Donasies gevra vir Zuma se regskoste

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Jacob Zuma-stigting het Dinsdag ’n beroep op lede van die publiek gedoen om geld te skenk sodat oudpres. Jacob Zuma sy regskoste kan dek.

“Ons versoek nederig donasies om die regskoste van ons beskermheer te help dek,” lui ’n plasing op die stigting se Twitterrekening.

Die stigting het ook ’n rekeningnommer verskaf waar geldskenkings inbetaal kan word.

Verskeie sosialemediagebruikers het reeds aangedui dat hulle geld – sommige tot R1 000 – vir hul oudpresident sal skenk.

“President Zuma word reeds 20 jaar lank hof toe gesleep, waarvoor hy ’n prokureur moet betaal. Hy word hof toe gesleep vir beuselagtighede, maar advokate moet steeds betaal word. In ’n stadium het die kwaadwillige howe selfs gedreig om sy pensioen weg te neem,” skryf ’n gebruiker op Twitter.

Ander sosialemediagebruikers het ontstoke gereageer en weier volstrek om ’n sent te skenk.

“Jammer, wat nou? Hy kos Suid-Afrika triljoene en hy wil meer hê?” skryf een verontwaardig.

“Hy wil net korrupsie na ’n volgende vlak voortsit,” het ’n ander laat hoor.

Maroela Media het vroeër berig Zuma se rekening vir regskoste het teen April reeds glo na raming meer as R16 miljoen beloop. Die appèlhof het toe beslis dat die staat nie aanspreeklik is vir die koste wat Zuma in sy persoonlike hoedanigheid aangaan nie en dat hy self daarvoor moet opdok.

Die oudpresident moes sedertdien tevergeefs spook om uit die tronk te bly nadat hy skuldig bevind is aan minagting van die hof terwyl die korrupsiesaak teen hom en die Franse wapenvervaardiger Thales voortsleep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

82 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jack

Net as jy dink jy het alles gesien dan verbaas die klomp ons.

Nationalist

HA HA HA!!!!!!!!!!

Anthony

En hy sal dit kry in hordes hoor

Mad Mike die Rhodesiër

Mmm… Het dit verwag! Skelmstreek op skelmstreek…

Misky

Hierdie vent se verwaandheid ken geen einde nie!!!! Vra jou seun, hy spend al te lekker daar in Dubai en nie skaam om dit oral oor sosiale media te wys nie