Dokter vas wat glo tiener verkrag

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

ʼn 52-jarige mediese dokter het Donderdag in ʼn hof in Limpopo verskyn op ʼn aanklag van die verkragting van ʼn 17-jarige meisie.

“Die 17-jarige meisie is op 9 Oktober omstreeks 16:00 na die dokter se spreekkamer in Nkowankowa vir ʼn ondersoek,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die dokter het haar na sy spreekkamer geroep en tydens die ondersoek het hy haar na bewering verkrag.”

Die saak is later by die polisie aangemeld. “Hulle het vinnig met hul ondersoek begin en die verdagte is in hegtenis geneem.”

Die dokter bly in aanhouding tot 17 Oktober waar hy formeel sal aansoek doen om borgtog.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mariaan ·

Dokters verkrag pasiente…onderwysers verkrag kinders…pastore verkrag gemeentelede…DIS ONS LAND….geen waardes en respek meer nie……alles verlore……en in wie se hande???……..hartseer!

Theresa ·

Het die ontvangsdame niks gehoor nie? Het die reëling verval dat die suster saam met die dokter in die ondersoekvertrek is wanneer ‘n persoon ondersoek word? In hierdie nagmerrie-land moet dit weer ingestel word.
Dis bloot “good conduct”. Indien hierdie geneesheer wel wettig gekwalifiseerd is, kan hy gerus dubbel die straf kry as ‘n gewone verkragter – aangesien hy sy vertrouensposisie misbruik het.

Lientjie ·

Dis ‘n swart Dr seker in ‘n sinkkamer agter in iemand se erf.

meisie ·

in al my jare was daar nog nooit n suster eers werksaam by n gp se spreekkaner theresa.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.