Dokter voor hospitaal vir spoed afgetrek

Dr. Johannes Smit is ‘n kritiekesorg-spesialis en spesialis narkotiseur (Foto: Middelburg Observer via Facebook)

’n Kritiekesorgspesialis van Pretoria wat na ’n private hospitaal in Middelburg, Mpumalanga, gejaag het om ’n Covid-19-pasiënt se lewe te red, is by die ingang van dié hospitaal deur Gautengse verkeersbeamptes in hegtenis geneem. Die pasiënt het gesterf voordat die dokter hom kon help.

Dr. Johannes Smit staan tereg op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur.

Die beamptes het Smit glo hardhandig hanteer tydens sy inhegtenisneming en volgens sy regsverteenwoordiger, Danie Schutte, is hy erg deur die voorval getraumatiseer.

Schutte vertel Smith is verlede Vrydagoggend (25 Junie) deur ’n dokter by die Life Midmed-hospitaal in Middelburg ontbied om ’n Covid-19-pasiënt daar te help. Die pasiënt het glo erg gesukkel om asem te haal.

“Smit spesialiseer daarin om pasiënte te help wat in ernstige asemnood verkeer en word gereeld na Middelburg geroep om met Covid-19-pasiënte te help,” vertel Schutte aan Maroela Media.

Volgens Schutte is Smit naby Bronkhorstspruit deur verkeersbeamptes van die pad afgetrek.

“Hy het aan die beamptes verduidelik hy is ’n dokter en is op pad na ’n siek pasiënt. Hy het ook sy dokterplakker in die venster van sy motor vir hulle gewys. Hulle het hom laat gaan omdat hulle besef het dat dit ’n noodgeval is.

“Smit het kort daarna weer ʼn oproep van die hospitaal ontvang wat hom in kennis gestel het dat die pasiënt se toestand drasties verswak het. Hulle wou weet waar die dokter trek en het gesê dat hulle hom nou dringend nodig het.”

Schutte vertel ’n ongemerkte motor van die Gautengse verkeersafdeling se hoëspoed-eenheid het Smit tussen Bronkhorstspruit en Middelburg agterna gesit. Hulle het hom tot by die hospitaal agtervolg.

“Smit het by die hospitaal se ingang stilgehou. Die verkeersbeamptes wat hom agtervolg het, het agter sy motor stilgehou. Hulle het sy motor skrams getref.”

Volgens Schutte het die beamptes vir Smit voor die hospitaal se ingang geboei. Hy is nie seker hoe lank hy geboei was voordat een van die beamptes die boeie van sy gewrigte afgehaal het nie. Smit is daarna self in die hospitaal opgeneem.

“Die beamptes het Smit seergemaak. Hy het letsels aan sy gewrigte gehad van die boeie wat hom geskraap het.”

Smit het by die hospitaal uitgevind dat die pasiënt intussen oorlede is.

“Die beamptes moes hul diskresie gebruik en besef het dat Smit ʼn verbintenis met die hospitaal het en om ’n goeie rede na die hospitaal gejaag het. Hy het nie moedswillig van hulle af weggejaag nie.”

Schutte sê dokters soos Smit is ten tyde van die Covid-19-pandemie reeds onder baie druk en word soms genoop om die wet te oortree om sodoende lewens te red.

“Elke keer wanneer dokters ’n noodoproep kry en ’n pasiënt te hulp moet snel, neem hulle reg in eie hande om na daardie situasie of pasiënt te jaag. Hulle plaas in die proses hul eie lewens op die spel.”

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeersafdeling, het aan Maroela Media bevestig Smit word aangekla van roekelose en nalatige bestuur omdat hy vinniger as die voorgeskrewe spoedgrens gery het.

“Volgens die verkeerswet moet die dokter met ’n gemerkte reddingsvoertuig met ’n sirene en ligte wat die voertuig identifiseer ry, wanneer hulle op ’n noodgeval reageer. Ongelukkig was dit nie só in hierdie geval nie,” het Maremane gesê.

Hennie Viljoen, Life Midmed-hospitaal se bestuurder, het ook die voorval bevestig, maar gesê die hospitaal kan nie enige kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Cindy ·

maar tog kan sg “VIP veiligheidswagte” jaag en mense van die pad af stoot nes hul wil…

Anthony ·

So gee dan vir alle dokters “company cars” met n rooi kruis op die bonnet en rooi lig op die dak

JohanR ·

Die geld is benodig vir ministers se R700000+ “company cars!” Kan nie dat die arme ministers in ‘n R250000 Corolla Quest rond ry nie…..whatever will the neighbours say!

VaalDonkie ·

Ek is omtrent 70% seker dat dokters huidiglik toegelaat word om rooi ligte te gebruik in hul voertuie. Maar ek weet nie rerig die details rondom dit nie.

Adri ·

Die dokter wat met haas op pad was vir ons jongste se geboorte in 1980 in die Pretoria-Wes hospitaal was ook deur verkeerspolisie voorgekeer. Gelukkig het hulle hom geglo en gelukkig was hy net-net betyds. Die suster aan diens was gereed om die bevalling waar te neem toe hy in die teater inbars.

Johan ·

Gwlukig was dit in 1980 toe ons nog bekwame verkeers bemptesgehad het

Racheltjie Debeer ·

So die dokters MOET met ‘n sirene en ‘n rooi lig ry, maar die staatsambulanse het GEEN sirene nodig nie, hulle kan ry soos hulle lus kry, met of sonder ‘n pasiënt aanboord. Wat van die bloulig brigade?? Hoekom word hulle nie ook vasgetrek vir roekelose en nalatige bestuur nie????

JohnnyS ·

Geen bepaling dat ‘n dokter ‘n rooi MOET opsit en definitief geen sirene. Die beamptes vandag ken nie die wet wat hulle toepas.

Anon ·

Presies, dit is doodeenvoudig onbekwame, arrogante, onmenslike narre wat ‘n dokter vir só iets arresteer.

Suzette ·

Die polisie kan vir hulle ophou hiermee, maar nkandla kan hulle nie uitsorteer nie. Wat ‘n grap!!!

marius ·

Twak man . As ek met iemand jaag hospitaal toe het ek nie ‘n lig of gemerkte voertuig nodig nie . Hulle noem dit nood toestand . Dan ry hulle boonop met ‘n ongemerkte voertuig agter hom aan ??? Dagvaar die rook uit elke een van hulle uit !

VaalDonkie ·

Ek het so 9 jaar gelede ‘n plat koepee gery. Rerige mooi kar. Vinnig ook. Maar ek het nooit rerig gejaag behalwe op ‘n oop pad nie. Ek was hoeveel male afgetrek vir allerhande nonsens, soos dat ek te lank gewag het by ‘n groen lig, of te vinning gestop het. Seg die een ou vir my “Meneer, jy kannie doen wat jy wil net omdat jy ‘n nice kar het nie”. Dis toe dat ek besef ek moet vir my eie saligheid maar ‘n “SUV” kry. En nou kry ek net ‘n kaartjie as ek verkeerd parkeer of effe te vinning ry. En dan is ek wel “skuldig”. Ironies genoeg is my SUV vinniger as die koepee wat ek ingeruil het vir hom. Maar moet tog nie vir die spietkops vertel nie, asseblief.

Carel Aaron ·

Geen beampte met 2 en meer breinselle wat werk sou die arrestasie gedoen het nie.

Die Boerepompie ·

Ja wonder as dit een van sie poliesie manne se mense is of hulle die seldeso dien hulle kan hom eder gehelp het om viniger by die hoso te kom

Cindy ·

Pierre, het jy die deel gemis waar hulle hom VOOR DIE HOSPITAAL in boeie gesit het? Wonder of jy dieselfde sou voel as dit JOU familie lid was wat dood is omdat ‘n breindood dreksel sy mag wou bewys

Josua ·

Sello Maremane, verduidelik vir ons gehoorsame burgers waar jy met jou gevolgtrekking vandaan kom dat Dokters met gemerkte voertuie moet ry as hulle na n nood toeneel toe moet jaag, ons praat hier van n hospitaal dokter nie paramedisie nie groot verskil!!! Die verkeersbeamptes jaag agter hom aan in n ONGEMERKTE VOERTUIG, VERKLAAR ASB nou jou stelling want duidelik is hier iets groot vout hulle jaag hom in n ongemerkte voertuig maar hy moet in n gemerkte voertuig ry, jou beamptes is pateties opgelei dis duidelik!!!!!!! Aangesien hulle gesaamentlik by die hospitaal opgedaag het kon hulle mos die voorval met die hospitaal bevestig het dit is wat n goed opgeleide gedissiplineerde verkeersbeamte sou doen, iemand het sy lewe verloor deur hul patetiese optrede ongeag of die persoon Covid positief was of nie, dis net jammer die afgestorwene is nie een van die beamptes se familie lede nie dan was daar nou groot spots!!!!

Patch ·

Ek het ook nog nooit gehoor van privaat dokters wat met gemerkte voertuie ry nie. Mnr Maremane se tor het duidelik van die kurkprop af geval.

Genis ·

Sonder om lelik te wees… wonder wat sou hulle doen as hulle familie moet gehelp word… oppas die wiel kan draai….

piet ·

Wat sal jy doen as die dokter se gejaag sonder sy flitsligte ‘n ongeluk veroorsaak waar jou familielede betrokke is?

Kruidjie-roer-my-nie ·

Mens kan vinnig ry en nie noodwendig roekeloos nie.

Zelna ·

Waarom staan die polisie in elke geval by die hospitaal se ingang?

Erika ·

Maar Hulle kan Hulle Mag Posisie misbruik soos dit Hulle Pas…Ne .en Nkandla toe jaag….
Hierdie Dr het Hulle die Dr Plakker gewys ..en redes verskaf dat hy oppad is na pasient om lewe te red en Tog het Hulle hom inhegtenis geneem ……Maw onderwerping aan Hulle selfsugtige mag( misbruik) moet voorkeur geniet bo n Lewe

Luister ·

Dit is snaaks! So hulle mag in ongemerkte motors sonder sirene en ligte ander karre agterna sit.

marie ·

Sjoe dit is verskriklik,,,,hoop die dr of die oorledene se familie doen iets heeltemal onmenslik,,!,,!!!!!!! Watter tipe mens is dit wat n dr wat probeer om lewe te red in hegtenis neem????????

Hannelie ·

Ai sien dit gereeld dat die plaaslike Polisie. Sekuriteitsfirmas én verkeer oor rooi lig ry of jaag na die kafee met sirenes aan. Hulle mag…maar nie jy nie. Hulle dink dis hul reg…maar jy as dokter wat jaag om ‘n geliefde se lewe te red…jy mag nie!!!
Hier is te veel reëls.
So ek stel voor gee vir ELKE liewe dokter ‘n sirene vir sy/haar voertuig.

Petrie ·

Mens moet jouself inhou om nie lelike kommentaar oor hierdie goed se denkvermoë te plaas nie….
Ry hulle dr . Ry hulle bloots..

Skollie vanni Kaap ·

Soos die Ingilse sê: “Two wrongs don’t make a right.”

Met sy roekelose bestuur het hy ook die lewens van ander padverbruikers in gevaar gestel. Hy het GEEN verskoning nie. Jammer.

piet ·

Reels is reels. Dis nou jammer maar hy moet die padreels nakom. As hy gereeld moet jaag om mense te gaan help, moet hy maar sy liggies kry en opsit. Sy gejaag sonder waarskuwingsligte is ‘n gevaar vir ander padverbruikers.

AH ·

Piet jy redeneer nou soos ‘n dwaas… Ek stem saam dat padreëls nagekom moet word, maar daar is tog omstandighede soos NOODGEVALLE waar dit aanvaarbaar is dat die spoedgrens oorskry word. Mense wat goed kan bestuur, hou nie ‘n gevaar in vir ander mense wanneer hulle vinnig ry nie, om die waarheid te sê is hulle baie meer “wakker” op ‘n hoë spoed. Wat van al die taxis en ongemerkte “spiedkops” wat nie almal bevoegde en bekwame bestuurders is nie??? Hulle jaag sommer sonder noodgeval rond soos hulle wil…

msp ·

Die anc/eff ondersteuners mag toi toi en in duisende verander maar ń dokter wat gejaag het om ń pasient se lewe te red is ontoelaatbaar! So is ń dokter vervolg en het sy pasient sy kosbare lewe verloor. Wat ń skande. Die amptenare het ń moord gepleeg omdat hulle nie genoeg verstand gehad het om maar net te verstaan nie.

Visentjips ·

Skokkend…en so sal meer en meer ander weivelde soek in die buiteland….Stank vir dank!

Johan ·

Ons trotse beskermers…julle bly bitterlik ongewild. So bly my mense is lankal uit diè mag.

Sakkels ·

Om jou voertuig te registreer as ń reddings voertuig moet jy gekoppel wees aan ń instansie soos Life. Hul sal n skrywe ook moet gee vir die doel van die lisensie. Dit kos jou ongeveer R450 ń jaar vir die lisensie vir ń reddings voertuig. Dit kan voorkom word. Ek dink al lankal dokters moet dit doen.

JohnnyS ·

Glad nie nodig – Die NRTA gee mediese praktisyns die reg om ‘n rooi lig te kan vertoon.

JohnnyS ·

Sello Maremane weet nie waarvan hy praat – Die Nationale Padverkkerswet bepaal dat ‘n mediese praktisyn ‘n rooi lig KAN vertoon. Daar is geen verpligting dat dit vertoon MOET word nie. Sy beamptes het droog gemaak, punt.

Anon ·

‘n Dokter bly ‘n mediese spesialis en as die SAPD nie hulle verstand kan gebruik in tye van noodgevalle nie en boonop verwag dokters moet met voertuie ry wat ligte en sirenes het, moet hulle wragtig hulle koppe laat lees.

agnes ·

Hulle arresteer n Dr wat n noodgeval wou help maar Hulle is te bang om n kriminele Zuma te arresteer

FBS ·

Wat word van Suid Afrika waar n verkeers amptenaar n dokter wat n lewe wou red mag aankla. Maar onsigbaar is waar daar oor stoptekens en robotte gejaag word, al staan hulle daar en gesels.

Henry ·

Jammer , maar die verkeermannne ly aan vervolgings waansin, hulle sal eerder n spoedlokval beman as om n stukkende verkeers lig uit te sorteer. Ek wil nie eers praat van al die omkopery nie. Dis geen wonder dat die publiek geen meer respek vir hulle het nie, want hulle verdien dit nie

Anoniem ·

Ongelukkig het die Beamptes nie die vermoë om te in sulke gevalle self diskresie te neem nie. Hoe stupid kan ‘n mens wees as jy sien hy jaag hospitaal toe. Jare gelede was daar ‘n verkeerskonstabel in ‘n klein dorpie in die Noord Kaap wat dieselfde met my Ma gedoen het. My Ouma het inmekaargesak by die stoor, my Ma se been was in gips en net my broer, St 9 daardie jaar by die huis. Hul het my Ouma in die motor gelaai en gejaag vir die hospitaal, ons tuin hulp het die dokter intussen gebel en hy het hospitaal toe gejaag, op pad hospitaal toe het die verkeerskonstabel my broer sien bestuur en my broer agtena gesit, terwyl sy noodligte ( flikkerligte) aan was,
by die hospitaal het die dokter my Ma ingewag en my Ouma op die stretcher gelaai, terwyl hul besig was hou die verkeerskonstabel stil en klim met sy boekie uit en begin skryf, die dokter het hom daardie dag een hou gegee dat hy lê. Vandag kan jy dit nie waag nie.

Schalk ·

Die familie van die persoon wat oorlede is moet die verkeerspolisie ook dagvaar.

piet ·

Dit lyk net vir my na ‘n logiese ding dat mediese personeel wat GEREELD na noodgevalle toe jaag waarskuwingsligte moet he. Die dokter is duidelik in die kategorie siende dat hy dikwels na noodgevalle toe jaag, dis nie ‘n enkele uitsonderings noodgeval nie.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Dit is ñ uitsondering. Ons is in ñ pandemie, in die derde golf. Dit is beslis nie normale omstandighede nie. Hy het dittot nou nie gereeld nodig gehad om te doen nie.

Danie ·

Die familie van die oorlede moet nou optree en dagvaar vir die hoogste bedrag moontlik.
Nie later nie nou terwyl die saak nog vars is.

christo ·

Kon die verkeerspolisie nie net die dokter begelei het nie? SA loop dieselfde paadjie as Zimbabwe.

Oumatjie ·

Totdat een van hulle doodsiek in die hospitaal beland. Dan moet die dokters maar stadig ry sodat hulle nie die spoedgrens oorsteek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.