Dominee verdrink in Stilbaai

Ds. Teyo Smit Foto: Facebook

Ds. Teyo Smit Foto: Facebook

Die afgetrede ds. Teyo Smit (68), het Donderdag by Lappiesbaai in Stilbaai verdrink.

“Omstanders was reeds besig met KPR toe paramedici van die NSRI by die toneel opgedaag het,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), in ʼn verklaring gesê. “Alle pogings om hom te red was egter tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Lambinon het Smit moontlik ʼn rugbesering opgedoen terwyl hy saam met vriende in die see geswem het. Vriende en familie het hom uit die water gehaal en dadelik met KPR begin, terwyl hulp ontbied is.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Ds. Smit was ʼn plaaslike inwoner. Boodskappe van medelye stroom in op sosiale media vir sy vrou, Marguerite, en hul kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oom Boer ·

Alle simpatie en medelye asook gebede gaan uit na Ds Smit se gesin met jul groot verlies. Mag God se teenwoordigheid jul deur hierdie tydperk van rou neem en jul berusting in jul harte vind. Onthou al die goeie gisinstye saam en die Eggenote, Vader, Broer en vriend asook die mens wat hy was tot almal asook gemeenskap. Rus in Vrede Dominee Smit, jy was ‘n steunpilaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.