‘Dokters’ gevonnis oor onwettige aborsies

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

ʼn Groep persone, wat hulself as dokters voorgedoen het, is skuldig bevind op aanklag dat hulle onwettig swangerskappe beëindig het.

Xoli Mbele, woordvoerder vir die polisie, het Woensdag gesê Francis Holalet Mbouaffou (48), Liancio Neddy Ekombe (36), William Mosito Mogaila (52), Ghislaine Lobe Moseka Elema (47) en Paul Gbagnonhoue (59) is in die Johannesburgse landdroshof tot ses maande tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Mogaila en Gbagnonhoue is die opsie gebied van ʼn boete van R20 000.

Mbele het gesê die polisie het in September 2014 ʼn klopjag by die Lister-gebou op die hoek van Small en Jeppestraat in Johannesburg uitgevoer by ʼn kliniek waar aborsies uitgevoer is.

“Al die verdagtes wat in hegtenis geneem is, kon nie sertifikate verskaf om te bewys dat hulle as dokters mag praktiseer nie. ʼn Babafetus is ook in die yskas gevind,” het sy gesê. “Hulle het die swangerskap van ʼn 16-jarige meisie beëindig. Verskeie vroue was in die verskillende vertrekke in die gebou om hul swangerskappe te beëindig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan Slabbert ·

So laat ek probeer reg verstaan. Party dokters mag babas wettiglik uit die baarmoeder te suig met n vakuumpomp, of met soutoplossing in die baarmoeder doodbrand, of hulle stuk vir stuk opsny en met n tang uithaal, maar ander wat nie so n lisensie het nie , mag dit nie doen nie .? As dit so is voel ek regtig bly vir die ongebore babas in die baarmoeder.

Ai ·

Toe ek op skool was het hulle ons Biblioteek toe geroep en ons aborsie videos gewys. Dis meer as twintig jaar terug en ek sal nooit vergeet wat ek daai dag gesien het nie.

Dis onmenslik. Ek het al meer as een storie gelees van aborsie dokters wat tot bekering gekom het en toe opgehou het met aborsies. Een het sy werk by n hospitaal verloor. Ander een baklei bou teen aborsie.

Mag die Here ons genadig wees dat ons ooit net terug gesit het toe hulle die ding wettig maak hier.

Ouma ·

Aborsies is pleinweg MOORD! As ‘n ou seks wel bedryf moet hy/ sy die gevolge daarvoor ook aanvaar. En klaar!!!

Sê maar net ·

En as dievaborsie uitgevoer word a.g.v mediese komplikasies soos bv genetiese siektes is dit dan nogsteeds moord?

Anoniem ·

En as die aborsie uitgevoer word a.g.v. ‘n swangerskap deur verkragting?

Pastoor ·

Wat n skande voor God. Hulle sal albei dr en ma gaan rekenskap doen.

Pastoor ·

Wat n skande voor God. Hulle sal albei dr en ma gaan rekenskap doen. Hy gee lewe nie mens nie

Annette Stander ·

Lees ek reg? Ses maande opgeskort vir vyf jaar? Dit is belaglik! Hulle moes lewenslank gekry het!

Duifie ·

Een van die groot redes waarom dit gaan soos dit gaan in SA, wettig of onwettig. Voor geboorte mag babatjies uitgemoor word by die honderde. Ná geboorte word die ma vervolg as sy haar kind vermoor of verwaarloos. Voor of na geboorte, wettig of onwettig, terminasie van lewe bly moord. Vreemd dat MM selde reaksies in dié verband plaas.

Blits ·

Aborsie is net n mooi woord vir MOORD !!!!!!, as jy n aborsie doen dan pleeg jy moord as jy dit laat doen pleeg jy moord.

Eish ·

Wat vang ons aan? Sedert pro aborsie wetgewing in die VSA deurgevoer is in 1976, is meer as 50miljoen babas daar geaborteer, meer as die totale lewensverlies in die tweede wêreldoorlog.!

Ai ·

Presies Eish! Daar is n rede hoekom die Here vir ons Wette gegee het. As mense by God se plan gehou het sou die ding nooit kop uitgesteek het nie. Die groot leuen wat hulle aan vrouens vertel is dat dit “haar liggaam” is. Die baba het n liggaam van sy eie en die ma het geen reg op dit nie!!!

Semaarnet ·

As ek die staat is appelleer ek daardie belaglike vonnis.
Blits..versigtig nou. Jy ken nie die omstandighede van daardie swangerskap nie. Verkragting, lewens gevaarlike gevolge van swangerskap, misvormde fetusse is net ‘n paar.

ME ·

Semaarnet ek stem met jou saam. Mag Vader my vergewe, maar die dag as my tienerdogter swanger is na ‘n verkragting sal ek bid vir ‘n dr. wat bereid is om die aborsie te doen.

Julle praat so maklik,,,,,,,,,,, ·

totaal oningeligte mense wat hulle monde uitspoel hier, vir aborsie en teen aborsie,,,,,,,,,,,,,,, julle praat so maklik, was julle al in daardie posisie?

Ouvrou ·

En ons kon met al daai ongewenste babas gesit het in weeshuise, of in puttoilet of asblikke. En wie moet dan sorg vir die oorvol plekke en hordes en hordes babas. Ek dink sterilisasie moet toegepas word, never mind aborsie

Grant ·

Het jare in ‘n hospitaal gewerk – voor wettiging van aborsie en daarna. Wat ek gesien het, sal ek nooit oorvertel nie, maar het agterstraat aborsies gesien voor die wettiging waar vroue hul lewens verloor of nooit weer kon kinders hê nie. Ek het jong meisies gesien wat deur hul pa en/of broer verkrag is, ek het ook gesien dat babas siek en met gebreke in die wêreld gebring word deur vroue wat alkholiste en dwelmverslaafdes is en hoe daardie babas netso gelos word in die hospitaal en uitgelewer word aan ‘n sisteem wat nie naastenby in hulle behoeftes kan voorsien nie. Voordat die anti-aborsie aktiviste hul “wapens” opneem – plaas julself net vir ‘n dag in iemand anders se skoene en dink aan die gevolge om ‘n ongewenste baba in die wêreld te bring, in ‘n asdrom te gooi, in die veld te los om te verkluim, uit frustrasie teen ‘n muur dood te slaan. ‘n Saak is nie altyd net Wit of Swart nie en voordat jy dit nie self moes beleef en gesien het nie – dink baie mooi voor verwyte geslinger word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.