Dokter waarsku teen erge griepseisoen wat voorlê

Argieffoto

Hou maar die sneesdoekies byderhand, want dokters waarsku teen ʼn erge griepseisoen wat voorlê.

Volgens dr. Pete Vincent van die Netcare-reiskliniekgroep en Medicross Tokai- gesinsentrum vir mediese en tandheelkundige dienste het talle mense reeds dié siekte onder lede hoewel die griepseisoen nou eers in Suid-Afrika begin.

“Die lande in die Noordelike Halfrond soos Amerika het ʼn relatief erge 2017-’18-griepseisoen gehad. Dit is gewoonlik ʼn aanduiding dat ons hier in Suid-Afrika ook ʼn erge griepseisoen in die komende wintermaande kan verwag,” het Vincent gesê.

As in ag geneem word dat griepverwante komplikasies jaarliks tot sowat 6 000 tot 11 000 sterftes in Suid-Afrika lei en duisende ekonomies produktiewe ure verlore gaan weens dié siekte, kan aangevoer word dat elke griepseisoen “erg” is, voeg Vincent by.

Hy meen almal wat hul gesinne dié griepseisoen, gewoonlik tussen April en Augustus, wil beskerm, moet ʼn griepinspuiting oorweeg.

Gesondheidsowerhede, waaronder Suid-Afrika se nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios), beskou die toepaslike entstof as die beste beskerming teen griep.

“Vir diegene wat die risiko loop om potensieel ernstige komplikasies soos longontsteking op te doen, moet die inenting verpligtend wees.”

Vincent raai grieplyers, veral sportmanne, sterk af om in dié tyd sport te beoefen of lang tydperke van strawwe fisieke aktiwiteit te ondergaan. “Die kombinasie van griep en oefening kan ernstige langtermyn-gesondheidsgevolge hê.”

Kwesbare groepe vir die griepvirus sluit bejaardes, babas, jong kinders, swanger vroue en enige ander mense met ʼn swak immuunstelsel in. “Sulke mense moet dit ook ernstig oorweeg om ʼn longontsteking-inenting saam met die griepinspuiting te kry.”

Die griepentstof word jaarliks volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se  virusstam-aanbevelings ontwikkel.

“Die jaarlikse entstof vir die Suidelike Halfrond wat in Suid-Afrika beskikbaar is, verskaf gewoonlik beskerming teen die drie stamme van die griepvirus wat deur die WGO se navorsers geïdentifiseer is as die waarskynlikste om daardie seisoen voor te kom.”

Volgens Vincent kom 50% van griepverwante sterftes voor onder bejaardes en 30% onder mense met MIV/vigs.

“Ondanks alles wat ons op Facebook lees, is die griepinspuiting veilig en hoewel dit nie as algehele voorkoming teen die siekte dien nie, verskaf dit ʼn goeie mate van beskerming. Hierdie inenting beskerm wel jaarliks talle lewens en alle Suid-Afrikaners moet dit oorweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Nettie ·

Aaaag ….. nee wat, ek is nie so gelukkig om griep te kry en ‘n paar dae gedurende die winter in die bed te kan bly nie. Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek gewone verkoue gehad het nie ….. mag dalk so 10 jaar of wat gelede gewees het en dan bly ek ook nie tuis nie; ek is te veel van ‘n getroue werknemer (nie dat my seniors dit raaksien nie). Almal hoes, proes, snuit, snuif en snik rondom my, maar my immuunstelsel speel sommer vinnig klaar met enige verkoue- of griep-kiem wat dit in my rigting waag.

Andrea ·

Ek ook! Ek word nooit siek nie. Nie eens verkoue nie. Lyk altyd so lekker as mense snoesig in die bed lê en soppies en sappies word aangedra. Ek doen uiteraard die aandra werk ?

Peet Schabort ·

Ek kan nie verstaan dat werkgewers en mediese fondse dit nie verpligtend maak vir hierdie inspuitngs. Ja. ek het gegaan en etlike weke later spook ek met ‘n verkoue/griep maar is nou haas oor die ding. Die inspuiting vrywaar jou nie teen griep maar wel teenoor die een wat jou wil en kan doodmaak.

Kannaland ·

Ek verstaan dit ook nie. Daar is not goveel onkundige, halfgeletterde mense onder ons wat nie die noodsaaklikheid hiervan besef nie.

Anoniem ·

Ek kry geen griep inspuitings nie en het in 44 jaar nog net twee keer griep gehad. Vir watter rede moet dit verpligtend wees as almal wat ek ken wat dit wel kry, klokslag siek word? Dit is die grootste klomp snert! Sal jy jouself bv. met kanker laat inspuit omdat dokters sê dit bou “weerstand” op? Waarom jouself met griep laat inspuit?

Albaster ·

Anoniem, gaal lees op oor “herd immunity” dan sal jy verstaan hoekom dit verpligtend moet wees.

Liezl ·

Elke keer as ek vir die griepinspuiting gaan is ek hondsiek en moet antibiotika kry. Die jare wat ek dit mis, sukkel ek slegs hier en daar met n bietjie verkoue. En ek is nie die enigste een nie. Ek sal nie verbaas wees as dit die inspuitings is wat griep versprei nie. Ek mis dit liewer dankie. Buitendien daar is goeie navorsing wat bewys dat echinacea, olyfblaarekstrak, en kolostrum jou lyf help om goeie weerstand te bied teen virusse..

Dirk ·

Liezl, ek is nou nie ‘n kenner nie, maar is die griepinspuiting juis ‘n virus nie. Die liggaam se immuunstelsel is dan veronderstel om vroegtydig aan te pas sodat wanneer jy die virus in die winter kry, jou immuunstelsel hom kan afweer?

Onkunde ·

Nee Liezl, skoenmaker hou jou by jou lees. Jou observasie is net toevallig, miljoene mense ervaar beter gesondheid. Ek betwyfel die die dokter se bevoegdheid wat elke keer dan vir jou antibiotika voorskryf, ek stel voor om meer op te lees oor gesondheid en om n nuwe dokter te kry.

Chrisna ·

Presies dieselfde met my gebeur. Jaar na jaar. Ek dink ook nie dis toevallig nie

Kannaland ·

Ek verstaan dit ook nie. Daar is not goveel onkundige, halfgeletterde mense onder ons wat nie die noodsaaklikheid hiervan besef nie.

Griepinspuiting ·

Aan al die ‘kundiges’ hierbo : dalk moet julle self maar bietjie oplees en nie alles glo wat die medici aan julle voorhou – die GI is sowat 33% effektief oorsee. (Statistieke vir 2018 nog nie beskikbaar vir SA)
Verseker het die GI ook newe-effekte.
Neem self ‘n ingeligte en oordeelkundige besluit toepaslik op jou eie situasie

Miekie ·

Ek kry elke jaar die griep inspuiting en bly heeljaar gesond. Voor ek griep inspuitings gekry het , het ek een dag genies en geproes, Volgende dag Brongitus.
So ek glo nogal aan daai inspiuting

Anti Inspuit ·

Die tyd het aangebreek om nie net blindelings te glo wat jou dokter jou altyd voorskryf nie!! Doen bietjie navorsing oor die newe effekte van die griep inspruiting en maak dan jou eie besluit.

Danie ·

Nee wat – hoeveel navorsing kan regtig gedoen word? Binne 6 maande word virus isoleer, entstof ontwikkel, getoets, goedgekeur, en vervaardig in miljoene – iewers word kans gevat met die doelwit om geld te maak.

Austria Flu ·

Die griep vanaf VSA is genaamd Aussie flu dit kom vanaf Austria / Oostenryk. Iets wat werk maar slegs gekry kan word op voorskrif is Tamiflu. Die griep is nie grappies nie. Praat uit Ondervinding. Gaan lees op oor dit! My man het dit aangesteek by kollegas vanaf VSA hier in S.A.

Corlene ·

Jip, ek het ook Aussie-flu gehad begin van die jaar – het dit opgetel in Skotland in húlle winter. Dié griep het koerantvoorblaaie in Ierland gehaal agv die hoeveelheid mense wat gehospitaliseerd en dood is. Dokter hier in SA het dadelik vir my Tamiflu voorgeskryf. Ek was tussen 3 en 4 weke siek. Dié griep is nie snaaks nie en mens hoes jouself half besimpeld. Bly weg van kinders of oumense as jy dink jy het dit. My probleem met die griepinspuiting is wel dat dit gewoonlik nie die nuutste ‘strain’ griep wat rondgaan bevat nie. Teen die tyd wat mens dit kry is daar klaar weer ‘n mutasie van die virus. ‘n Paar dokters/aptekers waarmee ek hieroor gesels het beaam dit. Die Aussie-flu se ‘strain’ is H2N3, so hoor maar by jou apteker of die griepinspuiting hom bevat voor jy besluit. Ek kry al jare griepinspuitings en met of sonder hom, word ek minstens een keer per jaar siek. Noudat ek wel my beurt in Januarie gehad het, hoop ek dat ek nou immuun teen hiérdie outjie is!

Austria Flu ·

Dis presies nes jy daar sê.

Het vriendin in Engeland wat met bejaardes werk en sy sê dit was baie erg gewees.

Dokter het nie geweet wat om van my man te maak nie, want hy het volgens hom nog nooit so iets gesien nie.

Gelukkig het my dogtertjie nie aangesteek by my man nie.

H2N3 kan ook gekoppel wprd aan varkgriep.

Inspuiting ·

Om ingespuit te word met n lewendige virus gee jou juis die siekte en jy loop en versprei dit. Meer die griep “strains” wat dit bevat is nie eens die griep “strains” wat vollop was in die Noordelike halfrond nie, nou moet jou immienstelsel wat reeds onder druk is meer vatbaar vir virusse dit veg. Nie eens genoem van al die gemors wat in die spuite is!

Mediesie is n besigheid, gesonde mense betaal nie, hou dit ingedagte! Gaan doen eers goed jou navorsing oor die spuite voor jy jouself en jou gesin in gevaar plaas. Wanneer jy werklik weet waarvoor jy in is, dan kan jy n besluit maak of jy steeds wil spuit al dan nie.

Ons is BAIE GESONDER van ons nie meer spuit!

Yolandi ·

“Herd immunity” sal nooit gebeur met inentings nie want geen inenting kan ‘n siekte voorkom nie. Snaaks dat elke keer as die “goverment” besluit om kinders by die 1000 in te spuit teen kinder siektes mens die een geval na die ander hoor van die kinders wat dan wel die siekte kry. Na dit word dit gese daar is ‘n “outbreak” en word jy aan geraai om weer die inenting te kry.

Die feit dat ons “goverment” aandele het in die maatskappy wat inspuitings vervaardig en versprei laat my al klaar 2 keer dink aan gesien inentings in ons kele af gedruk word.

God het nie ‘n fout gemaak toe hy die mens gemaak het nie, ons het nie gifstowwe nodig om gesond te bly nie. Daar is baie beter, veiliger en natuurlike maniere om gesond te bly.

nolene ·

Yolandi perfek gese. Een groot korupte besigheid. Spuit jou in met gif net om siek te raak van die kwaal of self van die gagga goed en dan moet jy net weer geld bestee.

Jeanette Alberts ·

Beide ek en my man is diabete en het longprobleme. Kry elke jaar die griep inspuiting. Kry verkoue. Maar beland nie meer in die hospitaal met erge komplikasies nie

B ·

Ja, ek wil graag myself inspuit met n lewendige virus, sodat ek almal om my wat nie ingespuit is kan siek maak (wat van pas ebore babas, en mense wat nie die aspuite kan gebruik) en my eie imuun stelsel ook sommer kan komprimiseer. “herd immunity” Is bedoel vir skape. Baie meer effektief om n gesonde dieet te volg, En n goeie vitamien C aanvulling te gebruik, sodat mens jou God gegewe imuun stelsel kan help veg . Die mense wat gal braak oor on-ingeligte besluite, asseblief instede van kommentaar, gee feite. Dokters maak net geld van sie mense, nie van gesonde mense nie.

Liezl ·

My dokter is nie die probleem. Ek weet antibiotika help nie vir griep nie, maar ek kry dit so erg dat hy dit vir ingeval voorskryf sou dit bakteriele infeksie wees. Gewoonlik laat doen hy bloedtoetse ook. Daremm die laaste paar jaar was dit nie nodig nie, want ek kry nie die griepinspuiting meer nie en nog nie weer griep gehad nie.

JO-Anli ·

Ek het getrou vir 5 jaar griepinspuiting gekry, glo my sal nooit ooit weer nie, was so siek het 3 ,keer in hospitaal beland twee dae na inspuiting. Nou al12 jaar wat niekry nie en het nog nie een keer griep of verwante siekte gekry nie. Hou maar verby dankue.

Lize Schlebusch ·

Mens moet seker ‘n spesiale soort stupid wees om nog te glo dat die griepinenting werk. Dis ook nir vir veiligheid getoets vir swanger vrouens nie. Inteendeel het baie miskraam gehad kort na die spuit. Doen SELF navorsing. Albei kante toe. Lees die voubiljet ens. Besluit dan self.
En mense wat skree vir verpligte spuite is sommer nog dommer. As een mediese besluit op jou afgedwing kan word, wat is volgende? Verpligte sterilisasie? Verpligte aborsie? As een ding eers ‘mandated’ word, is daar bitter min rede hoekom hul nie nog iets sal afdwing nie. So wees baie versigtig vir daardie stelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.