Dokumentasie oor Zuma-standbeeld aangevra

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Flickr/GovernmentZA

AfriForum het Woensdag ʼn PAIA-aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aan die kantoor van Supra Mahumapelo, premier van die Noordwes, gestuur oor die oprigting van ʼn standbeeld van pres. Jacob Zuma in Groot Marico.

Die burgerregte-organisasie vra in die aansoek toegang tot die notules van vergaderings van die provinsiale wetgewer, kennisgewings in die media en alle relevante dokumentasie oor die begroting en koste van dié projek.

Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes, het gesê die oprigting van ʼn Zuma-standbeeld is totaal onvanpas, gegewe die hoë vlakke van korrupsie en armoede in die land.

“ʼn Standbeeld van pres. Zuma kan nie opgerig word nie, omdat hy onder meer 783 klagtes van bedrog teen hom het, by die Nkandla-skandaal betrek is waar miljoene randd onregmatig aan sy huis bestee is en hy verantwoordelik is vir ʼn enorme hoë werkloosheidsyfer wat tot haglike omstandighede en armoede bydra,” het Oosthuizen gesê.

Oosthuizen het gesê die R6 miljoen wat die provinsie aan die “ontoepaslike standbeeld” wil bestee, kan veel beter aangewend kan word.

“Die geld kan byvoorbeeld gebruik word om meer as 100 000 sakke teer vir die herstel van slaggate aan te koop en sowat 36 nuwe polisiebeamptes in Noordwes aan te stel om landelike veiligheid te bevorder, waar onder meer plaasmoorde hoogty vier. Dit kan ook gebruik word om infrastruktuur op te gradeer en in stand te hou, sowat 1 200 ongeskoolde werkers te betaal of ʼn totaal van 31 nuwe hoërskoolonderwysers vir ʼn jaar te betaal,” het hy bygevoeg.

Die provinsiale regering meen egter daar is talle voordele aan die oprigting van die standbeeld verbonde, aangesien dit as ʼn toeriste-aantreklikheid sal dien.

Maroela Media het vroeër berig die Noordwes provinsiale regering het te midde van groot teenkanting van opposisiepartye in Februarie gesê hy gaan voort met sy planne om die standbeeld op te rig. Nagenoeg R6 miljoen van belastingbetalers se geld is opsygesit vir ʼn enorme ses meter hoë bronsstandbeeld van Zuma in Groot Marico.

Mahumapelo het tydens sy provinsiale rede gesê die oprigting van ʼn standbeeld vir Zuma is deel van die “erfenisbevrydingsroete”.

“Zuma is in Groot Marico in hegtenis geneem terwyl hy op pad landuit was om teen apartheid te veg. Ons kan nie Suid-Afrika se geskiedenis uitvee nie. Ons wens die polisiebeamptes wat hom destyds in hegtenis geneem het, wil na vore kom sodat ons hierdie stuk geskiedenis kan bespreek en bewaar.”

Volgens Mahumapelo is reeds in 2009 besluit om mense, wat vir vryheid geveg het, te vereer en sy administrasie pas dit nou toe.

Zuma en ʼn groep van 45 uMkhonto weSizwe- (MK-) rekrute is in 1963 naby Groot Marico in hegtenis geneem toe hulle landuit probeer vlug het om elders militêre opleiding te ondergaan. Zuma is tot tien jaar tronkstraf gevonnis en het dit op Robbeneiland uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

zoom zoom ·

Bo en behalwe die geld vir die standbeeld gaan daar nog ‘n klomp geld gemors word vir’n funksie vir al die la die da’s. Mors van ons belasting geld.

Wanda ·

Ag hulle sal hulle afvee en die beekd oprig. Groot marico is so krotterige armsalige ou dorpie en almal sukkel hier om kop bo water te hou. Die werkloosheids syfer praat ek nie eers van nie. Daai beeld gaan soos n seer oog hier uitstaan.plaad doen iets om die dorp op te knap en werk hier te skep!!!!!!

Cherokee ·

Met ander woorde Wanda, Groot Marico is toe nie so GROOT as wat die naam voorgee nie :-)

Marius Kruger ·

Hoe kan ‘n persoon met gesonde verstand so ,’n belaglike ding doen! Dit wys jou net, die ou weet nie “Jy sal jou brood eet met die sweet van jou aangesig” nie!

Johan. H. ·

Rig asb Standbeelde op van al ons vorige leiers PW, inkluis , hulle het hulle ook beywer, vir n beter toekoms,,, KYK waar sit ons vandag, Dankie Afriforum. Ek verdubbel my Maandelikse Bydrae,,,,,Ons het julle nodig

Alida ·

Geld mors! R6m kan baie huise bou en ander noodsaaklike behoeftes skree om fondse. Klinieke, paaie en nog vele meer. Rig die ding op as ons genadiglik eendag van die nar ontslae is.

Simon ·

Asseblief.
Julle moet ontslae raak van hierdie Zuma.
Een standbeeld is vir goede mensen.

Hy is die ergste wat Suid Afrika overkom het.
Een natuurramp kan ons verstaan ….Zuma is door en door slecht vir SA

Stefaans ·

Wag tot hy dood is. Hy is steeds besig om geskiedenis te maak

Jantru ·

Sal nie n sent betaal om sy standbeeld te sien nie, maar is bereid om by te dra dat hy verwyder word as president.

Sjaak ·

Moenie bekommerd weed nie.Die beeld is van brons so dit behoort binne n week in die skrootwerf te wees.

Pieter ·

‘n Trekker met ‘n stewige kabel kan help om die ding tot by die skrootwerf te trek. Sulke trekkers is redelik volop en die wil om te help sal ons nie beskaam nie.

HEVW ·

Baie deursigtige beeldpoetsery vir die verkiesing in 2019. So dit sal maar taai gaan om hulle van plan te verander.

Freud ·

As die noordwes regering dink dat daardie nou ‘n toeriste aantreklikheid sal wees dan kan ek net my hande saamslaan. As dit sou wees, sal dit vir al die verkeerde redes wees. Die mense sal wil gaan kyk hoe lyk die man wat dit reggekry het om in sy termyn ‘n land kon insluk. Maar die mense in die buiteland ken hom teen die tyd deur koerant berigte en sal nie eers ‘n poging aanwend nie. Wat ‘n vermorsing van geld wat eerder vir die armstes onder die armes kon gebruik gewees het.

Ek onthou ·

Ek onthou dat daar op Leeukop, Kaapstad in April 2015 ‘n beeld was van z. Daardie beeldhouer ken van beelde maak!

Liendempers ·

Ek wil voorstel dat daar n klankopname ook geinstalleer word. As jy naby genoeg voor die standbeeld staan moet hy “hiehiehie” maak en dan die syfers se wat die beeld gekos het! Natuurlik moet hulle vir zuma vra om dit te lees vir die opname….:)

Liendempers ·

Hiehiehie, won meeeljon eighty tousand and four hundred tousand……listen carefully now….and twenty meeljon rand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.