Domino’s Pizza-winkels word opgeveil

Een van die Domino’s Pizza-winkels wat opgeveil gaan word (Foto: Park Village Auctions, ANA)

Die eienaars van die Suid-Afrikaanse kitskos-franchise Domino’s Pizza gaan die inhoud van hul winkels en fabrieke aanlyn opveil. Die veiling het vandag (Dinsdag) afgeskop en sal op 5 Augustus om 12:00 eindig.

Taste Holdings, die maatskappy wat Domino’s besit, het besluit om die franchise op te veil nadat hy nie ’n belegger vir die franchise kon kry nie. Park Village Auctions (PVA) is die maatskappy wat verantwoordelik is vir die veiling.

Die inhoud van die 55 Domino’s Pizza-winkels, wat volledig toegerus is, asook voorbereidingsfabrieke wat reg oor die land geleë is, gaan aanlyn opgeveil word. Bieërs kan aanlyn op die inhoud bie.

Volgens Andrew Dix-Peek van Park Village Auctions (PVA), word elke winkel se inhoud as ʼn eenheid of in stelle verkoop. Die drie voorbereidingsfabrieke wat in Gauteng en die Wes-Kaap geleë is, sal ook as ʼn eenheid of in ʼn kombinasie van stelle opgeveil word.

Domino’s Pizza in Suid-Afrika is in Maart gelikwideer. Maroela Media het vroeër berig dié aankondiging volg nadat Taste Holdings gesukkel het om ʼn koper vir Domino’s Pizza se franchise-lisensie te kry.

Taste Holdings het in November verlede jaar aangekondig dat die groep die restaurantbedryf groet en het reeds 13 Starbucks-koffiewinkels, asook die franchise-lisensie vir Maxi’s en The Fish & Chips Co. verkoop.

Die likwidering van Domino’s Pizza het sowat 770 werknemers by die 55 Domino’s Pizza-winkels landwyd werkloos gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarah

Dis hartseer, hierdie was by ver vir my die beste pizza ooit.

Jaco

Seker die walglikste pizza wat ek in my lewe nog geëet het.

Nick

Ideale geleentheid vir jong SA entrepeneurs om ‘n eg SA pizza franchise op die been te bring. Dis nie ‘rocket science’ nie.!

Rachel

Was my tweede gunsteling. Romanz bly maar die beste!

Trotse Boervrou

Hierdie gaan vir my glad nie oor die pizzas nie. Dit gaan oor nog besighede wat gelikwideer is, werkloosheid en mense en hul gesinne wat nou nie meer ‘n inkomste het nie. Dit is wat hartseer is.