Dokters, verpleegster geskors ná tiener sterf

Mahatma Gandhi-hospitaal in KwaZulu-Natal (Foto: Departement van gesondheid)

Mahatma Gandhi-hospitaal in KwaZulu-Natal (Foto: Departement van gesondheid)

Twee dokters en ʼn verpleegster is uit twee hospitale in Durban geskors nadat hulle glo geweier het om ʼn 19-jarige, wat in ʼn motorongeluk was, te behandel. Hy is later oorlede.

Dr. Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het Dinsdag die aankondiging by die Mahatma Gandhi-hospitaal in Durban gemaak.

Die 19-jarige Reveshen Pandather is Saterdag na die Osindisweni-hospitaal, noord van Durban, gebring waar die dokter glo geweier het om hom te behandel. Die ambulansdiens het hom daarna na die Mahatma Gandhi-hospitaal geneem waar die dokter by die ongevalle glo daarop aangedring het dat die tiener weer na die Osindisweni-hospitaal of na Addington-hospitaal geneem moet word.

Dhlomo het gesê hy is ontsteld oor die beweerde optrede. Hy het gesê ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn dokter by Osindisweni-hospitaal nie die pasiënt ondersoek of ʼn senior dokter geroep het om haar te help nie. Sy het ook nie ʼn verwysingsbrief vir Mahatma Gandhi-hospitaal geskryf nie.

Die verpleegster by die Osindisweni-hospitaal het glo ook versuim om ʼn opnamelêer oop te maak en die tiener se tekens van lewe, soos sy pols en bloeddruk, aan te teken.

Dhlomo het gesê die aanvanklike ondersoek dui daarop dat die dokter by Mahatma Gandhi-hospitaal se ongevalle in kennis gestel is dat ʼn pasiënt in ʼn kritieke toestand opgedaag het. “Die dokter het geweier om die pasiënt te behandel en het aan paramedici gesê hulle moet hom óf terugneem na Osindisweni of na Addington toe gaan.”

Die pasiënt het op die draagbaar by ongevalle gesterf sonder om die nodige behandeling te ontvang.

Dhlomo het bevestig die Raad vir Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika en die Raad van Verpleegsters sal in kennis gestel word. ʼn Distriksgeneesheer is deur die departement van gesondheid aangestel om ondersoek in te stel en binne drie dae terugvoer te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Melt Olckers ·

Die hartseer kant is dat die skorsing of dalk enige disiplinere optrede teen die personeel nie die tiener gaan terugbring uit die dood uit nie.

hardus ·

Sou di dokter en verpleegter afbetaal het en van rol geskrap het,hul gaan nog mense doodmaak

Anita ·

Wonder van hoeveel ander gevalle soos dié wat nie die media bereik nie!!

Paplepel ·

BAIE meer as ons dink. Passiewe uitdunning is die term wat ek daarvoor gehoor het. Jy gaan sit by ‘n kliniek of staatshospitaal van vroeg af (3-5uur in die oggende) en wag vir hulp. Hulle weier nie hulp nie, jy kry dit net gewoonlik te laat. Weet van verskeie mense wat na 8-12 ure se sit maar huis toe gaan en môre weer probeer. Sommiges kom nie weer terug nie. Dis die gevalle wat nie die koerante bereik nie.

STEVEN ·

DIS SCARY WAT OM ONS AANGAAN EN DAT DAAR BAIE MEER SULKE GEVALLE GEBEUR WAARVAN ONS NIE WEET NIE DIE PERSONEEL VAN SEKERE HOSPITALE GEE REGTIG NIE OM OOR MENSE LEWENS NIE DIE EED WAT HULLE NEEM BETEKEN NIKS MEER NIE

Onregverdig. ·

Watter eed???? n Eed beteken niks vir party mense!!! Die personeel is arogant en onbevoeg wil dit blyk maw hulle is bang om aan so n geval te werk want hulle weet nie wat om te doen jammelike sanders. Jammer vir die families.

sonnie ·

Onregverdig jy slaan die spyker op die kop. My man het my sy eie oe gesien hoe swart student krip vir eksamens……..Steve Biko Hospitaal.

ladybug ·

Onbevoeg, ongemanierd, dank die hele lot af en skrap hul van die mediese rol! Nie een moet ooit weer werk kry nie, nêrens nie!

Franscois ·

Wat het ons in Suid Afrika verwag, def nie n diens waarvoor jy die belasting betaller op geregtig is nie nee,die sogenaamde dokters en verpleegsters het seker nie die voldoende kwalifikasies nie, maar ons bank rekening word elke maand gevul met n salaris, dit is pateties, en nou word ons maar net geskors!

Herman ·

Dalk was die dokter besig om iemand anders se lewe te red. Ons dokters is toegegooi onder werk in staatshospitale. Ek ken nie die hospitale. Ek se ma net. Was self al in n staatshospitaal na n motor ongeluk oor n naweek. Die mense het in die gange gele en bloei en die dokters kon eenvoudig net nie almal help. Dit was gaos. Gelukkig het ek net n gebreukte neus gehad wat ek toe sommer self reg gedruk het.

Vera ·

Die probleem is die Privaat Hospitale wat net op geld ingestel is. Ons het vroeer werkende staatshospitale gehaad. Ek kon as kind na HF Verwoerd hoespitaal gaan en het net die beste diens ontvang. Was self n beampte vir die destydse regering en kan getuig dat selfs die hospitale in die swart areas soos Boipatong en Katlahong baie skoon en netjies was. Vandat die Privaat Medi klinieke ingekom het, word ons mense geweldig uitgebuit. Ons kan ons nie meer wend tot eers werkende staatshospitale nie – want dit is in haglike toestande. My man se Blindederm het gebars en hulle het hom in die wagkamer laat sit by die Privaat hospitaal totdat hy die nodige briewe en dies meer by die Medies kon wys. Ons was nuut op die medies – 2 maande – en dit het n rukkie geneem. Hulle het eenvoudig geweier om hom te help en ons moes in die wagkamer vir amper 2 ure sit terwyl sy blindederm reeds gebars het.

Sandra ·

Ek self is in die Edele beroep. Kan nie glo n pasient word weggewys nie. dit is oneties. wonder net waar was die persoon in bevel van die Ongevalle afdeling? As daar goeie beplanning en organisering in die afdeling is sal so iets nie maklik gebeur nie. Is sy dan nooit ingelig van die kritieke toestand van die pasient? sulke pasiente word as prioriteit behandel, gestabiliseer en dan verwys. daar is regtig n tekort aan mediese personeel in die staatsdiens, maar geen rede om nie op te tree in nood.

Theresa ·

Vir ‘n geneesheer en/of verpleegpersoneel om iemand wat ingebring word vir dringende hulp – om so ‘n persoon hulp te weier en dan direk verantwoordelik te wees vir sy/haar dood = strafbaar met baie meer as bloot skorsing. Daar is mos nou ‘n firma in ons land wat hul toespits om alle growwe nalatigheid in die gesondheidsdienste (hospitale, ens.) vas te vat. Familie moet uitvind wie dit is en hul kontak. Daar is al hoe meer mense wat sterf in hospitale. Ironies genoeg al hoe meer van siektes wat hul nie eers gehad het toe hul daar aangekom het nie. Weg met alle mense wat hul voordoen as gespesialiseerd en dan geen agting het vir menselewens nie!! Skandelike gedrag.

CHRISTA ·

Ons staatshospitale was in die verlede van die beste ter wêreld. Groote Schuur waar die eerste hartoorplanting gedoen was, was ‘n staatshospitaal!! Nelson Mandela was ‘n sprekende voorbeeld: nie HY of SY FAMILIE het ons mediese dienste vertrou nie, daarom was al die mediese toerusting na sy privaat woning geneem!!! En dis die mediese dienste wat deur SY PARTY bestuur word!!!

Vicky ·

Ek is self ‘n ongevalle dokter, werkende in privaat hospitale en ons draai NIEMAND by die deur om sonder om die vitale tekens te kyk (te triage) nie. As die pasiënt nie stabiel is om na ‘n ander hospitaal te gaan nie, dan doen mens wat jy kan om hom te stabiliseer. Dis nie net eties nie, maar dis ook wat die wet bepaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.