Dokters besig met sloerstaking by KwaMhlanga-hospitaal

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Bedrywighede by die KwaMhlanga-hospitaal in Mpumalanga is ontwrig toe die dokters met ʼn sloerstaking begin het oor verskeie kwessies, waaronder swak werksomstandighede.

Minstens 15 dokters het Donderdagmiddag met die sloerstaking begin.

ʼn Afskrif van die memorandum van griewe en eise is aan die African News Agency (ANA) verskaf. Die dokters eis onder andere dat die waarnemende uitvoerende hoof van die hospitaal Lynette Mahlangu, dadelik moet bedank.

In die ongetekende memorandum, gedateer 22 Desember, beskuldig die dokter Mahlangu daarvan dat sy onbehoorlik reageer het op mediese kwessies, en dat dit gereeld daartoe lei dat hul verlof gekanselleer word.

“Indien die waarnemende uitvoerende hoof [Mahlangu] nie vandeesweek bedank nie, sal ons met ʼn volle staking begin,” het een van die dokters, wat anoniem wou bly, gesê. “Ek kan nie vir julle volledige besonderhede gee oor die slegte toestande waarin ons werk nie. Ek kan net sê dat ons nie in só plek kan werk nie.”

Volgens die memorandum beskuldig die dokters Mahlangu ook daarvan dat sy verdeeldheid saai by die hospitaal en beweer dat van die dokters nie gekwalifiseer is nie. Die memorandum sluit ook ʼn aantal administratiewe probleme in wat hulle wil hê dringend aangespreek moet word deur owerhede.

Dumisani Malamule, woordvoerder van die departement van gesondheid, het die dokters se sloerstaking bevestig. “Die dokters het gesê hulle het vertroue verloor in die waarnemende uitvoerende hoof en hulle het ʼn aantal kwessies geopper, waaronder werksomstandighede. Ons vergader tans met die dokters en sal die uitslag bekend maak sodra dit beskikbaar is. Die dokters lewer steeds hul dienste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

CHRISTA ·

Dit breek my spoed!! In die verlede was ons mediese dienste van die beste ter wêreld, maar die ANC kon na hulle oorname nie eers die standaarde handhaaf nie, nog minder verbeter – daarom wil hulle grootkoppe self nie eers hulle eie mediese dienste gebruik nie!!! DIT SPREEK BOEKDELE!!!

Pasiënt ·

En dan moan hulle as daar dokters ingevoer word wat wil werk! Hulle het ñ eed gesweer om te red en nie te laat sterf nie!!! Wat beteken dit vir hulle??? Net mooi nix!!!

Anoniem ·

Pasiënt, OOR DIE ALGEMEEN het die dokters wat in Kuba opgelei word, ‘n mooi “bedside manner”. Die res van hul opleiding is egter nie op dieselfde standaard as die dokters wat in SA opgelei word nie. Tog kan mens ver kom met ‘n toegewyde Kubaanse dokter wat bereid is om hard te werk en te leer.

Vic ·

Eerstens het jy geen idee van die omstandighede nie. Tweedens, dokters sweer geen eed om te red of enigiets anders nie. Sou van jou verwag word om onder dieselfde omstandighede te werk, kan jy kommentaar lewer.

Johann ·

Dis al wat die meeste gestudeer het is STAKINGSTENOLOGIE, Of is dit slapheid in die knieë

JRB ·

Kan daar enigsins ‘n verskil waargeneem word tussen die sloerstaking en die gewone trant van verrigtinge by die hospitaal? Wonder maar net.

Sanrie ·

Ek dink dit is hel om in ‘n staatshospitaal te werk, Die mense werk hulle dood. Ek dink dit is uit pure radeloosheid dat hulle oorgaan tot sulke drastiese stappe. Ek glo hulle het al baie gekla maar dit val op dowe ore. Ai, hoe het ons land nie verval nie. Dis om van te huil. Nie net mediese dienste dienste nie, maar ALLES is in ‘n toestand. Die ANC het net nie die vermoe om ‘n land te regeer nie. Alles het soos ‘n ge-oliede masjien geloop in 1994, maar daarna het die wiele begin afval. Nou sit ons met nog net met die stuurwiel in die hand. Maar wat help dit;? Al die wiele is af.

Juanita ·

Self met Dr getroud wat vir die staat werk en hulle werksomstandighede is baie sleg. Meeste v die tyd net Panado vir pyn verligting, toerusting breek in teater terwyl hy opereer. Verskeie wilde diere uit teater gered. Net die hospitaal bestuur kan dit uitsorteer. Kla help glad nie so wat moet die Dr doen om dit beter te maak vir pasiente?

jaco ·

meeste mense wat n staatshospitaal gebruik, is te arm vir privaatbehandeling. en as ek die rassekaart speel, dan is die meeste mense wat n staatshospitaal gebruik nie wit nie. danksy regstellende aksie is die meeste dokters en ander personeel in staatshospitale ook nie wit nie. So wat dus gebeur, is dat hierdie dokters se staking die oorlewing van hulle rasgenote benadeel. dis seker maar ok as die slagoffers wit is, want dis mos mode om wit mense sleg te behandel, maar dis n skande as hulle nie eens dink aan die welstand van hulle rasgenote nie.

Anoniem ·

Jaco, die meeste dokters wat in die staatshospitale werk is “interns” (pas gekwalifiseerde dokters) en dokters wat hul Zuma jaar werk. Jy word nie aangestel volgens ras nie. Die bestuur van die hospitaal word wel volgens ras aangstel, en is nie noodwendig bekwaam nie. ‘n Dokter kan net so goed werk as die middele wat tot sy/haar beskikking is. Jy kan bv nie steke insit as daar nie steke IS om in te sit nie. Jy kan dit wel sonder lokale verdowing doen as daar nie verdowing beskibaar is nie, maar dis traumaties vir die pasiënt (en onlekker vir die dokter). Ek het al gehoor van ‘n dokter wat op ‘n rowwe skof ‘n pasiënt se eie beld gebruik as toerniket om die bloeding van ‘n meswond te probeer beheer, want daar is niks anders om te gebruik nie! Hierdie dokter het na die skof op die hospitaaltrappie gaan sit en huil. HOE moet jy pasiënte goed help onder sulke omstandighede? Baie dokters is nie daar vir die geld nie (anders as wat sommige mense graag glo) maar om sy medemens in ‘n uur van nood te help. Hulle werk onmenslik hard in die staatshospitale. In my oë is hierdie ‘n desperate poging om JUIS omstandighede van die pasiënte te probeer verbeter.

Marius ·

Ja, is pateties van ‘n mediese dokter om te staak. Maar deesdae voel ek ook om als oor boord te goeie a.g.v. die swak omstandighede waaronder ‘n mens jou beste probeer gee. Ek is nie ‘n dokter nie, maar genoeg, is genoeg.

Nou wat nog. ·

Juanita en Anoniem weet waaroor dit gaan met ons dokters. Behalwe die 9 jaar, moet hul nog 4 of 5 jaar spandeer om te spesialiseer. Daarvoor is hul afhanklik van hospitaalbestuur maar kry net 6 maande kontrakte wanneer hulle moet plek maak vir die wat “pas afgestudeer” het. Hy staan in vir chirurge en maak mense heel wat uitmekaar geskied is, met die mees elemetêre toerusting. Die Reg. kommentaar “well done” maar ses maande later sit hy sonder ń pos. Hoe dink julle voel iemand na 10 jaar, hy red mense lewens maar hy sit sonder ń job!!! Glo my, dis gal bitter…
Wie kan ons dokters kwalik neem as hulle die pad vat..

Wat verwag jy? ·

Dokters werk met die mees basiese toerusting, moet hul lewes red. As hul wil spesialiseer, moet hul nog jare in ‘n staatshospitaal werk. Hy word nie die geleentheid gegun nie nieteenstaande sy 8 onderskyding en hy elke jaar gepromofeer het.
Werk 30 uur plus dan moet hy vra of hy mag gaan slaap….

Yster ·

Sanrie. Jy slaan die spyker op sy kop. Alles val plat in hospitale. En niemand doen iets nie. Drs .moet lid wees van die HPCSA met n ledegeld wat betaal moet word. Maar hulle beteken ook net mooi niks in gevalle om Dr. te help nie. As daar net iemand is wat kan besef dat medies baie nodig is. Beste wat ek nog gehoor het is van stukkende hysbak wat nie pasiente by operasie teater op 2de vloer kon kry nie. Met tragiese nagevolge. En dit in n staatshospitaal. Waar gaan ons ou landjie heen. Waneer gaan dit verander . Ek skaam my vir my eie land.

Anoniem ·

Gun my asb om nog ‘n eier te lê…. staatshospitale is hopeloos “understaffed” met dokters. Bv slegs 3 uit 11 poste by ‘n hospitaal is gevul. Deesdae word meer dokters opgelei, maar daar word nie begroot om daardie ander 8 poste met ekstra interns te vul nie. Die gevolg: die 3 dokters wat reeds aangstel is, werk nog steeds onmenslike ure. Ter selftertyd is daar interns wat nie poste kry nie want daar is nie begroot vir hul salarisse nie! Die intern sonder ‘n pos kan nie ‘n privaat praktyk begin alvorens hy nie sy 2 jaar internskap en Zuma jaar voltooi het nie. Wat moet die intern sonder ‘n pos nou doen – handjies gevou by die huis sit? Kan jy die intern in daai posisie kwalik neem as hy oorsee gaan werk en nooit terugkeer na SA nie? (Want sou hy terugkeer, al is dit na 30 jaar, moet hy nog steeds sy 2 jaar internskap en Zuma jaar in SA voltooi.) SA dokters word opgeraap in die buiteland. Dit terwyl die nood in SA so groot is! Swak beplanning is die oorsaak van baaaaie probleme in die openbare gesondheidsorg….dan praat ek nie eens van swak beplanning met die aankope (en betaling!!!) van goed soos medisyne nie. My bloeddruk styg sommer as ek oor hierdie goed begin praat.

Yster ·

Anoniem. Mooi skoot. Ek kan sien jy weet waarvan jy praat. En jy het beslis n konksie met n Dr.of 2. Ek weet van baie , maar sommer baie Drs. Wat oorsee is en wil terug kom. Maar na wat toe. So n gemors. Nee dankie sê hulle.

Ek het beter tools ·

Toerusting word na die vervaardigers vir herstel. Betaling word geweier. Dis nie deur hul “kontakte” gestuur vir herstel nie want dan kry Mnr.. nie sy “cut” nie.
Gevolge: die toerusting word nie afgelewer nie en dokters moet maar “sien kom klaar” Hoeveel moet ons dokters en pasiente nog vat???…siek….siek…siek!!

Geurt Bloem ·

My eie dogter werk ny staatshospitaal, so paar feite vir ongeliwiges se kommentaar: Die dokters werk gemiddeld 80 ure n week en dus dubbel wat ander mense werk. Hulle word egter net 80 ure per maand oortyd betaal, dus net helfte van wat hulle doen. Die hospitale het so te sê geen medisynes en toerusting is baie keer glad nie in werking nie. Ek haal my hoed af vir daai dokters se toewyding en vra dat julle eerder hul klagtes te probeer verstaan!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.