Dokter, verpleegsters afgedank

stetoskoopDie departement van gesondheid in Gauteng het ʼn dokter en vier verpleegsters afgedank vir wangedrag en mediese wanpraktyk.

“Die betrokke personeellede sluit drie vroedvroue, wat nie ʼn swanger ma gehelp het nie, in,” het Phume Khumalo, woordvoerder vir die departement, Maandag gesê. “Die vrou moes uiteindelik in die straat buite ʼn kliniek in die Tshwane-distrik kraam.”

ʼn Vroedvrou van ʼn gesondheidsentrum in Soweto is afgedank nadat sy nie ʼn swanger vrou behoorlik diagnoseer het nie, en ʼn dokter het ook geweier om hulp te verleen aan die vrou.

“Ander sake waarby vyf ander lede betrek word, is na die Raad vir Gesondheidsberoepe verwys vir verdere ondersoek en tugstappe,” het Khumalo gesê. “Dertien sake is intern deur die departement se arbeidsverhouding-eenheid hanteer.”

Die departement het klagtes en bewerings van swak pasiëntsorg in provinsiale hospitale en klinieke ondersoek.

Hope Papo, LUR vir gesondheid, het gesê 373 sake is in 2012 aangemeld, en 532 sake tussen Januarie en September 2013. Die grootste aantal sake is in Gauteng by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal (39 sake), Charlotte Maxeke-hospitaal (25), Dr George Mukhari (16) en Steve Biko in Pretoria (7) aangemeld. Die sluit klagtes van nalatigheid, seksuele aanranding, tekort aan vaardighede, stelselonderbrekings en foute in. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

henriette ·

Ek het ook so n ondervinding gehad die 30ste maart met n pvt hospitaal in benoni sover my kennis aangaan mag geen hospitaal weier on na n pasient te kyk nie maak ni saak die kultuur of die geldelike omstandighede nie . En dit was gebeeldsend op tv noeleen as ek reg kan onthou , my dogter het by haar huis inmekaar gesak niemand van ons weet wat was die fout nie sy is deur haar oudste suster na die glen in benoni gejaag voor hulle sal kyk wat fout is met haar , nodeloos om te se my dogter erg teleurgesteld moes omdraai. , sy het my gekontak en ons het haar sussie deurgejaag na boksburg hospitaal waar die diens net so swak was mense sit le in rye.geen behulpsaamheid van geen niemand die pasiEnte waT reeds daar sit het ons gese wat ons moet doen en waarhEen om tegaan ons het nEt na 9 by die hospitaal aangekom van die een in benoni en is eers drie uur die oggend weer daar uit steeds weet ons Ni wat my dogter makeer het ni nou vra ek jou met hartseer trane in my oe waar is die naasste liefde en behulpsaamheid heen dan praat ons ni van die respek vir die volgende persoon nie ? Jy staan en wag dan sal die dokter self vir jou voor almal skree jy mag nie hier staan of daar sit nie nou vra ek weer is dit ni ma beter om eerder ma by jou huis dood te gaan nie ? Met sulke behandeling wat jy kry deur mense wat naassteliefde moet he en weet wat hul beroep is ni eers omgee nie waar gaan ons land heen ? Trots Suid afrika is n groot klug

Kobus ·

Net staats en geen privaathospitale op die lys. Dankie tog vir iets soos ‘n mediesefonds.

Pop ·

Kobus, net jammer almal kan dit nie bekostig nie. En waarom moet mens deesdae so duur betaal vir mediesie sorg? Is dit nie veronderstel om een van jou regte te wees nie? Deesdae (medies of nie) is die mediese bedryf net nog ‘n besigheid en het niks met naasteliefde of passie te doen nie. Ek wonder soms of die eed nog afgele word.

Paul Visagie ·

Dit is seker waar dat daar probleme is by staats hospitale.
Maar ek kan net se, ons kleinseun (4 weke oud) moes n dringinde operasie ondergaan en hy was oor geplaas Chris Hani Baragwanath-hospitaal toe van Vereeniging af.

Die diens, hulp en ondersteuning wat ons en Klein Jordin van al die personeel van Chris Hani Baragwanath-hospitaal baba saal ontvang het was puik!!!

Dankie, baie dankie Chris Hani Baragwanath-hospitaal personeel!!!

Mede lesers, moet ASB nie kla met n brood onder die arm nie!!! Sien ASB ook die gooie raak, dink net hoeveel mense moet gehelp word? En onthou die verpleeg personeel is ook net mense, werk lang ure en is onder gewelidige druk!!

Ria Maritz ·

Ek het onlangs ‘n besoek afgelê by die Steve Biko Hospitaal – wat ‘n nare ondervinding. Ek kan wel rapporteer dat die Ortopediese Afdeling, sowel as Onkologie-Afdeling uitstekende diens lewer.

Wat betref die George Mukhari Hospitaal, nog erger. Bloed was teen mure, wasbakke vuil, toiletgeriewe in die vuilste toestand wat mens aan kan dink. Die verpleegpersoneel lyk regtig of hulle die pasiënte is, my mond het oopgehang, ek kon nie glo wat ek sien nie. Ek was daar vanaf 12 uur die nag tot 7 uur die volgende oggend waar die pasiënt uiteindelik gehelp is. Moet byvoeg, die pasiënt was na die naaste hospitaal vervoer deur puik ambulansdienste.

Dit is inderdaad ‘n baie groot voorreg om lid van ‘n mediesefonds te wees, maar baie mense kan dit net doodeenvoudig nie finansieel bekostig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.