Dokter verkrag pasiënt glo in hospitaal

Gwen Ramokgopa, LUR vir gesondheid (Foto: Brenda Masilela, ANA)

Gwen Ramokgopa, LUR vir gesondheid in Gauteng, het Dinsdag met skok en afgryse gereageer op bewerings dat ʼn pasiënt deur ʼn sessie-dokter by die Dr. Yusuf Dadoo-hospitaal in Krugersdorp aan die Wesrand verkrag is.

Ramokgopa het gesê die beweerde verkragting het glo Maandag plaasgevind.

“Ek is hartseer oor die aantygings en dit is vir my moeilik om te begryp hoe ʼn professionele persoon wat vertrou word met die versorging van ons kwesbare pasiënte so ʼn verskriklike daad kan pleeg,” het Ramokgopa gesê.

“Hoewel ons die polisie toelaat om hulle werk te doen moet ons ʼn sterk boodskap uitstuur na ons werknemers en die breër gemeenskap dat seksuele aanrandings menseregteskending is wat ten sterkste veroordeel word en oortreders moet die volle mag van die reg in die gesig staar.”

Ramokgopa het gesê die voorval word in ʼn ernstige lig beskou en sedert die aantygings aan die lig gekom het, het die departement die dienste van die beweerde oortreder met onmiddellike effek beëindig.

“Hierdie voorval moes in die eerste plek nie plaasgevind het nie aangesien dokters opgelei word om om te gee en ons pasiënte te versorg en hulle nie op enige manier te mishandel nie. Die beweerde dokter sal ook by die Raad van Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) aangegee word vir sy beweerde oortredings.”

Die slagoffer is na die Leratong-hospitaal se krisissentrum verwys vir ʼn kliniese ondersoek, traumaberading en die insameling van bewyse.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, het intussen gesê hy is gewalg deur die beweerde verkragting van ʼn pasiënt deur ʼn dokter. Bloom het gesê ʼn volledige ondersoek is nodig om te bepaal hoe so ʼn verskriklike daad by ʼn staatshospitaal kon plaasvind.

“Ek loof die besluit van die gesondheidsdepartement wat vinnig gereageer het en die dokter se dienste beëindig het sodat hy geen ander pasiënt in gevaar stel nie. Die polisie moet hom spoedig in hegtenis neem om te verseker dat die saak so gou moontlik in ʼn hof aangehoor word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Glo niks ·

Gaan seker weer niks oorkom nie, net na ‘n ander hospitaal toe oorgeplaas word en daar die Superintendent word.

Denise Strydom ·

Hoe kan hul ‘n dokter se dienste met onmiddellike effek beëindig as dit op hierdie stadium net ‘n bewering is? Seer sekerlik kan hul die dokter se dienste met onmiddellike effek “tydelik opskort” tot en met die saak afgehandel is. Daar is altyd twee kante aan ‘n saak. Dit sal natuurlik afgryslik en walglik wees as die dokter wel skuldig bevind word, want ‘n Dokter lê ‘n eed af om mense se lewens beter te maak en te red, nie te verwoes nie. Maar in hierdie “Reënboog Land” van ons is enige iets moontlik. Sal maar kyk of daar enige iets van hierdie saak gaan kom…..

Johanna Botha ·

Goeie jimmel met watse tiepe mense het ons te maak in die land …..berge val op ons !

Wonder maar net ·

Word sy lisensie op te praktiseer ook geskrap of gaan hy soos “Glo Niks” na n ander Praktisyn geskuif word.
Gaan ons hoor wie dit is soos die man se oortredings teenoor huiswerker of gaan dit n stil dood sterf.

Valerie ·

Ja, Alida, ek kan aan ‘n paar dink al is ek Engels, maar ek durf hulle nie hardop spreek nie!

bj smit ·

dis nie net die dokters nie maar van die verpleegsters ook

Riouna Martin ·

Seker een van daardie Dr’s wat kwalifikasie gekoop het! Dit gaan mos lekker hier in SA!!!! Dit moet gestop word dis onaanvaarbaar.

Dirk ·

Riouna, is dit bewys? Dis ‘n maklike aantuiging om te maak, veral as jy nie gelukkig met die dokter is nie.

Alida ·

Vervang die HELE gesondheidsdiens en red baie mense van hierdie gruweldade.

Spokie ·

Watter verkragting moes in die eerste plek plaasgevind het? Maak nie saak wat en waar nie – verkragtings moet glad nie plaasvind nie!

Vraagteken ·

Almal neem aan dat die dokter dit wel gedoen het. Dit is op die huidige oomblik net ‘n aantuiging – dit moet bewys word! Lyk vir my almal hou daarvan om gevolgtrekkings te maak.

SjN ·

Dit laat my dink aan Oud Regter Mabel se stelling waaroor so n bohaai van gemaak was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.