Dokter wat swanger vrou glo verkrag in hof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige dokter het Woensdag in ʼn Vrystaatse hof verskyn op aanklag dat hy ʼn swanger vrou verkrag het.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die dokter het vlugtig in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn. Die saak is tot 7 Desember uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Mophiring het gesê die 29-jarige swanger vrou beweer dat sy Sondagmiddag na ʼn plaaslike hospitaal in Qwa Qwa is vir ʼn ondersoek toe die dokter haar glo verkrag het. Sy het die beweerde voorval by die hospitaalbestuurder aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.