Dokters buite Tzaneen gekaap, kaal uitgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn bende wat glo twee mediese dokters, ʼn man en ʼn vrou, buite Tzaneen in Limpopo gekaap en beroof het voordat hulle later naak langs die pad afgelaai is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Vrydagnag plaasgevind.

“Die polisie het Saterdag omstreeks 02:00 op die kaal man en vrou langs die pad in die Tshitale-omgewing, buite Thohoyandou, afgekom. Hulle het niks aangehad nie en aan die polisie gesê hulle is mediese dokters,” het Ngoepe gesê.

Die egpaar beweer hulle is vroeër die nag naby die Tickyline-nedersetting buite Tzaneen gekaap.

“Die vrou het in ʼn Mercedes Benz gery wat ʼn pap band gekry het. Die man het in ʼn Toyota Hilux Legend gery en was besig om sy vrou te help om die band om te ruil. ʼn Groep gewapende mans het op hulle toegeslaan en skote afgevuur. Die slagoffers is in die bakkie ingeboender en die verdagtes het sowat 100 km ver met hulle gery voordat hulle in die veld buite Thohoyandou afgelaai is. Albei voertuie, sowel as die egpaar se klere en persoonlike besittings is gesteel.”

Die egpaar is nie tydens die voorval beseer nie. Die stasiebevelvoerder van die Shitale-polisie het vir die egpaar klere gegee het. Daar is dadelik begin om na die twee voertuie te soek. Die Mercedes se registrasienommer is Tangy L en die bakkie sʼn is DGC 821 L.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping en gewapende roof. Die verdagtes is onbekend en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pastoor ·

Nou het ek alles gehoor. Kan jy glo. Hoe vernederend. Dank Vader hulle is nie beseer nie More of so moet daai drs dalk een van hulle se lewens red. Skandelik

hoe nou ·

Geen respek vir niemand. Tyd vir ddodstraf om terug tekom

Paraat ·

Uit die aard van hulle werk kan hulle seker nie rondloop met vuurwapens. Ek met my wapen het besluit dat sou ons twee wees dan sou die een met die vuurwapen weg van die voertuig gaan sit om ‘n skoot in die lug te skiet wanneer so-iets gebeur. Andersins hou jy só stil dat jou voertuig tussen jou en die pad is met jou wapen oorgehaal en langs jou. Daar is egter geen maklike oplossing vir Zuma se onregeerde land.

Vaalseun ·

Volgens News24 vandag het Zuma sy veiligheidswag kontingent laat verdubbel, en hy word met 20 voertuie begelei om hom te beskerm. Of ry hy met kontant rond …?

Tong innie kies ·

Vaalseun.Ek dink hy ry eerder met n “Skuldige gewete” rond!

Thohoyando dokters ·

Lyk my dis nie lekker om n dokter in daardie deel van ons land te wees as ek die nuus so dophou nie.

Tong innie kies ·

Vaalseun.Ek dink hy ry eerder met n “Skuldige gewete” rond!

Pieter ·

Tong innie kies. Nee Zuma kan nie met ‘n skuldige gewete rondry nie. Hy het nie iets soos ‘n gewete nie.

Piet ·

Gewete en Zuma kan mens eintlik nie in een sin gebruik nie, die een is dan die teenoorgestelde van die ander.

dankbaar ·

Die hartseer van die vehaal is dat jong dokter nie veel van n keuse het waar hulle geplaas word vir hulle gemeenskapsdiens jare nie. Baie besluit dan eerder om die land te verlaat indien dit vir hulle onveilig is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.