Dokter vas wat teen 229 km/h huis toe jaag

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

ʼn Mediese dokter en 13 ander spoedvrate is oor die naweek aan Gauteng se Oos-Rand in hegtenis geneem.

Die Ekurhuleni-metropolisie se hoëspoedeenheid het Vrydag tot Sondag streng wetstoepassing op die N3 naby Greylaan, die R21 naby Emperors Palace en die N12 naby die Reading-wisselaar uitgevoer. Dit het van 05:00 tot 11:00 die oggend plaasgevind.

Tydens Vrydag se optrede in Alberton is drie motoriste in hegtenis geneem nadat hulle tussen 143 en 161 km/h op die N3 gery het. Twee taxibestuurders en die bestuurder van ʼn ligte afleweringsvoertuig is na die Alberton-polisiestasie geneem.

Vyf motoriste is Saterdag in die Boksburg-gebied tussen die Griffiths-oprit en die N12-brug op die R21 in hegtenis geneem nadat hulle tussen 150 en 229 km/h in ʼn 100 km/h-sone gery het. ʼn 32-jarige mediese dokter is omstreeks 05:40 met twee passasiers in sy BMW teen 229 km/h vasgetrek. Die dokter het beweer hulle het hulle huis toe gehaas. Vier ander motoriste is in hegtenis geneem nadat hulle teen tussen 150 en 160 km/h vasgetrek is. Dié vier het almal beweer hulle is laat vir werk.

Die verkeersoptrede is Sondag voortgesit en ses motoriste is op die N12 tussen die Reading-wisselaar en die Voortrekker-afrit in hegtenis geneem. Die motoriste is teen tussen 161 en 181 km/h vasgetrek. ʼn 31-jarige bestuurder van ʼn Hyundai Elantra is teen 181 km/h vasgetrek en het beweer hy haas hom huis toe. Die ander vier het tussen 161 en 179 km/h gery toe hulle vasgetrek is en het onder meer beweer hulle is laat vir kerk, werk en die lughawe.

Volgens Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, is al die verdagtes van roekelose en nalatige bestuur aangekla. Hulle sal binnekort in die Palmridge- en Boksburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Ek dog slegs van 160km/h kan j inhegtenis geneem word

emily

Ag nee asb, Kyk tog wat die spoed beperking is, mense wat dit nou nog nie weet nie, soek net verskoning.
En daai klomp spoed oortreders sit nou seker lekker en lag, WANT daar is nie n voorbeeld van hulle gemaak nie, Maar het n ongeluk plaas gevind en onskuldige mense het gesterf, WAT sou hulle dan se.
Maak asb n voorbeeld van die idiote wat dink die pad behoort aan hulle. Kersfees kom en dan is dit weer moord en doodslag op ons paaie EN natuurlik help die korupte verkeersmense nie. Vat hulle ook vas.

H

Taxis en voertuie meer as 3500kg se maksimum spoed is 100 km/h

Anoniem

Dit is hoe dit veronderstel is om te wees kan dus nie sien hoe hulle n persoon teen 150km/uur kan arresteer nie

elna

n Mediese dr behoort van beter te weet, aai!