Inwoners in Gauteng en Mpumalanga word gemaan om voorbereidings te tref vir erge donderstorms en moontlike hael oor die naweek, het die Tshwane-nooddienste gesê.
“Die nasionale weerdiens het ʼn waarskuwing uitgestuur dat hulle van Vrydagaand af erge donderstorms verwag met moontlike hael en sterk wind,” het Johan Pieterse, woordvoerder van die nooddienste, gesê. “Dit sal oor die naweek voortduur.”
Pieterse het gesê mense moet seker maak kinders is veilig en inwoners word ook versoek om laagliggende brûe te vermy.