Dokter wat glo aborsie afraai, vra dat saak geskrap word

Dr. Jacques de Vos (32).

Dr. Jacques de Vos, wat glo ʼn swanger vrou meegedeel het dat haar ongebore baba ʼn mens is, se regspan het vandag gevra dat die saak teen hom geskrap word.

Die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) kla De Vos (32) van onetiese gedrag aan. De Vos was ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het weens dié beweerde opmerking en hy is sedert Julie 2017 gevolglik verbied om te praktiseer.

Die saak teen hom, wat nou reeds jare lank sloer, is vandag in Kaapstad hervat.

Martus de Wet, De Vos se regsverteenwoordiger, het Maandag gesê adv. Keith Matthee SC het vanoggend aangevoer dat die saak teen De Vos van die rol geskrap moet word.

Matthee het onder meer aangevoer dat die verrigtinge onwettig is weens die RGB se versuim om sekere dokumente te verskaf wat ʼn billike verhoor moet verseker, asook weens die talle vertragings waardeur die saak gekenmerk word.

Die aanvang van die saak is boonop vertraag terwyl daar gewag is vir die RGB se aanklaers om op te daag, het De Wet gesê.

Hulle sal na verwagting later vanmiddag op De Vos se aansoek reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Me ·

Hoekom moet die Dr moord pleeg deur a ander persoon. As jy nie a baba wil hê nie gebruik die pil

JohanR ·

In Suid Afrika mag jy nie meer ‘n opinie he nie. Doen soos EK se, is die kommuniste gesegte.

Francis Linstrom ·

Dr, ons het net respek vir jou. Die klaer behoort haarself te skaam.

Ram Roos ·

Ek haal mý hoed af vir jou Dr de Vos! Die huidige bestel beskou ‘n aborsie as ‘n geboorte beperkings middel wat totaal verkeerde gevolge voort bring. Één daarvan is jóu vervolging en ek wens jou sterkte toe! Do so voort! ????????????

Nettie ·

Frank, as daardie babatjie op sy of haar eie kan asemhaal, funksioneer as ‘n mens, dán eers is dit ;’n volwaardige mens. As dit ‘n embrio of fetus van 8 – 12 weke is, kan dit nog nie laasgenoemde doen nie; dan is dit nog nie ‘n mens nie. Daarom is aborsie nie moord nie. As mens só reken, dat moet jy ook reken dat die Pil – of enige ander voorbehoedmiddel – middels tot moord is, want dit verhoed nie bevrugting nie, dit verhoed inplanting van ‘n reeds-bevrugte eiersel of embrio in die baarmoeder.

Hanna Hoekom ·

Natuurlik was die ongebore baba n “mens”! Sy het tog nie n hasie of n hondjie verwag nie? Ons hou duim vas dr. Jaques. Wat het toe van die babatjie geword (net vir interessantheid)?

GM ·

Dink net hoeveel ondervinding kon hy opgedoen het terwyl die saak so sloer. Hy verloor nie net wat inkomste aanbetref nie, maar ook wat groei in sy beroep aanbetref.

Dis belaglik dat die vrou wil geldmaak uit so ‘n storie. Sy het die reg om na ‘n ander dokter toe te kon gaan, net soos die dokter die reg het om nee te sê vir die uitvoer van aborsies.

Stebastiaan ·

Sy moes gedink het voor sy onbeskermde sek gehad het, nou moet ‘n onskuldige kind ly a.g.v haar onbesonne daad. Staan sterk dok vir jou eerbare Christelike beginsels.

Essie ·

Jy sal geseen word dr. Dankie dat jy vir die onskuldige babas baklei. Ek wens daar was meer soos jy!!

Snowflake ·

Eties het jy korrek opgetree dr…… daar is mos etiese waardes in jou beroep……

Natascha ·

Staan vas. Dit is waar wat hy gese het. Dit is n mensie.
Buitendien as jy nie kinders wil he gebruik iets. hoekom n onskuldige lewe neem omdat jy jouself nie in toom kan hou.
Die ma moet eintlik gestraf word.
Ons staan agter jou Dok. Jy het niks verkeerds gedoen.
Mag die Here met U wees.

Mara Swanepoel ·

Dr de Vos die Here juig oor jou besluit moet nooit twyfel nie.

Attie. ·

Dr de Vos, ek staan vierkantig reg agter jou. “n Fetus is ‘n embrio is ‘n mens. Dit is moord om ‘n baba te aborteer.

Nettie ·

@Attie, dan is jy ook seker gekant teen die gebruik van voorbehoedmiddels soos die Pil en inspuiting, want hierdie middels verhoed nie eiersel-bevrugting nie, maar wel embrio-inplanting in die baarmoeder ná bevrugting- m.a.w. ‘n embriotjie of fetus wat dan reeds “mens” is soos julle sê, word lewensvatbaarheid ontneem. Presies dieselfde met aborsie, die enigste verskil is slegs dat die een prosedure fisies uitgevoer word en die ander chemies uitgevoer word.

Hanlie ·

10/10 Dr De Vos!!!! Jy het die volste reg gehad om ‘n lewetjie te spaar. Trots op jou. Sy het seker die aborsie by ‘n onwettige straatdokter laat doen, as jy my vra. Skande

Anne ·

Ek ondersteun hom ook. Dankie dat jy by jou beginsels staan dok.

Luister ·

Ernstige tekort aan dokters in die land, en hierdie een mag nie werk nie. En dit omdat hy etiese beginsels het. Belaglik!

Danielle uit NZ ·

Dankie Dr de Vos, om die te lees gee my hoop vir ons skepper se kinders in RSA… Jy sal geseen wees vir al jou dae wat jy ons Vader se gebooie gehoorsaam.

@Nettie, jy is baie duidelik VIR aborsie, en daarom jou aanhoudende aanmerking oor voorbehoedmiddel. Alhoewel ek nie ‘n voorstaander vir voorbehoedmiddel is nie, is dit steeds nie aborsie nie. Daar is nie n hartklop nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.