Dolfyn in Nelson Mandelabaai geskiet

Argieffoto van 'n bottelneusdolfyn ter illustrasie (Foto: NASA, Wikimedia Commons)

Argieffoto van ‘n bottelneusdolfyn ter illustrasie (Foto: NASA, Wikimedia Commons)

Navorsers van die Bayworld-oseanarium het Saterdag aan Maroela Media bevestig ʼn dolfyn wat se karkas Woensdag op Maitland-strand gevind is, was lewendig toe sy geskiet is.

Frikkie van der Vyver, marinebioloog en visserwetenskaplike, het bevestig daar is boonop bevind die stompneusdolfynkoei het onlangs ʼn kalfie gehad.

Isabelle Callealta, van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) wat besig is met haar PhD, het Bayworld bygestaan met die nadoodse ondersoek op die dolfyn. “Callealta het bevind dat die koei nog lewendig was toe sy geskiet is,” het Van der Vyver gesê. “Die koei was gesond en was besig om te soog toe sy geskiet is. Sy het aangedui die koeël is deur albei die dolfyn se longe en is in ʼn rib gevind.”

Volgens Van der Vyver het die departement van visserye die voorval by die polisie aangemeld. “Die polisie sal waarskynlik ballistiese toetse op die koeël doen.”

Hy weet van een vorige voorval waar ʼn dolfyn ook geskiet is, maar het gesê die navorsers kom gereeld op karkasse van robbe af wat geskiet is.

Van der Vyver het gesê die departement van omgewingsake sal waarskynlik nou hul pogings verskerp om vissermanne te verbied om vuurwapens see toe te vat. “Volgens wetgewing kan vissermanne wel tans vuurwapens op die boot hê, maar dit moet in ʼn kluis toegesluit word. Dit beteken egter dat hulle wel vuurwapens by hulle het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

M'Lady ·

So word ons nasionale erfenis uitgeroei deur mense wat geen waarde heg aan enige dier nie. Skandalig en hartseer.

Raymond Bastone ·

Dit is n skande waar gaan dit heen as hulle alles so uitwis wat n jammerte

Lance ·

So word alles wat onskuldig en mooi is verkrag en verag …the new SA …trek alles deur !

Albert Marais ·

Wat word van die mensdom?? Is daar nie genoeg moord en doodslag en onluste en korrupsie
in die land nie??Noe die dag n pikkewyn by dieselfde Bayworld gesteel?? Nou n onskuldige dolfyn skiet . Absoluut om van siek te word.

Ander Koos ·

Wanneer het Algoabaai se naam verander na NelsonMandelabaai? Ek dog net Metro se naam is NMB. Het die see se naam ook verander? Miskien is ek agter die tyd, Watter naam vir die baai is dan nou korrek? Help asb?

Leendert ·

Nelsonmandelabaai is die naam van die Metromunisipaliteit wat 4 stede insluit (PE, Dispatch, onder andere). Algoabaai, is die naam van die wye inham in die land of baai, wat vir ‘n paar honderd kilometer teen die kus af strek.

John ·

Daar is baie idiote in die wereld. Dolfyne het al baie mense in die moeilikheid in die see teen haai-aanvalle beskerm.

Cherokee ·

Ek weet van ten minste een geval waar dolfyne ook ‘n walviskoei en pasgebore kalf teen haaie beskerm het.

LeonR ·

Lewendig geskiet? Jou, wie skiet nou ‘n dooie diertjie. Maar dit is pateties, boet, klim in die water en vat ‘n haai met jou knipmes aan, jy is in my oë ‘n lafhartige misbaksel!

Pastoor ·

Dit is die vyand. Hyt gekom om te moor te steel. Jesus het gekom om lewe te en dit in oorvloed nou weet julle wie se werk dit is. Veraglik aitog

Takkie Takuuza ·

Kain het vir Abel doodgeslaan. Dis nie asof die mense slegter raak nie, hulle is lankal sleg.

Annatjie Kruger ·

Hoekom die dolfin skiet en die kalfie sal seker ook nou vrek sonder sy ma. Ek hoop die polisie en alle ander belanghebbendes ondersoek hierdie saak deeglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.