Dokters redekawel nog oor Zuma

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Die verhoor in die korrupsiesaak teen oudpres. Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales is Donderdagoggend vir die soveelste keer uitgestel.

Die jongste uitstel is glo toegestaan sodat die staat en Zuma se onderskeie mediese spanne getuienis omtrent die oudpresident se toestand kan oorweeg.

Die verhoor sal nou op 21 en 22 September in ʼn ope hof in die Pietermaritzburg-hooggeregshof aangehoor word.

Dit is nie seker of Zuma die hofverrigtinge sal bywoon nie.

Adv. Dali Mpofu, Zuma se regsverteenwoordiger, het vanoggend tydens ’n virtuele sitting aan regter Piet Koen gesê die twee mediese spanne is nog besig om “mekaar te vind”.

Die dokters moet onder meer besluit of Zuma medies ongeskik verklaar moet word om die verhoor by te woon of nie.

Suid-Afrikaners word al meer as ’n maand lank in die duister gehou oor wat die oudpresident makeer.

Zuma is begin verlede maand in die hospitaal opgeneem en intussen op mediese parool vrygelaat. Die oudpresident is glo geregtig op mediese parool gegrond op ʼn mediese verslag wat sy dokters by die departement ingedien het.

Maroela Media het vroeër vandag berig die kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD) het goedkeuring vir Zuma se vrylating op mediese parool gegee ondanks die adviesraad vir mediese parool wat die aansoek afgekeur het.

Die adviesraad het die aansoek om mediese parool afgekeur omdat hy van mening was dat Zuma in ’n stabiele toestand is.

Zuma word deur 16 klagte in die gesig gestaar vir die 1999-aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en weermagtoerusting van vyf Europese firmas terwyl hy Suid-Afrika se adjunkpresident was.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sowat R4 miljoen in omkoopgeld van een van die maatskappye, die Franse vervaardigingsreus Thales, in sy sak gesteek het. Thales staan ook tereg op aanklag van korrupsie en geldwassery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Philip ·

Die veewagter kan maar net staatmaak op sy terroris kamerade om sy korrupsie en ander wandade toe te smeer.Ek wag al jare vir Ray mc Cauley van die Rhema Kerk om die veewagter wat hy as Ere Pastoor in sy kerk aangestel het aan te spreek vir al sy wandade teenoor die SA publiek en menigte verarmde mense van alle rasse in SA.

Porseleintjie ·

Dis nie eens debateerbaar nie. Beskou dit as afgehandel. Die karaktelose is reeds skotvry.

Arno ·

Wat is daar nog oor om te redekawel? Hy hoort in die tronk! Het niemand die video gesien van sy “Vrylating” nie? Hy makeer niks en hy se dit self. Vir die wat dit nou nog nie weet nie ons regstelsel is n groot grap. Die “Warden” het hom vrygelaat en die mediese parole bord n put gedruk nadat hulle gese het daar is geen gronde vir vrylating nie.

koos10 ·

Arno, sonder om kant te kies, maar daai video lyk vir my asof dit geneem was voor COVID, want geen persoon het maskers aan nie, en heel waarskynlik toe hy nog president was, want afgetrede presidente het nie so ‘n groot konvooi nie.
Dit maak egter geen verskil aan die feit dat hy voorkeur behandeling kry nie.

Gert ·

Is die kommissaris dan nie onderhewig aan die adviesraad nie? Hoe keur hy dit net goed as die raad die mediese parool afkeur. Ek meen dan kan hy mos enige mens parool gee as hy so voel

melW ·

Kom ons aanvaar dit nou, dis eenvoudig, Zuma sal nooit gestraf word nie, boeties vir baantjies. Hy mors net tyd en geld maar mors ook met ons. Hy gaan 5ster behandeling kry waar hy gaan, so tronk hier kom ek Zuma is my naam. Wat is op my spyskaart vandag..

Blikkies ·

Moeilik om te aanvaar Mel, maar dit is egter die Waarheid.

Blikkies ·

Ja jy is reg, maar maak dit ‘n mens nie absoluut mal dat hy wegkom daarmee nie.

marius ·

Vir wat nog karring ? Hy sal nie verhoor word nie . Daarvoor sal die hoof nar sorg .

Anel ·

Ek wonder wat se terminale siekte het hy? Hy het heel gesond gelyk toe hy uit die motor, vergesel van 100de polisie motors, klim. As hy nou deur ‘n ambulans en op ‘n draagbaar was kon mens dit glo! En hiekom het hy nog begeleiding? Hy is ‘n misdadiger en hoort in die tronk!!!!!

Misky ·

Ek die video gesien en nie ‘n masker in sig nie en almal skud hand soos groot vrinne voor ‘n lekker party!!!!

Samuel ·

Wil jy nou meer. Suid-Afrika op sy beste. Dit is hoe ‘n Piesangrepubliek werk. Mooi man.

koos10 ·

Die feit bly staan dat hy mediese parool gekry het sonder dat die regte prosesse gevolg is. Sommige gevangenes spook vir jare om die parool te kry, maar nee, sy mediese spanne het nog nie eers ooreen gekom wat hom makeer nie!! Ek verwag dat daar absoluut niks van gaan kom nie.
Hy kan seker nog gholf speel?

Suzette ·

Ag ek is nou oor dit. Jy is OF siek OF nie en jy is OF skelm OF nie….

Elize ·

Elke keer as ek hierdie gevreet sien vergeet ek alle ordentlikheid

Nozi ·

My voorspelling is: Die 2 mediese spanne gaan lank vat om mekaar te vind, dan gaan die saak nog verder uitgestel word. Sodra die saak dan weer moet voorkom gaan ons hoor dat ou zumpie se toestand oornag baie versleg het en weereens sal die saak uitgestel moet word. So sal dit aangaan totdat als nou maar net doodloop. Ek hoop die 2 mediese spanne versoen sommer spoedig met mekaar, en zumpie ek wens jou sommer ‘n spoedige herstel toe sodat jy nou kan tronk toe gaan en klaar kry. Ons is nou al moeg vir jou kat en muis speletjies. Niemand wil meer met jou speel nie. Jy speel vuil.

AH ·

Wie dink die korrupte regering flous hulle?? Ons is al so vuisvoos van al die korrupsie en het hierdie Zuma debakel het ek al van ver af sien kom. Wonder hoekom hulle nie maar net reguit sê dat hy onaantasbaar is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.