Dokter wat ma van Tembisa-10 ondersoek, ‘gʼn ginekoloog’

Die 37-jarige Gosiame Thamara Sithole van Tembisa. Langs haar sit haar man, Tobogo Tsosetsi. (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/IOL)

Die dokter wat bevestig het dat die 37-jarige Gosiame Thamara Sithole, ma van die omstrede Tembisa-10, inderdaad swanger was en ʼn onlangse keisersnee ontvang het, is glo nie eers ʼn gekwalifiseerde ginekoloog nie.

Dr. Mpho Pooe het Sithole aan die begin van die maand, op aandrang van Independent Media, ondersoek en glo bevind sy het wel ʼn keisersnee ondergaan. Sy het Woensdag tydens ’n konferensie van Independent Media dit bevestig.

Dokters van die Steve Biko- akademiese hospitaal en verbonde aan die Universiteit van Pretoria (UP) het ʼn dag ná die konferensie in ʼn verklaring bevestig Pooe is volgens die rekords van die Medisyneskool van Suid-Afrika (CMSA) nie as ʼn verloskundige en ginekoloog gekwalifiseer nie. Daar is boonop geen rekord van die kinders se geboorte by Tembisa-hospitaal, soos Independent Media beweer, nie.

Luidens die verklaring was nie een van hul mediese personeel betrokke by die geboorte en voorgeboortelike of nageboortesorg van ’n pasiënt met meer as agt babas nie.

Independent Media volstaan by berigte in Pretoria News wat daarop dui dat die babas in Tembisa-hospitaal gebore is. Die groep voer boonop nou aan dat daar ʼn moontlikheid is dat die babas slagoffers van ’n mensehandelsindikaat in Gauteng is.

Tienlinge uiters skaars

Volgens medici van die Universiteit van Pretoria is die spontane voorkoms van vierlinge en meer uiters skaars.

“Die natuurlike voorkoms van vierlinge sal na raming in 1 uit 600 000 geboortes voorkom, terwyl ʼn vyfling waarskynlik net een keer in 15 tot 20 miljoen geboortes sal voorkom,” lui die verklaring.

“Die gemiddelde duur van swangerskap vir vroue wat ʼn vierling dra, is 31 weke. Slegs vier swangerskappe waar die ma nege babas gedra het, is voorheen in die mediese geskiedenis aangemeld. In twee van hierdie swangerskappe het geen van die babas oorleef nie.”

ʼn Vrou het wel onlangs in Mali geboorte aan ʼn negeling geskenk. Die babas het by geboorte tussen 500 – 1 000 g geweeg. Die babas is op 30 weke gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

miavos ·

Die storie is deurspek van onjuisthede waarvan die minste is dat die ‘pa’ haar man is.

Magda ·

Ag asb nie Lees waardig ni, ni berig gelees ni gee net kommentaar. Maroela gee asb nuus wat wel belangrik is, ni di gemors ni Asb.

Daleen ·

Dis ‘n VROULIKE dokter so HAAR kwalifikasies. Bitter onregverdig om so kommentaar te maak. Altyd my kinders geleer as jou grappie ander seermaak of afkraak is dit nie meer’ n grap nie.

Boon ·

Independent Media, sy voorsitter en die joernalis moet net bewyse bring. Beide se geloofwaardigheid is onfer ernstge verdenking. Want die hospitaal het geen sodanige rekords nie, en niemand het nog ENIGE kind gesen Dis so eenvoudig.

JohanR ·

Daar WAS NIE 10 babas nie. Daar was nie eers een baba nie! Waaneer gaan die bog en lig storie end kry?

Boon ·

Die voorsitter van die koerantgroep is ook onder vetdenking dat hy miljsrde by die staat se beleggingskorporssie geleen het vir projekte wat toe nooit gematerialiseer het nie. Baie mense sit nou met rooi gesigte weens die dr se Gupta-tipe werkwyse

Jr ·

Hoekom het hulle die hele spul nie net aangegaan op die NORMALE SA se manier totdat dit oorgewaai soos meeste omstrede gevalle in SA. Maar nee nou lieg hulle self nog verder vas. “Our people” are really funny and are a comedy show on their own. I don’t for the life of me understand where they get these lies from, maar hell HULLE kan hulself lieg uit ‘n papier sakkie en hartseer DAAR SAL mense wees wat die poof sal glo

Hannes ·

Dit wil voorkom of Dr. Mpho Pooe ‘n bietjie poooef praat!

JL ·

Is dit regtig nodig om tyd en geld hieraan te standees. Daar is soveel meer wat nuuswaardig is. Hierdie behoort tot ‘n skinderblad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.