Dokter wat glo Vergoedingsfonds bedrieg, weer in hof

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die uitspraak in die saak teen dr. David Michael Adams (41), wat daarvan beskuldig word dat hy die Vergoedingsfonds van die departement van arbeid uit byna R400 000 bedrieg het, is in die Pretoria-landdroshof uitgestel.

Teboho Thejane, die woordvoerder van die departement van arbeid, het Dinsdag gesê die verdediging het versuim om hul betooghoofde betyds in die dien om die hof in staat te stel om uitspraak te lewer.

Hy het gesê Adams staan tereg op 29 aanklagte van die oortreding van artikel 6 van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad en 29 aanklagte van diefstal. Hy het na bewering die Vergoedingsfonds uit R396 660 bedrieg.

Maroela Media het vroeër berig Adams is in 2011 in hegtenis geneem terwyl hy sy praktyk in Lehurutshe (Welbedacht), Noordwes, bedryf het. Hy is sedertdien op borgtog vrygelaat. Adams het in September 2016 skuld op die aanklagte teen hom ontken.

Die saak is tot 28 Maart uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francie ·

Daardie is die oortjies van die seekoei.
Dis skrikwekkend hoe sg Distriksgeneeshere geld van die staat kry vir hulle “dienste”. Om nie eers te praat van lêers wat vir hulle eenkant gesit word om voorskrifte vir medikasie te hernu en goed te keur nie. Hulle teken doodeenvoudig net die dokumentasie en eis vir ‘n volledige konsultasie, sonder om ‘n oog te lê op die pasiënt . En die staat
( lees belastingbetalers ) moet betaal.

lorayne ·

Askies Francie, ek dink jy het die bul op die verkeerde plek beet hier! ‘n Distriksgeneesheer is in diens van die Staat en werk vir ‘n vasgestelde salaris . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.