Dokter weer in hof ná beweerde verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Die mediese dokter van Limpopo wat daarvan verdink word dat hy ʼn tienermeisie in die Lebowakgomo-hospitaal verkrag het, sal na verwagting Vrydag weer in die Thabamoopo-landdroshof verskyn.

Die dokter, wie se naam nie genoem mag word alvorens hy gepleit het nie, is in Mei in hegtenis geneem nadat die meisie gekla het dat hy haar verkrag het toe sy hom vir ʼn konsultasie by die hospitaal besoek het.

Die dokter is tans uit op borgtog van R1 000. Tydens sy vorige hofverskyning het die polisie aan die hof gesê die slagoffer het gesloer om die klag aan te meld en dat dit die staat se saak verswak het.

Ao. Bhakubu Ntsoane, die ondersoekbeampte, het gesê die meisie het 72 uur geneem om die saak aan te meld en dat dit te lank is.

Die dokter het deur sy regsverteenwoordiger aangedui dat hy onskuldig gaan pleit. Hy voer aan hy weet niks van die sogenaamde verkragting nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa ·

Daarom was dit in die goeie tye praktyk dat die dokter ‘n suster ook by het tydens enige ondersoek/konsultasie. Dit maak tog sin.

Lance ·

Goeie jimmel wat n damn skande ! Regsgeleerde vrou se woorde is wragtig waar !

Suster ·

Natuurlik sal hy dit ontken! Daar is baie soos hy wat die beroep ‘n slegte naam gee, ek hoop geregtigheid geskied vir die slagoffer. Baie sterkte aan haar!

dirk ·

ek glo niks meer nie. die dr het seker politieke aspirasies gehad. Theresa se kommentaar maak alle sin

Bertha ·

Ek het gedink ek sal dit nooit sê nie, maar regtig, die Here gaan julle straf. Ek ken die meisie en dit is ‘n gruwelike skande dat dat julle sommer besluit het dat sy lieg omdat die man ‘n wit dokter is. Skaam julle. Dis hoekom hulle wegkom daarmee, maar alle duistere dade sal weldra in die lig ontbloot word! Miskien nie vandag nie, maar eendag.

Nee nee wag bietjie ·

My kommentaar is nog nie geplaas nie, maar Bertha, daar is slegs een dame wat dink so iets kan ‘n lokval wees, ek het geantwoord, dit is egter nie deur nie. Sy studie en beroep plaas hom in ‘n vertrouensposisie en maak nie saak of die vrou haar op jou afddwing, jy moet profesioneel bly en asb Bertha, of sy wit / swart pers of rooi is, gee haar nie minder reg om vrou te wees en nie verkrag te word nie. Dan die dokter/ verkragter maak nie saak watter kleur hy is nie, hy het geen reg om dit te doen nie, geen verskoning wat hy ookal opper regverdig dit nie. Lokval, ontmoontlik, ‘n dokter lê ‘n eed af en is veronderstel om na 7 jaar se ingewikkelde opleiding darem meer inteligensie aan die dag lê, hy moet dus weet om tussen reg en verkeerd te onderskei. Mag die Vader gee dat hy nie loskom op ‘n klein tegniese punt. Hy moet leer dit is nie ‘n dokter dokter speletjie nie. Alle meisies en vroue het die reg om veilig te wees en verkragting is nie veilig nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Edward ·

En ons onbeholpe polisie raak nou ewe skielik wetsgeleerde en kan opinies uitspreek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.