al so baie regte het DAT hul misbruik maak van interdikte en kastige onsedelike betasting

pop ·

Nouja Hannes aangesien jy vir n feit weet die vrou jok< stel ek voor jy gaan meld by die dr se regspan aan en getuig vir hom.

elzaan ·

Hierdie is nogal n moeilik enetjie, stellig dink ek dat meeste dokters 2x sal dink voor hul tot so daad sou oorgaan, nogal baie op die spel vir n vinnige betasting. Miskien het n verhouding op ‘n einde gekom en nou is die gort gaar. ‘n Mens se nie dit het nie gebeur nie maar dan moet dit n waaghalsige dokter wees.

François ·

Wil net noem dat die dokter ter sprake is weer op vrye voet is. Die SAP se ondersoek sedet die saak verlede jaar aangemeld is, is nog nie afgehandel nie. Volgens in listing is daar stukke uitstaande wat vereis word. Die hof het beveel dat hy vrygelaat word.

Tammy ·

Baie dames sal enige storie opmaak of absoluut oorboord gaan en lieg, vir aandag. Dis deesdae n groot problem. Ek se nie dis hier die geval nie, maar ondervinding het my geleer. Ons wereld is maar op n bitter lae strandaard van mensdom!!!

Griki ·

Vroue moet leer om vir hulleself op te staan. As ‘n dokter aan jou vat op ‘n manier wat jou ongemaklik maak, sê so en, indien nodig, vat jou goed en loop. En as ‘n dokter jou op enige manier ongemaklik laat voel, moenie weer na hom toe teruggaan nie. Dis wat ek sal doen. Ek het regtigwaar nie die tyd, lus of energie om hof toe te gaan oor iets wat ek self kan uitsorteer nie. As hy my bedwelm of soiets, is dit natuurlik ‘n heel ander saak. Daar is baie goeie dokters, ons hoef ons nie te onderwerp aan onbetaamlike gedrag nie.

Katrynkie ·

Ek het op ‘n past jaar gelede ‘n blaasinfeksie ontwikkel en omdat ek nie daardie stadium gewerk het nie moes ek na die staatskliniek gaan. Ek was inwendig ondersoek deur ‘n manlike Dr en ek het nog nooit so vernederd en vuil gevoel nie. Dit was ‘n traumatiese ervaring vir my gewees en ek het emossioneel so sleg gevoel dat ek dit nie met my man kon deel nie. Ek moes weer terugaan vir ander kwale maar het seker gemaak dat ek ‘n vroulike Dr sien. Noudat ek werk gaan sien ek ‘n privaat Dr en nog nooit na my ervaring met die staats Dr was ek weer deur ‘n Dr inwendig ondersoek vir ‘n blaasinfeksie nie, en sal ook volgende keer 2 keer dink voor ek dit toelaat.

amelia ·

Sjoe dit is ‘n moeilike een. Baie dokters misbruik die idee dat hul ‘n vrou moet ondersoek as pasient en baie vrouens is so aandag honger dat hul enige man sal aangee vir seksuele teistering. ‘n Mens sien dit daagliks. Hoop net dat die SAP en regstelsel sal seker maak die skuldige swing vir sy/haar dade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.